Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Blou taxi’s staan langs geles geparkeer terwyl bestuurders vir passasiers wag by die Howrah-spoorwegstasie in Howrah, Indië. (Foto: Bikas Das, AP)

Pous Franciskus omring deur toegewydes by sy aankoms vir ʼn ontmoeting met lede van die Don Gnocchi-stigting in die Vatikaan. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Perde teen sonop in Wehrheim naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

John Bercow, speaker in die Britse laerhuis, daag op vir sy laaste dag as speaker in die parlement in Londen. Hy was tien jaar lank in dié pos. (Foto: Stefan Rousseau, AP)

’n Brandweerman besig om vure te blus in Simi Valley, Kalifornië. (Foto: Ringo HW Chiu, AP)