Die departement van binnelandse sake het gesê gerugte op sosiale media dat DNS-toetse vereis word om nuwe geboortes te registreer, is vals.
Thabo Mokgola, woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê ʼn artikel word op sosiale media rondgestuur dat verpligte DNS-toetse ingestel is voor ʼn geboorte geregistreer kan word. Die artikel verwys na ʼn onderhoud met minister Malusi Gigaba, maar die departement het gesê dié onderhoud het nooit plaasgevind nie.
Die departement het dit benadruk dat hy slegs van amptelike kommunikasieplatforms gebruik sal maak om bewusmaking te skep oor enige verandering in die beleid. Mokgola het bygevoeg die nuwe Regulasies oor Geboortes en Sterftes is in 2014 aangekondig.
Volgens dié regulasies word ʼn vaderskaptoets vereis vir nie-Suid-Afrikaners wat wil hê die departement moet permanente verblyfreg uitreik kragtens die reg wat kinders het om deur hul ouers versorg te word.
ʼn Vaderskaptoets word ook vereis in gevalle waar ʼn derde party sy eie besonderhede as pa van die kind op die geboortesertifikaat wil aanbring om ʼn vorige persoon se besonderhede te vervang.
Hierdie vooruit skinderstories van regeringskant af het altyd ‘n nadraai. Hou dop.
Dit sou eintlik fantasties gewees het. Baie pa’s sou ten minste nie ander se kinders hoef groot te maak nie en daar sou minder “hit and run” voorvalle wees. Hulle kan liewer daaraan dink om die hele land te verplig om hul DNA op ‘n databasis te sit. Dit sal soveel probleme oplos.
Ek moet hier 100% saam met jou stem. Daar is deesdae soveel “hit and run” gevalle, dis net nie snaaks nie en dan moet ‘n man gevang word om vir iemand anders se baba te sorg