Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal, het Woensdagoggend ʼn skokkende blik gegee op die verswakkende finansiële bestuur van die land se munisipaliteite.
Hy het aan die parlementêre perskorps vertel van die manier waarop sy kantoor se werknemers deur munisipale amptenare afgedreig word om skoon oudits te gee, en hoe sommige munisipaliteite nie eens die vermoë het om ʼn opgaaf van hul finansiële situasie te verskaf nie.
In een van die mees sterk bewoorde verslae wat die afgelope 20 jaar in die parlement ter tafel gelê is, het Makwetu gesê “ten spyte van hierdie kantoor se voortdurende advies en waarskuwing aan diegene wat met regering en oorsig oor munisipaliteite toevertrou word, word die kantoor van die ouditeur-generaal grootliks deur munisipaliteite geïgnoreer”.
Hy het voortgegaan: “Daar is geen noemenswaardige verbetering oor die afgelope vyf jaar nie, hoewel sommige munisipaliteite hard werk om skoon oudits te behaal.”
Van die land se 258 munisipaliteite het net 33 volkome skoon oudits behaal. Hiervan is 21 in die Wes-Kaap, ses in KwaZulu-Natal, twee elk in Mpumalanga en die Oos-Kaap, en een elk in Gauteng en die Noord-Kaap en geen enkele een in die Vrystaat, Noordwes of Limpopo nie.
Daar was basies geen goeie nuus in die verslag nie. Nie ʼn enkele metroraad het ʼn skoon, ongekwalifiseerde oudit gekry nie.
Volgens Makwetu is die hoofrede vir die swak oudits gewoon dat munisipaliteite hulle nie daaraan steur nie. Daar was selfs pogings om van die werknemers van die ouditeur-generaal onder druk te plaas om die ouditbevindings oneerlik te verbeter en inligting wederregtelik te weerhou.
Die stadsrade van Mtjhabeng (Welkom) en Tshwane (Pretoria) is spesifiek voor stok gekry oor infrastruktuurprojekte waarvoor nie behoorlik rekenskap gegee kan word nie. Vakante poste, gebrekkige kundigheid, politieke binnegevegte, swak leierskap, onwettige optrede en swak oorsig deur provinsies is deur die ouditeur-generaal uitgelig as redes vir munisipaliteite se swak prestasie.
Sowel die DA as die minister van samewerkende regering, Zweli Mkhize, het hul skok oor die situasie uitgespreek en onderneem om meer te doen om die situasie te verbeter in die munisipaliteite waar hul partye aan bewind is.
Hulle kan maar sê wat hulle wil, maar in die ou bedeling was dit ongehoord!
Uiteindelik is daar iemand wat dinge op die naam noem. Geen doekies omdraai met mnr Makwetu nie! Mag die regerende party sy kop in skaamte sak. In die haatlike apartheidsera was dit net mooi anders om. Praat die ding soos dit is.
Viva Anc
Kankerbestuur en die gepaardgaande verrotting .
Afgedreig, onwettige optrede, gebrekkige kundigheid, politieke binnegevegte , simptomaties
van onse siekte. Ace se provinsie hol natuurlik voor in die proses van aftakeling. Apartheid se skuld.
Ten koste van ‘n geykte sêding, daar is ‘n perfekte storm aan die broei in hierdie land.
Hoop CR en sy ANC Ideologiste sit die verslae saam met hulle bakhand staan beleggers voorleggings?
Die nuwe SA alla ANC legacy…. Korrup en bankrot.
Daarom emigreer mense.
Dit sal so aangaan todat niks oor is nie dan sal apartheid en Jan van Riebeeck weer skuld kry.
Ons weet dit al dekades …
Van die 33 wat skoon oudits gekry het is 21 in die Wes-Kaap.
Sê dit dalk iets?
Ek raak WOEDEND en verbitterd as ek hierdie dinge lees. Die ANC het die VERMETELHEID om onteiening sonder vergoeding deur te “stoomroller” MAAR hulle totale ONBEVOEGDHEID, KORRUPSIE EN PLEIN SIMPEL onbekwaamheid kos ons land MILJARDE elke jaar – dit wat Ramaphosa doen tov bekamping van korrupsie is ‘n druppel in die emmer. Dink net hoeveel grond en huise kon al vir die “minderbevoorregtes” gekoop en gegee geword het met hierdie MILJARDE maar nee die blankes en hulle grond en besittings is mos “easy targets” want ons hou almal ons monde en aanvaar alles gedienste en gedwee. Ek is totaal en al SIEK EN SAT vir hierdie magsmisbruik en onbevoegdheid en ons blankes moet maar net agteroor buig en gee en gee en gee …
Alida dit se dat die DA wat daar regeer iets reg doen. Nou probeer De lille om die party af te breek. Miskien as die kapenaars nou vir ander partye stem sal hulle sien en voel hoe dit is onder ander party se juk. De lille is n klad op die DA se naam. Ek gaan terug kaap toe. Asb asb mense hou die DA daar in bewind?
ek kan nie verstaan dat ons in Mogale City R10,000.00 moet betaal vir n elektriese meter in die huis om ons krag te koop nie maar in Randfontein doen hulle dit verniet en in Munsie ville in Mogalie City ook maar ons inwoner in Krugersdorp moet daardie groot bedrag betaal . VERDUIDELIK DIT ASSEBLIEF
Ek sal dit nie betaal nie…..dan leef ek met kerse….hulle buit jul uit……daardie meter kan gemanipuleer word vanaf n sentrale punt…….kyk maar in die nag…..sit geaser af en sien hoe hatdloop jou units met net die nodige goed aan,maar in dag kamstig stadig…….dit het ek beleef en praat uit ondervinding en uit n eskomman se mond gehoor
Hierdie “skokkende blik” word jaar na jaar gepubliseer en daar kom net dadels van. So, vir die volgende klompie jare kan dieselfde berig oor en oor gepubliseer word…niks nuuts nie…