Dokumentêr oor Derick Hougaard eers teruggehou

Derick Hougaard. (Foto: Facebook)

Die uitsaaidatum van ʼn splinternuwe kykNET-dokumentêr oor die oud-Springbokrugbyspeler Derick Hougaard se lewe sal vir eers uitgestel word in die lig van sy jongste gesondheidstryd.

Hougaard (40) veg steeds om sy lewe in die waakeenheid van ʼn Pretoriase hospitaal nadat hy meer as ʼn week gelede bewusteloos in sy huis aangetref is.

Die sangeres Nádine, Hougaard se vriendin, het verlede Saterdagoggend op hom afgekom waarna ʼn ambulans hom na ʼn staatshospitaal geneem het.

ʼn Betroubare bron na aan Hougaard het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê daar is ʼn geringe verbetering in sy toestand nadat sy suurstofvlakke effens verbeter het.

Die verfilming van die kykNET-dokumentêr, getiteld Hougaard: Die liefling van Loftus, is in Mei reeds afgehandel en is tans in die naproduksiefase.

In die dokumentêr praat Hougaard eerlik en openlik oor sy persoonlike lewe en die kruin van sy loopbaan as Springbokspeler.

Rian van Heerden, bekende aanbieder en uitvoerende vervaardiger en regisseur van Provoco, die produksiemaatskappy wat die dokumentêr vervaardig, sê hy en sy span het ses maande lank ʼn pad saam met Hougaard gestap vir die opname van die dokumentêr.

“Oor die afgelope ses maande het ons met hierdie dokumentêr ʼn baie persoonlike reis met ʼn man, wat ek in 2002 as jong Blou Bul-speler vir die eerste keer ontmoet het, gestap.

“Derick was absoluut eerlik oor sy lewe en nie bang om ons toegang tot sy diepste hartkamers te gee nie. Dit is, en was, duidelik dat hy deursettingsvermoë soos min het. Hy is ʼn vriend en ʼn broer, en ek hoop met my hele hart dat hy spoedig sal herstel.”

Die dokumentêr sou aanvanklik later vanjaar op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word, maar volgens kykNET sal die jongste verwikkelinge eers in ag geneem moet word. Die uitsaaidatum kan nog nie bevestig word nie.

“Ons is dankbaar dat Derick bereid is om sy lewe – al die oppe en affe – met sy ondersteuners en die breë publiek te deel in hierdie reeks, wat tans in produksie is,” sê Waldimar Pelser, M-Net Direkteur van Premium-kanale.

“kykNET wens hom beterskap toe en ons weet ons kykers bid vir hom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dorkie ·

Hoekom nie? Ons kan nie almal mediese fondse bekostig nie. Die dokters in staatshospitale is baie goed. Dieselfde kan nie gesê word van die ander personeel nie. Daar is goeie verpleegsters en goeie mense in die administrasie afdelings … hulle is egter skaars.

Iwan ·

Wat n dom vraag. Hoekom kies mense om in n staatshospitaal te gaan lê. Regtig?

JN ·

As die Anc hul weg kry sal almal in Suid Afrika binnekort onder staats beheerde krepeerende staats hospital dienste val nes alles verval onder die Anc.
Die Anc is kommunisties en wil alles nasionaliseer en tog faal alles.
En waar staan n mense onder alles wat hul die Anc tot op huidige punt oorgevat het?
Van waterwese tot telekommunikasie, instandhouding, kragtoevoering?
Se my asb noem my net een pluspunt onder die Anc asb..
Als dit na n EENS VOORUITSTREWENDE LAND..
Ne George.

Roek ·

Moedeloos

Hoekom gaan mens staatshospitale toe omdat jy nie medies het nie!!

Stem saam wat moet jy nou doen as jy nie vir jouself kan praat nie en jy is aangewese op die mense wat jou “lief”het!!

Delia ·

Mens gaan staatshospitaal toe as jy nie n mediese fonds het nie. Dalk kan sy ouers nie betaal vir n privaat hospitaal. Niemand weet wat werklik daar aangaan.
Die wat so bekommerd is daaroor, stig n skare finansiering op BacknBuddy.
Dalk was dit Derrick se besluit om nie sy ouers finansieel uit te put. Dit was dalk al n punt van bespreking voorheen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.