Dispuut met Discovery verklaar oor diskriminasie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n dispuut met Discovery verklaar op grond van die pasgestigte Discovery Bank se voorneme om op ’n rassegrondslag teen minderheidsgroepe te diskrimineer.

AfriForum het ’n skrywe aan Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, gerig.

Dit volg nadat Discovery Bank aangekondig het swart deponeerders sal ’n 10%-aandeel in die maatskappy kry en hierdie voordeel word uitsluitlik aan swart mense gebied.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat ’n wesenlike komponent van AfriForum se 215 000 lede sake met Discovery doen.

“Ons doen in hierdie stadium nie ’n beroep op ons lede om hul sake met Discovery te staak nie, maar wel om solank ander opsies hangende die uitkoms van dié dispuut te oorweeg,” sê Roets.

Roets voeg by dat AfriForum-lede geweldig deur hierdie blatante rassediskriminasie gegrief is. “Ons leef in die jaar 2018. As Discovery hom met opheffingsprojekte wil bemoei, sal dit veel meer sin maak om byvoorbeeld in die onderwys te belê.

Adrian Gore

“Dit help nie om aan te voer dat Discovery Bank en ander afdelings (soos die mediese fonds) afsonderlike afdelings is nie, aangesien dit deel van die Discovery-groep is – tensy die ander afdelings van Discovery dan bereid is om hulle van Discovery Bank se diskriminasie te distansieer.”

Roets het gesê AfriForum sal die kwessie met Discovery opneem en aan die organisasie se lede terugvoer gee oor die uitkoms daarvan.

“AfriForum is bereid om sy lede by te staan om van mediese fonds te verander indien nodig.” Roets het gesê meer inligting oor dié veldtog sal eersdaags aangekondig word.

Talle sosialemediagebruikers het Discovery op Twitter bygedam oor die voorgestelde aandeleskema en die maatskappy daarvan beskuldig dat hy rassisties is.

“Ons visie is om ‘n finansieel sterker Suid-Afrika te bou en ons is daartoe verbind om die langtermyn transformasieteikens van die finansiëledienste-sektor te ondersteun. As deel hiervan sal van ons eerste swart kliente die geleentheid kry om deel te wees van die groei van die bank. Ons het die bank gestig met alle lede in gedagte en sien daarna uit om alle Suid-Afrikaners te verwelkom,” het Discovery in reaksie op die kritiek gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

132 Kommentare

Hansgat ·

Discovery… You brand new discriminating BRAND! Avoid it!

Terry ·

Ons behoort aan discovery medies. As hulle teen ons gaan diskrimineer is Fedhealth n opsie vir ons. Wie het Discovery ondersteun? Werkende Suid Afrikaners. As ons nie goed genoeg is on te deel aan die bank se aandele nie is ons geld ook nie goed genoeg nie. Dan bele ons maar by FNB.

Johan Graaff ·

As onafhanklike makelaar is ek self nie gemaklik (om dit lig te stel) met hierdie verklaring deur Discovery. Die voordele van Discovery bank (soos met hul loodsing die afgelope week aangekondig) kan wel baie voordele vir kliente van alle rasse en klasse inhou. Dalk het hierdie voorkeur aan swart kliente te doen met die voorwaardes waarop hul lisensie goedgekeur is. Tyd sal leer. Indien dit wel ‘n bepaling deur die regering was, kan ons dalk redeneer dat indien Discovery nie hieraan voldoen het, sou niemand voordeel uit die nuwe bank kon trek. Indien dit nie ‘n voorwaarde deur die reguleerder was, sal ek self bitter terleurgesteld wees. Ek kan net nie dink dat Discovery uit eie wil die risiko sal loop om so baie van hul bestaande kliente te affronteer.

Andrea van Vuren ·

Hier kom ‘n nuwe Sasol bebakel! Wie kruip nou by wié gat?

Lcom ·

Miskien is Bonitas n plan. Sal vir seker al my besigheid met hulle (Discovery) staak.

Elbie Viljoen ·

Dis tyd om verder te kyk as Discovery. Blink geboue, diskriminasie….

Monel ·

Ek skuif klaar oor na Bonitas toe, minder betaling en meer voordele, iets wat ek nie by Discovery kry nie. gaan kyk aan lyn na Bonitas se voordele en opsies! beter gepas!

Trustee Etiek? ·

@Karin, hier word verwys na die etiek van rassediskriminasie by Discovery. En dat wit mense moeg is om uitgesluit te word. Teen gediskrimineer te word.

