Drie dood, vyf beseer in botsing

Die toneel. Foto: Verskaf.

Drie mense is dood en vyf beseer toe ʼn motor en ʼn vragmotor in Limpopo gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het Sondagaand op die R36 buite Tzaneen plaasgevind.

Volgens Vermaak het hul paramedici en ander nooddienste omstreeks 20:00 by die toneel opgedaag en die vragmotor aangetref waar dit steeds teen die motor vasgedruk was.

“Drie mense is met noodlottige beserings binne die voertuig aangetref. Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê.

Vyf mense, onder wie die bestuurder van die vragmotor, het geringe tot matige beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na die Letaba-hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.