DKD: Nóg korrektiewe beamptes toets positief

tronk

Argieffoto.

Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat nog drie korrektiewe beamptes teen Donderdag positief vir Covid-19 getoets het. Al drie gevalle is by gevangenisse in die Wes-Kaap aangemeld.

Dit bring die getal bevestigde Covid-19-gevalle by korrektiewe sentrums in die Wes-Kaap op 40 – 38 beamptes en twee gevangenes – te staan.  Een sterfgeval word ondersoek.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het bevestig 144 gevalle van Covid-19 is tot dusver by korrektiewe sentrums landwyd aangemeld.

Altesaam 35 beamptes en 56 gevangenes in die Oos-Kaap het tot op hede positief vir Covid-19 getoets. ʼn Verdere twee korrektiewe beamptes in Limpopo en een by die departement se hoofkantoor het ook positief getoets.

Gauteng het Dinsdag sy eerste Covid-19-geval in ʼn gevangenis in die Johannesburgse bestuursgebied aangemeld. Dié provinsie staan tans op 10 gevalle, van wie drie beamptes en sewe gevangenes is.

Nxumalo het bevestig dat drie beamptes reeds herstel het.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Brett ·

Wat maak julle daar?……. Oh wag julle het jul mense regte OPGEE…… Weetende………… Put on your big boy pants and suck it up……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.