Net so is wit mense, veral Afrikaners, moeg daarvoor om uitgebuit te word. Watter gemeenskaplike etiese vraag, sou jy dink, word gedeel deur die SAOU en Medihelp? Hoekom is daar soveel skoolhoofde wat ontsteld is oor die SAOU?

Ten minste ken jy die Jode by Discovery!

Landi ·

Is juis besig om van Discovery na Spectramed te beweeg. Baie beindruk met Spectramed, gaan kyk bietjie. Sal baie aangenaam verras wees.

Cora Simpson ·

Ek sal definitief ander opsies soek. Afriform as hulle ons nie wil he nie laat ons asseblief weet wie ons kan nader om elke maan ons geld voor te gee. On sal ook soos SASOL se mense moet protesteer.

CL ·

Dis nie so maklik om te skuif na ‘n ander fonds nie. Daar is wagperiodes wat risiko onhou vir die lid. Discovery weet dit. So ‘n veldtog gaan nie ‘n massa uittog laat gebeur nie.

LL ·

Daar is nie noodwendig ‘n wagperiode as jy na ‘n ander Mediese Fonds skuif nie – meestal net as jy vir ‘n tydperk glad nie aan enige Fonds behoort het nie. Maak net eers seker. Bye Bye Discovery.

LG ·

Hul tydsberekening is sleg. Maar dit was natuurlik die voorwaarde om ‘n lisensie te kry.
Mens is al so keelvol. Gaan DEFNITIEF dan van mediesefonds verander.

Cherokee ·

Jy’s verkeerd CL en (moedwillige?) foute soos diè van jou is tot voordeel van Discovery.
Lees wat LL vertel. Dit is ingeligte informasie. Daar mag van die fondse wees wie s’n vereistes verskil, alhoewel ek twyfel. Die standaard is dat jy sonder enige wagtydperk van fonds kan verander, maar nie so as jy bedank en na jý ‘n wagtyd veroorsaak het, weer wil aansluit, nie.
Die logiese redenasie is die moontlikheid dat komende mediese kostes voorsien word en nou wil die aansoeker weer aansluit om kostes op ander skouers te laai. Nie so nie as jy van een fonds onmiddellik na ‘n ander oorskakel.
Indien jy dit (enigsins) kan bekostig, wees lid van ‘n betroubare mediese fonds, hê realistiese korttermynversekering, en spaar vir môre. En betreffende die spaar vir môre, moet nie mislei word deur geprojekteerde syfers sonder om dit deur ‘n (geprojekteerde) inflasie bril te sien. En om dit wat ek hier sê aan die leek te verduidelik, R50,000 kan dalk oor 20 jaar soveel werd wees soos R10 000 nou (of R7000 nou, afhangende van inflasie).

Janalleman ·

Tensy wag periode weg beding word… Kan gebeur as massas mense wil waai. Hier is ‘n geleentheid vir spesiale bedinging.

Johan Kruger ·

Wag periodes kan n skuif moeilik maak maar as jy n ander fonds nader en se jy kan hulle 25000 lede gee op voorwaarde dat hulle wag periodes afskaal of daarmee wegdoen dan sal hulle defnitief onderhandel

Cherokee ·

Wolhaarstories! Hou op om mense van ‘wagperiodes’ te vertel as jy nie voldoende inligting het. Die standaard (met moontlike uitsonderings wat ek betwyfel) is dat oorskakel van een fonds na ander (direkte oorskakeling) geen wagtydperk behels.

Jakes ·

Totsiens Discovery Medies, versekering en alles wat julle by my kry kanseleer ek vandag nog.

linda limbo ·

dis ‘n pot snot!
hulle kry ook seker korting op bybetalings en vitality ens ens
ek’s anyway te arm vir medies

Cherokee ·

Linda, my liewe Linda, probeer om ten minste ‘n hospitaalplan (met onmiddelike soos in 1ste dag betaling) te bekostig. Staatshospitale is soos die staat. Moet nie ‘n hospitaalplan neem wat van 3de dag of so betaal nie! Miskien kom hartoorplasingspasiënte nou uit na 2 dae. Maak net seker jy beland nooit in ‘n staatshospitaal nie.

Lize ·

So, dis nou Discovery, Sasol en Spur wat teen wit mense diskrimineer. Wie gaan dit volgende wees? En hoekom dink hierdie maatskappye dis okay om so blatant te diskrimineer?

Mundus Uys ·

Hulle het nie eintlik ‘n keuse nie… Banke word verplig om te voldoen aan die sektor se eienaarskap kwota. Hierdie ongeregtigheid moet met die wetgewers opgeneem word, nie met die maatskappye wat daaraan voldoen nie. Weet dat as jy Discovery boikot, wat uit die aard van die saak jou reg is, jy mense seermaak wat geen beheer hieroor het nie, en dalk ook indirek jouself. Jy kan netsowel verbygaande motoriste met klippe bestook!

