Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van onderwys, wat skuldig bevind is op aanklag dat hy verskeie vroue by ʼn Johannesburgse nagklub aangerand het, het aan ʼn beampte gesê alkohol het ʼn rol gespeel in sy gedrag, omdat hy onder baie werksdruk gebuk gegaan het.
“Hy het gesê as hy miskien sober was, sou hy die situasie anders hanteer het,” het die maatskaplike werker Masisi Modikoane Woensdag uit haar verslag voorgelees.
Modikoane het aan die Randburg-landdroshof gesê Manana het beweer hy was gewoonlik by die huis as hy nie by die werk was nie, en hy het baie druk by die werk beleef, maar dat hy probeer het om hom nie daardeur onder te kry nie.
Manana is skuldig bevind op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy skuld beken het. Die aanklagte hou verband met die aanranding van drie vroue op 6 Augustus by Cubana in Fourways.
Hy het gesê hy is ná die voorval ondervra of hy homofobies is en of hy self gay is. Hy het glo aanstoot geneem oor dié vraag, want hy is nie gay nie en dit is glo neerhalend gevra.
Manana se ma het gesê sy is teleurgesteld en voel skaam oor sy optrede.
Modikoane het gesê die slagoffers is verneder, veral weens sy posisie as adjunkminister. Al drie vroue, Mandisa Duma, Noluthando Mahlaba en Thina Mopipa het R100 000 vergoeding versoek van Manana.
Modikoane het gesê ondanks Manana se bewering dat hy nie alkoholprobleme het nie, moet hy nog steeds verantwoordelik gehou word vir sy optrede – met of sonder alkohol. “Hy het nooit sy slagoffers beskuldig nie. Hy weet wat is die verskil tussen reg en verkeerd en hy het volwassenheid getoon,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg Manana het ʼn rol om te vervul in die samelewing en hy het daarvolgens opgetree. “Daar was geen vooraf beplanning om die dade uit te voer nie.”
Modikoane het gesê Manana kan homself rehabiliteer en hy verdien nie tronkstraf nie. Sy het aanbeveel dat hy vergoeding betaal vir die mediese koste van die vroue, dat hy beradingsessies moet ondergaan en dat hy 1 000 uur gemeenskapsdiens moet uitdien. Sy het gesê die slagoffers sal gratis berading ontvang.
Kla hom aan vir poging tot moord.
Kan nie altyd alkohol blameer
In elke val swak optrede. As drank jou ń ander persoonlikheid gee HOU OP DRINK.
En as jy steel …wat is dit ….ook Drank ? Genade watse mense is in die anc regering !
Iemand moet die skuld kry
En hy sal die 1000 ure gemeenskap diens doen,dit wil ek sien
O my genade! Het iemand hom vasgehou en die drank in sy keel afgegooi? Dan moet hy sy lippe toewerk!
Nee, die verkeerde keuses is gemaak deur die alkoholverbruiker.
Alkohol self kan nie die skuld kry nie . . . . .
Sy “rol” in die samelewing sou wees om homself gou te verwyder maar omw die maatskaplike werker wat haar of hom opinie lig moes eintlik nooit in daardie posisie gewees het nie. Ee
n ding is verseker hierdie ouens is beter as “british comedy”!!
Altyd iets of iemand ander se skuld. Wie het al ooit n gesope bottel drank gesien?
Wat n ou ligte tikkie op die vingers. Nou nog drank ook blameer swak persoonlikheid en leier wat bie sy foute erken nie.
Wonder of hy ook 10 jr plus gaan kry