Dokumentêr gee blik op Netbal SA se ‘magsbehepte’ Molokwane

Cecilia Molokwane. Foto: Netbal SA/Facebook

Dit is net meer as ʼn maand voor die Wêreldbeker-netbaltoernooi in Kaapstad en die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn kort dokumentêr bekend gestel waarin daar bewerings van onder meer magsmisbruik teen Netbal Suid-Afrika (NSA) gemaak word.

Daar word spesifiek verdoemende bewerings teen die liggaam se president, Cecilia Molokwane, gemaak.

“As jy in haar kamp is, gaan alles goed. Maar as jy nie is nie, sien jy ʼn ander kant van Cecilia Molokwane,” vertel Christine du Preez, voormalige visepresident van NSA, in die dokumentêr wat Woensdag bekend gestel is.

“Sy noem haarself die Uitverkore Een. Ek wil haar herdoop na die Onaantasbare Een.

“Alles word onder die mat ingevee en sy gaan steeds aan.

“Ons het al die direkteure en hul portefeuljes, maar dit is nie regtig hul portefeuljes nie. Geen keuse gaan onaangeraak deur Cecilia Molokwane nie. Indien sy nie tevrede is met die selfgestelde teikens binne netbal nie, sal sy so sê.”

Volgens Du Preez meng Molokwane ook gereeld in met die kies van ʼn netbalspan.

“Sy is vinnig om die afrigters te bel om vir hulle te sê hulle moenie die sogenaamde 8/4 – agt wit spelers en vier spelers van kleur – volg nie.

“Sy sal daarop aandring dat hulle een van die wit spelers uitskop en ʼn bykomende speler van kleur inbring. Sy is baie slim in hoe sy dit doen. Dit is nooit regtig op skrif nie. Dit is altyd ʼn vinnige telefoonoproep waarin die opdrag gegee word en dit is dit.”

Marguerite Rootman, voormalige afrigter van die Baobabs wat glo deur ʼn ongekwalifiseerde swart afrigter vervang is, maak soortgelyke bewerings.

Rootman het dreigemente oor haar toekoms as afrigter ontvang kort nadat sy regstappe teen Molokwane gedoen het.

“Ek het ook die geskree beleef.

“As jy haar daaroor aanvat, sê sy net dis hoe sy praat. Maar dit is beslis nie hoe sy op die televisie praat nie. Dis haar manier om weg te kom met die geskree.”

Ronald Peters, bestuurder van sport by AfriForum, sê verskeie rolspelers wat tot onlangs nog by NSA betrokke was, het dié organisasie genader oor onder meer voorvalle van viktimisasie, wanbestuur en seksuele teistering in die organisasie.

Hierdie rolspelers het AfriForum versoek om in te tree.

“Netbal is een van die sportsoorte in Suid-Afrika wat ongelooflike potensiaal het, maar as gevolg van wanbestuur en politieke agendas word hierdie potensiaal nie ten volle ontgin nie.

“Die Netbalwêreldbeker is om die draai en die amptelike hutsmerk van dié wêreldbeker is #TakingNetballBackToThePeople. Vanjaar se wêreldbekertoernooi fokus dus daarop om netbal terug te bring na die mense, daarom is dit vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners weet wat werklik agter die skerms in Netbal SA aangaan. Ons gemeenskappe en die private sektor moet begin opstaan en die toekoms van sport saam met organisasies soos AfriForum weer in ons eie hande neem,” sê Peters.

  • Klik hier om na AfriFroum se dokumentêr te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hendrik ·

Op elke terein is daar die onderdrukking van die blanke. Besef tog net jy sal nooit die boonste sport bereik deur iemand anders af te trek nie. Stem saam met die berig die privaatsektor sal sy insette moet doen!!!!

Hennie Biebouw ·

Die anti-wit, anti-westerse sentimente is ‘n wêreldwye verskynsel. Daar is bose magte wat Westerse beskawing van binne af verteer, want ons laat dit toe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hou haar by NSA. Indien sy daar loop word sy dalk minister van sport.