Bye bye Discovery ·

Wel ek gaan nie Spur toe nie ( van julie 2017 al skoon), en sal Maandag na alternatiewe lewensversekering kyk. Bye bye Discovery.

Jacques Rousseau ·

Dis die laaste strooi.
As 20+ jare lange klient met Health, Life, Invest, Insure, Card en Vitality opsies, gaan ek as witmens nou alles staak en skuif na ‘n ander versekeringshuis. Geen tyd vir sulke blatante rassisme nie. Dis ‘n skreiende skande!!

Piet Pompies ·

As jy ‘n huidige lid van ‘n mediese fonds is word die meeste wag periodes “gewave” indien jy oorskuif na ‘n ander fonds.
Nog nooit in die verlede het ek enige gratis aandele van eninge bank ontvang omdat ek daar bank.
Hierdie is net politieke spel en gunswerwing om ‘n toekoms bestaan te probeer verseker. Die doel is net om minderheid aandele aan die meerderheid mense te verskaf sodat die besigheid kunsmatig beskerm gaan word deur die minderheid aandeel houers.

Lientjie ·

Indien jy 3 maande of langer nie aan ‘n fonds behoort het nie dan sal daar ‘n wagperioede wees. Dadelik van een fonds na ‘n ander geen wagtyd nie.

PJ ·

Verstaan wag periode as jy verander van mediese fonds is glo net van toepassig op dag tot dag besoeke nie vir Hospitaal behandeling ens. So gehoor weet nie

PJ ·

Verstaan wag periode as jy verander van mediese fonds is glo net van toepassig op dag tot dag besoeke nie vir Hospitaal behandeling ens. So gehoor weet nie

Cornelius ·

Dis wonderlik, nou voel ek nie so sleg oor die duisende rande wat discovery elke jaar verloor deur ons medies nie, met net ons terapie en pegg tubes wat hulle a.g.v. Pmb’s moet betaal is meer as ons premie n maand, dan is dit nie eers dokter en hospitaal besoeke in gesluit nie.

Genoeg ·

Ek is seker daar is meer as genoeg lede by Afriforum om ‘n nuwe Medise skema te kan begin, vir minderhede. So kan daar werk geskep word vir mense wat ook in die arbeidsmark teen gediskrimeneer word as ook met beter dienste, beter pryse. Want ek het genoeg gehad om sulke orgenasiasis soos Discovery te ondersteun. Ons as ‘n wit minderheid is meer as bekwaam om ons eie ding te kan doen en baie meer suksesvol te wees. Ons geskiedenis spreek van self oor ons mense se ambusie en dryf – #TimeToTakeBackMyFuture

Ronel ·

As Afriforum ‘n mediese fonds kan skep, wat bekostigbaar is, sal ons beslis ook skuif. Ons betaal tans deur ons nekke vir ‘n mediese fonds en ons gebruik dit skaars.

Dilemma ·

Dit sou ‘n uitstekende idee kon wees Afriforum Mediese Fonds!

Die probleem is dat die meeste wergewersgroepe Discovery verkies. Daar is ‘n rede hoekom makelaars Discovery aanbeveel en dan is daar ook ‘n rede hoekom eienaars of direkteure van maatskappye Discovery verkies. Nie moeilik om 1+1 se anrwoord te vind nie! Werknemers het selde die geleentheid om hul eie keuses te maak tov ‘n fonds.

Landi ·

Ja asb?! Ek sal eerste in lyn staan vir n werks geleentheid in hul kliente diens inbel sentrum. Ek kan net nie werk kry nie. Ek word nie eens in aanmerking geneem op enige gegewe plek nie, en ek is regtig besonders bekwaam. Asb Afriforum, kan julle daarna kyk?

Gert van Wierdapark ·

Die golf van gatkruip rol voort. Discovery reken as Sasol daarmee kan wegkom, hoekom nie? Dalk kry hy dat regerings-instansies van sy bankdienste gebruik sal maak en sy winste nog sal opstoot.,”All in the name of Money-money-money.” Hulle gaan nog hul foutjie “Discover”!!!

jakes ·

Maatskappye sal hul siele verkoop vir n bietjie meer lede. Dit sal maar altyd dieselfde gevolge he, die minderheid sal die meerderheid subsideer soos met die belasting en elektrisiteit.

Ou Uil ·

Mense ons moet NOU begin SAAM STAAN, ek skuif dadelik na `n ander opsie.

