Dissiplinêre stappe kom oor ‘rassevoorval’ by hokkiewedstryd

St. John’s College. (Foto: Facebook)

ʼn Leerder van St. John’s College in Gauteng het besluit om die bemiddelingsproses met ʼn leerder van Michaelhouse in KwaZulu-Natal te laat vaar nadat hy glo in Mei tydens ʼn sportgeleentheid tussen die twee gesogte private skole ʼn rassistiese opmerking toegesnou is.

Die leerder van Michaelhouse sal nou aan ʼn dissiplinêre proses onderwerp word.

Albei partye het aanvanklik voor die aanvang van die skoolvakansie ingestem om die saak deur middel van bemiddeling op te klaar.

“Hy [die leerder van St. John’s College] voel dat die voorgestelde bemiddelingsproses nie die blywende persoonlike afsluiting sal bring waarna hy op soek is nie,” het Stuart West, uitvoerende skoolhoof van St. John’s, vroeër vandeesweek in ʼn mededeling aan die skool se belanghebbendes gesê.

Die voorval het na bewering einde Mei tydens die skole se jaarlikse sportgeleentheid plaasgevind. Die geleentheid is skielik stopgesit nadat ʼn eerstespanhokkiespeler van St. John’s beweer het dat sy opponent van Michaelhouse ʼn “skokkende” rassistiese opmerking teenoor hom gemaak het, berig News24.

Die betrokke leerder van Michaelhouse sal nou aan ʼn interne dissiplinêre proses onderwerp word, waarna die skool oor die volgende stappe sal besluit. Die prosesse hiervan is nie aan die publiek bekend gemaak nie.

Aanbevelings van ʼn onafhanklike ondersoeker was aanvanklik dat die twee partye bemiddeling moet nastreef, maar indien een of albei leerders en hul ouers weier om aan bemiddeling deel te neem, moet ʼn formele dissiplinêre proses gevolg word.

“Michaelhouse volg nou hierdie aanbevelings en sal ʼn verhoor oor die beweerde aangeleentheid hou volgens hul eie dissiplinêre kodes en prosedures. Dit sal onder andere vereis dat die betrokke personeel en studente van albei skole aan daardie proses deelneem,” sê West.

Die rektor van Michaelhouse, Antony Clark, het op sy beurt bevestig dat die skool wel ʼn dissiplinêre proses van stapel gestuur het.

Die onafhanklike ondersoeker het destyds in sy bevindinge aangevoer dat die leerder van Michaelhouse van die begin af volhou dat hy onskuldig is. Gegewe die bewyse tot die ondersoeker se beskikking kon daar nie ʼn beslissing oor die beweerde opmerking gemaak word nie, daarom is bemiddeling voorgestel.

Michaelhouse het vroeër vanjaar die betrokke leerders geloof vir hul besluit om bemiddeling na te streef, gegewe die sensitiewe aard van die saak en die spanning waaronder dit albei partye, asook die skool, geplaas het.

Ervare bemiddelaars en kindersielkundiges sou aan albei partye beskikbaar wees sodat die leerders die beste kans op versoening gegee kon word.

“Michaelhouse bly daartoe verbind om ʼn inklusiewe, nie-diskriminerende skoolgemeenskap te vestig,” het Clark gesê.

“As ʼn Anglikaanse skool is ons bewus van ons verantwoordelikheid om te verseker dat ons woorde en dade ooreenstem met ons waardes en respek vir menslike waardigheid, diversiteit en inklusiwiteit,” het West gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

marius ·

Sie elite skole waar klas en maniere met geld gekoop word …..

Bernard ·

Nuwe nuk, waar die raskaart ingespan word. Veral sigbaar by duur meisieskole soos Pta Girls High en St Mary’s

Astrain ·

He said…he said…waar is die bewyse? Het iemand dit opgeneem? Jul mors julle tyd…
Ek wens hulle wil ophou om vir ons te sê ons is Mulungu’s of soms “witvarke” kolobe e tshweu. Dit maak ons gevoelens baie seer….????????????

Gaitsigubib ·

My liewe maat ek is al in my gesig gevloek met “Legoa le a masipa”. Ek het haar lank aangekyk en geloop net om later te hoor by n blanke persoon dat ek n “warmkop” is. Mense vloek, skel en brandmerk jou nes hulle wil en draai dan sommer om en se dis jy wat dit gedoen het. Jy kry nie eers kans vir n verhoor om jou onskuld te bewys nie.

