Doodstraf vir vrou wat dwelms van SA smokkel

Lesedi Molapisi is in Januarie op die lughawe in hegtenis geneem. (Foto: The Daily Star)

ʼn Vrou van Botswana is Vrydag die doodstraf in Bangladesj opgelê nadat sy heroïen via ʼn vlug van Suid-Afrika na Bangladesj gesmokkel het.

Lesedi Molapisi (30) het op 23 Januarie vanjaar met ʼn vlug van Qatar Airways by die Hazrat Shahjalal Internasionale Lughawe geland. In haar bagasie was meer as 3 kg se heroïne versteek. Sy is ongeveer 17:30, kort na haar aankoms, deur lede van Bangladesj se nasionale sekerheidsintelligensie-organisasie voorgekeer en vir ondervraging ingeneem. Volgens die Bangladesj dagblad The Daily Star, het sy ontken dat sy enige onwettige items in haar bagasie het.

Beamptes het egter haar tasse deursoek en die dwelms in deurskynende sakkies in haar bagasie gevind. Toe hulle die dwelms ontdek, is sy onmiddellik in hegtenis geneem, berig die Bangladesj nuuswebtuiste New Age.

Volgens die nuusblad het die intelligensiediens gereageer op inligting dat die lughawe gebruik word om dwelms die land in te smokkel.

Volgens die Zimbabwe Mail is sy verhoor, skuldig bevind en ter dood veroordeel. Bangladesj is een van die lande met die strengste dwelmwette, met die doodstraf wat voorgeskryf word vir enigiemand wat betrap word dat hulle onwettig gevaarlike dwelms kweek, vervaardig, vervoer, invoer of uitvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

Wat het sy verwag n meisie teken vir n pakkie en sit nou 33 jaar.

Nico ·

Die SA regering moet dieselfde wette in stel dan sal daar minder met dwels gesmokkel word, stel die doodstraf in vir die wat dwels onwettig inbring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.