Geweeg en te lig bevind ·

Dit was seker die voorwaardes van ons geliewe regering waarop hul bank lisensie toegestaan is. Dis ‘n skreiende skande hoe SA besighede nou hul rue op wittes draai. Ons mag dalk nou nie meer hul teikenmark wees nie, maar ons het hulle almal gebring waar hulle is. Dankie weereens Afriforum, julle is ons enigste hoop.

Lientjie ·

Totsien swart discovery sien julle nie meer volgende jaar nie.

khat ·

Ja ek gaan van januarie af na medshield toe dis in elkgeval beter en goedkoper as die rasistiese discovery hy het vergeet wie sy meeste kliente is dis nie swart nie so kom ons boikot hom ook nes spur en kyk of hy ook sy deure kan oop hou dis jammer dat alle maatskapye by die anc gat kruip hulle neuk die land op en julle steun anc

Ook Gatvol!! ·

Nee kyk nou het ek als gehoor!! Ek het daaraan gedink om Discovery as medies te neem, maar nou glo ek nie ek gaan nie. DISCOVERY JULLE DISKRIMINEER teen ons as wittes. En ek wonder hoeveel wit mense is nog oor wat vir Discovery werk sê my hoe voel julle oor die hele storie. Julle is pateties man!!!

Joffré Joubert ·

Het dit nie tyd geword dat Afriforum n eie bank en mediese fonds op die been bring wat nie diskrimineer op grond van ras nie.

Jakkie ·

….. en toe trek Discovery ‘n Sasol Khanyisa op sy lede. Hoe dink Discovery gaan hy die bank laat voortbestaan sonder blanke ondersteuning. ‘n Instansie wat teen my diskrimineer kan nie staatmaak op my ondersteuning nie. Discovery Bank gaan vou nog voordat dit behoorlik lewe gekry het.

Janalleman ·

Elke Westerling hier dra ‘n paar mense op sy rug. Emigrasie beteken die hoeveelheid Westerlinge wat oorbly om te dra word minder en dus word die las swaarder. En swaarder. En iewers in 2017 het Westerse knieë hier geswik. Die ekonomie krimp. Belasting invordering krimp drasties. Opgeleide mense verlaat nou die land in groter getalle as ooit! Die proses is onstuitbaar. Hier is baie groot skade deur die politici aan gerig. Die grond kwessie is die finale spyker in die kis, maar snaaks genoeg nie die een wat die doodskoot gegee het nie. Oormatige ondeurdagte regstellende aksie het. Te veel breins is weg.

christo ·

Mense waarsku teen ONE PLAN mediese Versekering ,hul belowe dat hul n ongeluk of siekte voordele dek,ek het laas jaar Junie n ongeluk gehad het ons meegedeel dat ons n Dekking van R600 000 het ,het 5 operasies gehad ,toe nou Oktober moes ek gaan vir n operasie om my werwels in nek reg te maak ,daar was toe op daai staduim oor die R400 000 bekikbaar ,ons net laat weet dit val nou buite n 6 maande periode ons moet neuro shirurg self betaal ,het hul laat weet dis nog skade van oorspronklike ongeluk en net hu hande teruggetrek,verskoning dit val buite 6 maande tydperk ,mense moet daarna kyk .Niks anders as skelm

Jan ·

Discovery makelaars verstaan nie eers hulle eie risikoprodukte. Ingewikkeld en elle lange voorwaardes. BLY WEG.

Johann ·

Die blatantheid van hierdie rassisme is om van naar te word!!!!! SHAME ON YOU CEO OF AN ANTI WHITE ANC CRONEY ANARGIST COMPANY!!!!!! Lekker die blanke bestebare kapitaal gemelk om jou te kry waar jy is, en nou draai jy jou rug op dieselfde beursies? JY GAAN DIT VOEL!!!!!! RASSIS!

Johann ·

Discovery bank het hulle kanse om nuwe wit kliente te kry nou heeltemal vernietig en ook beperk.
Ek glo ook dat discovery nou ook kliente verloor op ander gebiede soos medies, beleggings enook versekering.

Bollie ·

As dit die geval is kan DISCOVERY vinnig discover wat om met hulle medies ens te doen. Sit dit waar die son nie skyn nie!

HPV ·

Nog ‘n instansie met ‘n g*tkruiperige houding…wie is die volgende een…?

JL ·

Ek het erêns gehoor dat jy in hierdie tyd van die jaar kan oorskuif na ander mediese planne toe sonder wagperiodes. Is dit waar? Indien so , totsiens Discovery.