KatjieDeKat ·

My gevoelens kan nie seergemaak word deur wat wildvreemde mense van my dink of vir my se nie. Ek dink maar net: “Meh. Whatever” en vergeet daarvan. Waarom sou ek my steur aan wat vreemdes dink? Meeste mense verdien nie n 2de gedagte nie, wat nog te sê van my ontstel? My bloedfamilie se opinie is letterlik al wat saak maak.

Staal ·

Presies. Maar hulle kan mos nie rassisties wees nie. Dit is om van te kots

domheks ·

Die raskaart steek maar oral kop uit. Soms is mense TE gevoellig, maar dis my opinie! Solank daar net nie gelieg word nie – kyk nou maar by Jan Viljoen in Randfontein. Waar ou lesoefieee sy toys gegooi het oor NIKS!

George ·

Nou as mense TE gevoellig is, hoekom lewer ons kommentaar, is jy en die nie dan TE gevoellig nie?

Vexed ·

Dit het niks met gevoelig te doen nie. Mense hou net van kwaadstook. Dit bewys die maklike lieg sonder om te blik of te bloos. Dit hardloop diep.

Swerwer ·

Hierdie “rassistiese opmerkings/aanmerkings” word nou holrug gery. Dit is tyd dat die ouers/onderwysers ophou om in te meng. Die 2 kinders kon dit uitsorteer het sonder al hierdie publisiteit en inmenging. Daar moes beslis ooggetuies gewees het. Kry hul in en stop om media toe hardloop met alles.

Boatsie ·

Hier is politieke sotte wat floreer op sulke goed en eenogige en oningeligte dwase wat hul slaafs navolg.

PoepieDik ·

Absoluut …net omdat die een beweer beteken dit geensins dat iets gese is nie. Sonder getuies of bewyse moet sulke “klagtes” bloot geignoreer word.

otter ·

apparently was apartheid so erg dat as jy die ou geneek het het sy kinder , kleinkinder agter kleinkinder dit almal gevoel . arme siele !

Agge nee ·

Hy sê ek sê. As daar nie klinkklare of tasbare bewyse is nie, het die saak nie meriete nie. Net soos die urineer voorval. Die aksie is opgeneem, maar die rassistiese opmerking nie, so hoe kan almal aanneem dit is waar? Dit raak nou regtig absurd.

Harley Davidson ·

Belaglik en ‘n totale vermorsing van enige media tyd of dit nou sensasie het of nie.

JohanR ·

Daar was al gevalle waar ‘n dogter vir een of ander rede haar Pa beskuldig dat hy haar betas het, en dan op die ou einde se sy sy het gelieg. Nou wonder ek of on swart vriende ook nou elke geleentheid gebruik om ;n witte in die moelikheid te kry?

Jason ·

Wat n patetiese poging om die potensiale slagoffer te diskrediteer.

Jannie van Niekerk ·

Doen ‘n leuenverklikker toets. Ek kan jou waarborg dat honderd uit honderd keer waar iemand van rassisme beskuldig word, die klaer die toets gaan druip.

Papsak ·

Ag asb stop hierdie rasse haat wat julle so holrug ry ons almal het n kans God ons almal geskape kom oor julle self

Elize ·

Hoe nader aan die verkiesings hoe erger die rasse element. Wat is ons geleer as kinders wanneer jy te na gekom is? Stick and stones can break my bones…….
Ontwikkel bietjie dikker velle. Om te verskil is normaal.

Di ·

Hierdie klomp staan saam, lieg saam en en …. net om die persoon in die moeilikheid te kry. Ek weet self van ‘n geval by werk waar “our people” ook saam gestaan het om ‘n blanke dame te beskuldig van rassistiese aanmerking wat sy konsuis gemaak is. Op ou einde het ‘n swart kollega man vorendag gekom met die waarheid dat hulle storie opgemaak het om haar te laat afbetaal. Die saak is net daar toegemaak. Geen verdere woord of daad oor die hele aangeleentheid verder en die spul sit nog steeds in hulle poste.

Anel ·

Al gedink wat gaan gebeur as ou sisulu haar sin kry met 50/50 kinders in ‘n skool? Hoekom verlaat blanke kinders ‘n skool sodra daar meer swartes in stap? Hoeveel ou,goeie engelse skole is nie net swart deesdae nie? Selfs Afrikaanse skole wat eers dubbel of paralel medium gedwing is, is nou swart en engels nie? Daar is nog baie om te sê, maar waar hulle is sal ‘n blanke kind nooit geglo word nie. En kinders is kinders. Die een lok die ander tot breekpunt uit. Kyk maar die onderwysers!!!