Koos 100 ·

Kom ons raai. Sy gaan rassisme skree omdat blankes die bewerings maak en ‘n blanke organisasie het die dokumentêr gemaak. Die minister van sport gaan haar kant kies en van dit alles gaan dadels kom!

mattk ·

Ek het ook al baie ondervind hoe hierdie “dames” alles verskree as hulle nie hul sin kry nie…. en dan is jy verkeerd, jy is die een wat hulle nie verstaan nie en jy is die een wat ‘n houding teenoor my het “because I’m black”. Hoe gouer hulle hierdie magsbehepte “benadeelde” poletieke aanstelling uit ons sport verwyder (en ons kan maar voort droom hieroor), hoe gouer gaan ons hoër hoogtes bereik.

Hennie Biebouw ·

Nog ‘n kader wat skynbaar bereid is om alles af te brand, sodat sy oor die as kan regeer.. Die tipe mentaliteit gaan my verstand te bowe..

Nettie ·

Dit gaan ons almal se verstand te bowe, Hennie. En tog sien ons dit op elke vlak van die samelewing tans. En ons kan net nie so lewe nie. Iewers moet daar uitkoms wees!

Raadsman ·

Die enigste benadeeldes in die laaste 20 jaar is die blankes.
So kies reg wanneer benadeeldes ingesluit moet word in die span!!!

Andrew ·

Hulle verwys nie meer na voorheen benadeeldes nie. Die wetword reguit uit kleur geskryf want die demografie moet ten toon gestel word. En die wereld steun dit, insluitend elke wit speler en ondersteuner wat nog deelneem.

Nettie ·

Dis so waar, Andrew! Ek het dit nie so raakgesien nie, maar jy’s reg. Hulle het baie skelm die woord “voorheen benadeeldes” met “swart” of “person of colour” begin vervang.

Dis nou openlik dus nie meer die “hestel van vorige benadeling” nie, maar ‘n hulle idee van “apartheid”, waar die blankes gemarginaliseer word.

Delia ·

Sy klink soos n regte boelie. Al die geskree op mense. En intimidasie. Iemand moet net eendag stilletjies hulle foon aansit. Mens kan mos ook oproepe opneem terwyl jy op jou foon praat.

JohanR ·

En dis hoekom van die beste spelers in netbal wit meisies is in die Neeu-Zeeland en Australia spanne, en hulle word waardeer!

Jack ·

Dit is sport in SA.Dit gaan so in swem tot skaak en terug.Alles word deur ras bestuur,afgerig en gekies.Blankes word vervang met mense wat nog NOOIT die sport beoefen het nie en dan is die nuwe mense so arrogant en het ‘n “ek weet alles en meer as jy” houding.As daar nog na die 2024 verkiesing iets oorbly moet die blankes net eenvoudig hulle eie liga’s en kompitisies begin skep met hulle eie bestuur en reels.Hulle sal vinning klaar speel en beter wees as enige van die nasionale spanne.Die blanke kinders sal baat by sulke liga’s.

Nettie ·

HOE is dit dat NA 30 jaar van demokrasie, word ‘n speler nog steeds nie op talent gekies vir ‘n span nie? Is hulle SO swak? SO sensitief? SO onbevoeg en onbekwaam om op talent die span te maak? En indien so, dan moet iets anders probeer word. Want om op grond van jou velkleur gekies te word, na 30 jaar van demokrasie, is vernederend en pleinweg NET VERKEERD.

Dis nie meer wit of apartheid se skuld nie, en dus kan wit mense nie meer die straf dra nie. Dit moet NOU gestop word.

Johanncb ·

Hopelik sal sy na dese die lig sien en bedank! Daar sal wel ‘n “goue handdruk” beskikbaar wees!

Papsak ·

Wat soek hulle tussen ons en ons sports se my onsdruk nie in of by hulle nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.