Hanna Hoekom ·

Discovery, wonder watter kleur is die meeste van julle “gesonde” lede (wenk: daardie lede wat gemiddeld 2 kinders per gesin het). Wonder ook watter deel van die bevolking geneig is tot ernstige vetsug, TB en ander vigs-skriklike siektes? Wel, as julle nie weet nie, gaan julle dit vinnig discover! In my boekies is julle nou amptelik ge-spur. My ouers verander ook nou hul mediese fonds.

KP ·

Discovery wil nie leer nie ons het mos nou al gesien wat met hierdie instansies gebeur, sal eindig waar all SOEs In die land is, BANKROT.

Klaar Weg ·

Ek het reeds in 2016 van Discovery wegbeweeg, en ek is baie gelukkig by Momentum medies. Dit is helfte van die prys en ek het steeds dieselfde voordele.
Discovery is lief daarvoor om jou geld te vat, maar wanneer dit kom by terugbetaal, het hulle baie baie stories. En nou die storie ook…. Nee wat…. Ek is bly ek is Klaar Weg.

Daan Erasmus ·

Discovery is in elk geval nie waarde vir geld nie. Dit is beslis nie ‘n teken dat jy hoogs intellegent is as jy daar is nie. Dit is ‘n teken dat glans jou goeie oordeel beïnvloed. Koop Discovery aandele. Hul weet hoe om wins te maak. UIT JOU UIT.

Willie ·

Sug…. en ek is by rasiscovery se medies…. as daar net nie so stupid wagtyd was om te verander nie het ek sommer vandag nog gespring.

Willem Hammann ·

Ek is reeds weg by hulle , al wat gaan werk is om jou geld weg te neem . Wat het by Sasol gebeur ??

Ray ·

Bye Adrian, You will need to Gore some profits somewhere else

Ronel ·

Snaaks, ek het nogal presies dieselfde gedink- n lekker bank opset om geld uit die buiteland te was en openlik te plunder, maar ja ek baklei al letterlik 3 jaar dat die maatskappy ek voor werk ons n ander opsie buiten Discovery gee, en hulle het dan ook nou ons die keuse gegee om te skuif na Bonitas as ons sou wou, en glo my ons het n hele oopplan kantoor vol gesit al die voor en nadele ondersoek en sonder huiwer weg beweeg van Discovery af!!

Tipies ·

Tipies, diskriminasie teen witmense is ok, dis die in ding. Apartheid re-invented. SASOL se boetie = Discovery. Hoop die witmense skuif na ander mediese fondse toe en boikot die anti-wit bank

Aster ·

Ek sal NOOIT OOIT WEER by Discovery aansluit nie! Ek soek nou dadelik ‘n ander mediese fonds.

mog-het-troffe ·

Laat ons hoop Bank Zero wat gedurende 2019 in bedryf sal wees, doen beter sake.

ekke ·

my maandelilse premie is met R1071.00 op van volgende jaar af ….seker maar om van ons ontslae te raak 32% n skande klaar besig om n ander opsie te oorweeg

David ·

Sopas my bedanking by Discovery gepos – van 1 Jan is my gesin by Medihelp

Dawid ·

David, David, David. Het jy mooi gedink voor jy dit gedoen het?

Peet ·

Ek is nou so kwaad, ek verkoop sommer my Landrover Discovery ook :)

Leon ·

Ek het klaar besluit om Discovery heeltemal te los. Hulle beleid staan my nie aan nie. Ek betaal eerder ‘n fonds wat hulle lede almal waardeer en nie sekere rasse net uitbuit nie.

Jaco ·

Ek gaan ook nou die proses begin om te skuif. Darem nog tyd vir n maand kennis.

Net soos ek ons dstv afgesit her. Decoder in kas. Netflix youtube Kodi is fine vir ons. Aha so weet ons het altyd ander opsies

Julle sal kry wat julle uitdeel!!

Al ·

Wie is Discovery? Gelukkig was ek nog nooit ñ kliënt van hul.

NeelsNeels ·

As dit hulle beleid is sal ek verseker weggaan. En sover moontlik al my vriende en familie

Johannes ·

Discovery het so pas sy ondergang beklink, as my velkleur nie goed genoeg is nie, is my geld ook nie, idiote sal saam met die ander val, daar is ander fondse beskikbaar, Km ons begrawe hulle saam met die ander . Boikot hulle vir altyd.!

Danie ·

Ek is weg by outsurance as gevolg van rassisme en oor na verseker. Wat n verskil my premie baie velaag en dekking baie beter. En alles baie goed bestuur met oorgang. Self beter pakket op tracker vir voertuig gekry.