Waarnemer ·

MM weier om my kommentaar te plaas….Ek vra weer…..het die klaer enige bewyse(getuies) dat rassistiese woorde hom toe gesnou is of het hy maar net minderwaardig gevoel omrede sy velkleur?

Chivago ·

So, was dit swart op wit rassisme? Dit sal nou ‘n aangename verandering van spyse wees.

marisa ·

moontlik maar nie maklik anders sou dit nie in die koerant gewees het nie!

Eclectus ·

Elke verhaal het vier kante. My kant, jou kant, die persepsie en die waarheid.

otter ·

Ek het n idee daar gaan n tyd kom dat die wolf wolf skree van die raskaart hulle nog hard gaan ruk aan die bek . Maak nie saak wat jy doen nie , daar sal altyd vals beskuldigings gemaak word. Onthou 1 ding , wit is nie jou vyand nie, jy is jou eie vyand!

Sarel ·

Was dit sy besluit of was hy ” gecoach” om anders te besluit…

Jacobus ·

Nou is dit my woord teen jou woord, en net die een word geglo soos dit hulle pas. Waar kom bewyse en getuies nou weer in? Of is dit soos die juffrou wat vir maande onnodig geskors was SONDER SALARIS en toe met die hulp van Solidariteit onskuldig bevind is. PIESANGREPUBLIEK!!!!!

Boatsie ·

Nou al die gerondval en tydmors omdat ‘n beweerde verkeerde woord ‘n hokkiewedstryd en ‘n skool fisies tot stilstand gebring het sodat hoevele kruipers nou daaruit punte (en sensasie) dn brownie punte kan put.
Goede blikemmer, klink of iemand vermoor of verkrag is so dik hulle dit aan.
Nou moet beide skole se verteenwoordigers en wie nog wat ‘n ondersoek bywoon om ‘n 200 bladsy verslag op te stel om wat te bereik.
Weet jul waars die probleem; solank politici en die in sg. hoë poste aanhou om rassekaarte te speel en daai voorbeeld vir die oningeligte massas stel om na te streef, sal ons oor nog 28 jaar nog steeds sit met ‘n simple bleddie woord, wat buitelanders geskep het, wat volgens ‘n klomp eenogige dwase baie erger is as moord en doodslag.

Jason ·

Jy ook seker wit en bevoorreg. Tydmors? Verkeerde woord? Dis mos lekker om nie te weet hoe dit voel as iemand jou n haatlike woord toesnou nie. Ken jou plek!

Janine ·

Ken jou plek??? Loop vlieg, jou sot!! Ons WITTES werk daagliks ons gatte af om te oorleef! Ons leef nie op SASSA nie. Arrogante idioot.

Onnie ·

Geen geskille kan meer ordentlik opgelos word nie, daar moet altyd ‘n voorbeeld gemaak word om ‘n sekere minderheidsgroep op hul plek te sit. Dis nie asof die ander kultuurgroepe ‘n goeie voorbeeld stel nie. Dalk het Mal Emma en haar mense betrokke geraak.

Jaco ·

Lang storie en berig op berig op berig, maar niemand kan my sê wat was die skokkende” rassistiese opmerking nie.

Johann ·

Kommerwekkend dat “ras”so maklik en gereeld in skole só opgehef word. Min tot geen verweer as jy deesdae aangekla word van “rassisme”…feite nie noodwendig deel van die proses nie.

Jean ·

As “afsluiting” is waarna jy soek, is bemiddeling die regte pad. As dit jou nie die “aflsuiting” gaan gee nie, soek jy dalk eerder wraak – maar wil dit nie so stel (of dalk aan jouself erken) nie

Interessant hoe dit hoofsaaklik meer bevoorregtes is wat so verskriklik lei onder kwetsende woorde en inderdrukkende stelsels…

Jack ·

Laat my raai oor wie die klaer is. Hier word weer vergelding en geld onder die raskaart gesoek. As dit twee wittes of twee van kleur is vra ek om verskoning vir my afleiding maar net wittes in die wereld is rassiste so word gese.

Niklaas ·

Te min geld is aangebied om te swyg. Nou is daar een groot lawaai deur die benadeelde party , natuurlik met sy ouers en regsverteenwoordigers. Hul gaan die maksimum put hieruit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.