Drie in hof oor bedrog van R453 miljoen

(Argieffoto: stevepb/pixabay)

Die voormalige departementshoof van gesondheid en huidige adjunk- direkteur-generaal van die Noord-Kaapse provinsiale regering, het saam met twee direkteurs van Defensor Electronic Security Systems Vrydag in die Kimberley-distrikshof verskyn.

Steven Jonkers, voormalige departementshoof, staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA), sê Mojalefa Senokoatsane, streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Defensor, wat deur Gert Renier van Rooyen en Claudius Gerald Peterson verteenwoordig word in hul kapasiteit as direkteurs van die sekuriteitsmaatskappy, staan tereg op aanklag van bedrog en oortreding van die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira).

“Jonkers, as rekenkundige beampte, het na bewering ʼn kontrak met Defensor aangegaan sonder om die korrekte aanskaffingsprosesse te volg. Die kontrak beloop R453 miljoen.”

Van Rooyen en Peterson is vrygelaat op borgtog van R100 000 elk en Jonkers het borgtog van R50 000 gekry. “Hul borgtogvoorwaardes bepaal dat hulle hul paspoorte moet oorhandig en dat hulle nie enige van die staatsgetuies mag kontak nie.”

Die saak is tot 10 November uitgestel waar die beskuldigdes na verwagting in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Dit is bemoedigend dat verdagtes wel gearresteer is maar hoe gaan die geld verhaal word.Is hulle bankrekening en bates gevriesde wat met die geld aangekoop is.

Nie Verbaas ·

Vries bankrekenings, lê beslag op almal se bates. Verhaal koste en verbied hulle om ooit weer wettiglik so n besigheid te bedryf. Kom ons kyk wat doen die skelm high flyers dan.

Esta ·

Flippet. As dit so aangaan gaan daar niemand in die regering oor wees nie. Awesome! :-)

Jack ·

Wonder of mkize en sy familie betrokke is. Die vrot kring uit en die miljoeners raak net meer.

Mieke ·

Jack. Stem saam. Dis ook deur hulle dat al
hoe meer S Afrikaners finansieël swaarkry!!! Veral die ouer mense kry bitter swaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.