Rian ·

Ek is klaar met Discovery. Hulle kon hierdie aangeleentheid op ‘n baie beter manier hanteer het. Hulle kon selfs blanke mense insluit, maar instede het hulle besluit om blankes te vervreem. So, Discovery kan gerus maar hul besigheid hou vir hulself. Hulle blyk in elk geval ‘n bank te wees wat die laer inkomste groepe teiken. Sal my geld nooit daarin kan plaas nou dat ek alle vertroue in hulle verloor het nie.

Christa ·

Lys raak al hoe langer: Mi-Way ook nog op my boikot-lys.
Dink Afriforum moet ernstig oorweeg om mediese fonds te begin. Stem saam met vorige kommentaar wat dit voorstel. Privaatbank ook n opsie, maar belê gerus in Orania se bank. Verdien in elk geval beter rente as ander handelsbanke. Saamstaan, volkie, saamstaan.

Saartjie ·

Jy kan enige tyd van die jaar van medies verander sonder dat jy ‘n wagperiode sal he. Daar is ‘n paar uitsonderings soos bv. swangerskap ens wat wel kan lei tot wagperiode. Solank jy ‘n lidmaatskap sertifikaat het om te bewys dat jy op ‘n medies is wanneer jy by ‘n ander fonds aansoek doen, behoort daar geen wagtydperke ingestel te word nie. Daar is baie BAIE beter fondse as Discovery…

PIENKIE ·

Apartheid is al meer as 2 dekades gelede afgeskaf. Wanneer gaan die diskriminasie teen blankes stop?

Johann ·

Flood hulle Web blassye! Racist CEO drives away white capitol!!!!! And you can BANK on that!

CH ·

Ek is lid van Discovery. Ek wou in Aug 2018 skuif na ñ goedkoper fonds. Dit was nie moontlik om te skuif nie, want al die Mediese Fondse vereis bewyse van lidmaatskap aan ñ Mediese Fonds vanaf ouderdom 35jaar. Ek is 59 jaar oud…….waar op die aarde moet ek al die dokumente bekom? Ek kannie eers meer onthou watter fondse betrokke was nie.

Kobus ·

Ek het klaar my Discovery kredietkaart gekanselleer vandag. Die mediese fonds volg binnekort asook lewensdekking, wanneer dit my pas. Gore sal nie slaap verloor oor die R7000 of so per maand nie, maar as n net tienduisend lede dieselfde doen sal dit begin tel. Tot siens Discovery en dankie vir NIKS

Lindie ·

Vir dieselfde rede maak ons nie meer van sasol gebruik nie. Dit is uiters swak van Discovery.
Ek is ook dan nou reeds verplig om ander opsies
Te oorweeg aangesien lewens polisse, medies en huis versekering by hulle is. Ek sal waarskynlik van afriforum se voorstelle gebruik maak. As discovery enigsins soos sasol is, is ons Vir seker van skuiwe.

Sanlam Ook ·

Sanlam is ook besig om aandele in hulle maatskappy te verwater met ‘n nuwe “swart bemagtigingskema”. Hulle het al swart bemagtiging voorheen gedoen. Lyk my hulle leer net nie. Alles wat deur jare opgebou is met bloedsweet word nou vrywillig weg gegee. Het my Annuiteit by hulle opgese. Skuif nou na Old Mutual toe met baie beter voordele. My fondse skuif saam met my. Natuurlik het Sanlam hoog en laag gesweer ek kan nie annuiteit fondse saamvat na ‘n nuwe plan toe nie. Ongelukkig vir hulle het ek my huiswerk gedoen. Maar wat van mense wat hulle stories glo? Hulle intimideer ons terwyl hulle ons in die rug steek.

Sanlam Ook ·

@RG Jy maak jou fondse volopbetaald eers by jou huidige versekeraar. Sodra dit gedoen is versoek jy die nuwe versekeraar om jou fondse aan te vra van die vorige versekeraar. Jy mag nie fondse ontrek voor 55 nie, MAAR jy mag jou fondse oorskuif na ‘n ander annuiteit gebaseerde fonds. Hulle het my met “penalties” ens, ens gedreig. Op die einde het dit my R920 rand gekos wat ek gaan opmaak by my nuwe fonds in die eerste drie maande. Wat meer is my nuwe fonds WAARBORG 3.5% bokant inflasie. Kry ‘n goeie makelaar as jy nie een het nie en dat hulle dit namens jou hanteer. My “penalty” by Sanlam het my makelaar van R 1 900 na 1/2 van oorspronklike bedrag laat verminder.

Mel ·

Kan jy glo! Maar daar word gehammer dat almal nie meer “apart” moet leef nie, en ons moet vooruit gaan. Maar dit hou nie op nie en dit verbaas my ook nie meer nie!

