Drie dekades agter tralies vir renosterstropery

Freedom Siyabonga Ndlovu (32) is op drie aanklagte van renosterstropery skuldig bevind. (Foto: NVG)

Die Skukuza-streekhof het ’n renosterstroper tot 32 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy op verskeie stropingsverwante aanklagte skuldig bevind is.

Freedom Siyabonga Ndlovu (32) is op drie aanklagte van renosterstropery skuldig bevind, asook dat hy die Krugerwildtuin onwettig betree het, die onwettige besit van ’n vuurwapen, sameswering om ʼn misdaad te pleeg, die besit van ʼn gevaarlike wapen en die besit van ammunisie.

Die misdade is in November 2016 gepleeg.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê wildbewaarders het destyds inligting ontvang van stropers in die Stelznek-gebied. Op die toneel het hulle drie persone, onder wie Alberto Valoyi, Fanwell Ndobe en Ndlovu, met ’n jaggeweer, ammunisie, ses vars renosterhorings en ’n byl in hul besit betrap.

Al drie is in hegtenis geneem, maar Ndobe en Ndlovu het gevlug nadat die hof borgtog toegestaan het. Slegs Valoyi is in daardie stadium verhoor, skuldig bevind en gevonnis.

Ndlovu is later weer in hegtenis geneem en verhoor. Ndobe is steeds op vrye voet.

Gedurende sy verhoor het Ndlovu die aantygings teen hom ontken.

Die bewyse teen hom was egter te swaar. Dit het ingesluit ʼn ballistiese verslag wat bevestig het dat die koeëls in die karkasse uit die geweer gekom wat in Ndlovu se besit gevind is.

Hy is skuldig bevind en gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Di ·

“Freedom” is nou nie meer free nie! Hoop die gemors kry wat hom toekom in die tronk

Pierre ·

Moor n mens en jy kry 15jaar, stroop n renoster en kry 30+jaar, vra maar net.

Cherokee ·

..hopelik is jou kritiek teen die 10 jaar en nie teen die 30+ jaar nie.

Cherokee ·

‘n Afgesaagde betekenlose rympie wat tot vervelens toe herhaal word. Of ‘sê maar net’.

Olive ·

Stem saam. “vra maar net” en “gooi die sleutel weg”. bietjie afgesaag .
En om ‘n dier so wreed dood te maak, is ook moord. So lewens lank sal meer gepas wees.

Koos 100 ·

Hy was net die stadigste van die drie!! So hy sit net so 7 tot 8 jaar. Dan kom hy uit op 40 jaar met geen ander opsie as om dit weer te doen?

Carl ·

32 jaar – wat ‘n grap. Dit is nie 32 jaar nie hulle voeg gewoonlik die vonisse bymekaar en hulle sit baie korter. Verder as hy homself goed gedra kan hy uit wees in ‘n baie korter tyd.

007 ·

In SA, as jy meer as 5 jaar tronkstraf kry, kan jy na 1/3 van die vonnis aansoek doen om parool. As jy minder as 5 jaar kry dan kan jy na 8 maande aansoek doen om parool. Behalwe as jy geen parool voorwaardes saam jou vonnis kry nie, dan sit jy die volle tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.