Drie dood in Vereeniging-ongelukke

Foto; ER24

Drie mense is dood en nege beseer in twee afsonderlike ongelukke in Vereeniging.

Twee mense is dood nadat ʼn motor Saterdagoggend in Boy Louw‑straat gerol het, het Russel Meiring, woordvoerder van ER, gesê. Paramedici het omstreeks 10:05 op die toneel aangekom waar die motor op sy dak in die pad gelê het.

ʼn Man was nog in die motor en is op die toneel dood verklaar. Ses ander mense is buite die voertuig aangetref. ʼn Vrou wat buite die motor aangetref is, is ook op die toneel dood verklaar. Die vyf beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.

Intussen is ʼn man Vrydagaand dood en vier mense, insluitend twee kinders, beseer in ʼn botsing tussen twee motors op die R82 in De Deur, noord van Vereeniging.

Volgens Meiring is een van die motors na die botsing in die veld langs die pad aangetref terwyl die ander motor nog in die pad gestaan het.

ʼn Man het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. ʼn Elfjarige seun was in ʼn kritieke toestand en ʼn 14-jarige seun in ʼn ernstige toestand. Nog twee mans het slegs matige beserings opgedoen.

Die beseerdes is ook op die toneel behandel en daarna na nabygeleë hospitale geneem.

Die voorvalle word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris Ws ·

Jip.Hy was met 2 oorlaai.Nerens word gepraat van ‘n SUV of iets wat 7 sitplekke het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.