Zettie ·

#naar… Daai oomblik wanneer jy besef jou geld is goed genoeg vir Discovery, maar nie die kleur van jou vel nie….? Nee wat… ek wys my middelvinger vir hulle.

Lindie ·

Vir dieselfde rede maak ons nie meer van sasol gebruik nie. Dit is uiters swak van Discovery.
Ek is ook dan nou reeds verplig om ander opsies
Te oorweeg aangesien lewens polisse, medies en huis versekering by hulle is. Ek sal waarskynlik van afriforum se voorstelle gebruik maak. As discovery enigsins soos sasol is, is ons verseker van skuiwe.

Jozi ·

Dit is blatante, “in your face”, diskriminasie hierdie!
Ons is al van die 90’s af by Discovery maar ons sal verseker 2019 ingaan sonder hulle.
Om dit sagkens te stel – nie een nie, sommer twee middelvingers vir Discovery.
Kry maar vir julle.

lewies ·

As dit sou gebeur is julle maatskappy gedoen tot ondergang.
Lede met net nie te gou besluit om lidmaatskap op te hef nie.
Die “wagters op die muur” sal julle vroegtydig waarsku

Jan ·

Discovery se lewensversekering polisse is in elke geval swak produk. Skuil agter Viatality en hulle dekking is pateties.

tokkie ·

Kan nie van Discovery weggaan. Spaar rek te hoog. Word net nie sieknie. Gaan sommer vir die grap vir ñ paar operasies?

Sanlam Ook ·

@tokkie. SKUIF – jou mediese savingsplan MOET volgens die wet oorgeskuif word na jou nuwe fonds. Die vlg van Discovery se eie webblad: “The Medical Savings Account works like a bank account. What you do not spend, you carry over to the next year. If you leave Discovery Health Medical Scheme, we are legally required to pay the balance to the new medical scheme you join. If that information is not available or you choose a plan without a medical savings account, then we pay you whatever you have contributed that is more than you have claimed, after four months”.

Oom Kalahari ·

Is al baie jare met Discovery Mediese Skema asook huis, ingoud en voertuig versekering. As ‘n lange lid van Afriforum sal ek graag verneem wat hul beste voorstelle en aanmoedigings pakkette mag wees. Discovery gaan ook nog die pad loop van Eskom, SA Lugdiens, Transnet, DENEL ens.

Zettie ·

En net nog ‘n ding – en ek haal aan uit Gore se gesprek met SAUK “Discovery Bank will give its clients great value for healthy life choices and good financial decisions. Some of these benefits include dynamic interest rates and “fantastic discounts” with Discovery’s commercial partners.”
Nou trek ek ‘n stoel nader en wag vir daai lys van “commercial partners”…. kom ons kyk wie deel openlik in Discovery se diskriminerende waardes.

Discriminatory Medical Fund ·

Alle mediese fondse se doelwit is om lede te werf. Plaas advertensies oor hoe goed hulle diens is. Dat hulle vir jou en jou gesin omgee. Pure bog!

Die oomblik wat die die persoon ‘n lid word, word daardie lid ‘n risiko. Die lid kan voordele eis. Strategie: Maak dit so moeilik vir die lid om te weet waarvoor hy/sy kan eis. Laat die lid so min as moontlik weet watter voordele hy/sy het want dan kan die lid nie eis nie. Verander gedurig voordele sonder om dit pertinent aan die lid uit te wys wat verander het. Sou die lid navraag doen gee dan ontwykende antwoorde. Sou die lid sê hy het nie daarvan kennis gekry nie word die lid ingelig dat dit aan die lid gestuur is. Gewoonlik is die ‘gestuur is’ deel van ‘n ‘Somervakansie Brokkies – Nét vir jou!’ wat geen mens wat besig is wil of kan lees nie. Van veranderings word daar terloops ‘n opmerking gemaak, indien wel! En beslis nie die veranderings wat jóú spesifiek raak nie.

Pasop vir mediese fondse! Pasop vir boereverneukers!

Andre ·

Ons maatskappy het jou verplig om aan Discovery se mediese fonds te behoort. Die personeel departement het altyd vrae altyd ontwyk as ek gevra het hoekom moet alles Discovery wees, dit na Fedhealth, Medihelp en Bestmed beter voordele en laer premies het en nie alles uit jou spaar geld betaal nie. Het dit onlangs weer vergelyk vir 2019. Mense word verblind deur bemarkings foefies – betaal en koop alle onnodige goed sodat jy kan “geld” terug kry. As al die Vitality lede te gelyk gebruik maak van die “spesiale” aanbiedinge, wat dan…. ? Mense – finansiele wet, jy kan nie geld spandeer om geld te spaar nie!! Maar ek moet Discovery geluk wens met hulle bemarking – dit is die perfekte sielkundige aanval sonder dat die klient dit besef.

Sanlam Ook ·

@Andre As jou maatskappy jou dwing om aan Discovery te behoort gee hulle aan by die Competition Commission – dis onwettig. Dit sluit in jou maatskappy se bydrae tot jou mediese fonds. Hulle kan onderhandel met ‘n mediese fonds vir spesiale tariewe, maar mag nie hulle bydrae weerhou as jy ‘n ander medierse fonds verkies nie. Die enigste uitsondering is GEMS omdat hulle onder die Staat val wat uitgesluit word deur die wet.

Hakskeen du Toit ·

Ag nee wat. Hoekom moet ons wag tot verdere inligting.? Ek is lid van Discovery medies vir amper 15 jaar en niemand van Discovery het my gevra wat ek dink oor hulle beleid by Discovery Bank. Dus is ek reeds besig om opsies na te vors en sal in die volgende week verander . Daar is gelukkig baie om van te kies. Fedhealth, Bestmed, Bonitas ens en nie een van daai het ‘n probleem met my wit velkleur. Ek sal nie kniel voor blatante rasisme nie. Snaaks genoeg kry ek vandag oproel van Discovery assuransie om te hoor of hulle vir my aanbod kan maak vir versekering. Raai wat was my antwoord….” jammer my wit beursie sal nie die premie kan betaal”

Terry ·

Ons behoort aan discovery medies. As hulle teen ons gaan diskrimineer is Fedhealth n opsie vir ons. Wie het Discovery ondersteun? Werkende Suid Afrikaners. As ons nie goed genoeg is on te deel aan die bank se aandele nie is ons geld ook nie goed genoeg nie. Dan bele ons maar by FNB.

Gerrie ·

Ek het beide Discovery lewensversekering asook as gesin hul mediese fonds. Gaan definitief beide verruil na maatskappy wat nie teen my diskrimineer

Emma ·

Heeldag vertel die regering ons mag nie rassisties wees nie mense word aangekla oor allerlei uitsprake. Dit is hoog tyd dat ons die rassiste laat voel aan hul beursies. nie. Die regering staan heel voor in ry.

HPV ·

Dit is waar dat ‘n drie maande wagtyd van toepassing is op alle beplande mediese prosedures, kroniese medisyne asook van toepassing op mense wat aan geen fonds behoort het nie.
Daar is egter fondse waar die wagtydperk nie van toepassing is op lewensbedreigende noodgevalle en jy was lid van ‘n bestaande fonds. Dit is ‘n feit en fonds makelaars sal dit bevestig. Ek het tans die skriftelik bevestiging van so ‘n makelaar ontvang.

Schalk ·

Merk my woorde!!! Hier kom ‘n VBS bank fiasco!!!
Wonder ook nie of dit deel van die NVG se agterbakse plan is nie? Dalk maak hulle Discovery die NVG. . . . . Glad nie so vergesog nie werk dit maar uit met massa aandele en staat ondersteuning.

Andre Geldenhuys ·

Discovery antwoord op die kritiek met “… die bank gestig met alle lede in gedagte…” maar daar word net aandele aan sekere lede gegee? Almal is nie dom altyd nie. Selfs Discovery se spindokters is swak as jy na hul antwoord kyk. Dis mos pleinweg n opperste leuen!

pikkewyn ·

ek het reeds van discovery na n ander fonds oorgegaan sonder n wag periode. ek is n diabeet en het baie g esukkel om my maandelikse insulien by hulle te kry. ons noem hulle nou misscovery. hulle mis alles wat hulle moet cover

Zea ·

Ai Discovery, het ons regtig nog diskriminasie op rasgrondslag nodig! Twee verkeerds maak nie n reg nie.

Chantel ·

Julle almal kerm en kla so maar nie een van jullw behoort al aan die bank nie .. discovery bank het eers donderdag oop gemaak. Wat is julle issue … en bank en health het nìks met mekaar te doen nie… en ps maak nie saak of jy nie breek in jou fonds gehad het nie en jy skyf na n ander fonds toe al is dit in 30 of 90 dae jy kry n algemene 3 maande wag priode … praat maar met jou makelaar hy sal jou se … en hou op mense se karakters afbreek en sleg se voor julle almal aangekla word vir naamskending

Lollie ·

@Chantel ai Chantel ek se eder niks oor jou oningeligte kommentaar n

SjN ·

Google, council of medical schemes, daar kry jy all die reels,voorwaardes , boetes ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.