Drie in hof vir moord op plaaswerker

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Drie mans het in die landdroshof in Kroonstad, Vrystaat, verskyn vir die moord op ’n 41-jarige plaaswerker.

Die voorval het op 30 April op die plaas, genaamd Geluk, buite Kroonstad plaasgevind.

Volgens kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het twee mans die plaaswerkers se wonings omstreeks 18:44 betree en daar twee paartjies aangetref. Hulle het ’n vuurwapen op die egpaar gerig en hulle van drie selfone, polshorlosies en ’n onbekende bedrag kontant beroof. Hulle het die vier slagoffers in die huis toegesluit en te voet gevlug.

“Die mans het omstreeks 20:00 ’n paartjie raakgeloop wat van Kroonstad na die plaas onderweg was. Hulle het die paar voorgekeer en geld geëis,” sê Earle.

“Die mans het daarna ’n skoot op die 41-jarige man afgevuur. Hulle het hom deursoek en sy selfoon gegryp. Die man se vrou het weggehardloop.”

Die man wat geskiet is, is as een van die plaaswerkers op die plaas Geluk geïdentifiseer.

Die twee het na die hoofpad gevlug, waar ’n wegkommotor vir hulle gereed gestaan het.

“Inligting van die polisie in Kroonstad, boere en ’n sekerheidsmaatskappy het die nommerplaat van die voertuig vasgestel.”

Die ondersoekbeampte, AO Motlalentoa Mofokeng van die speurtak in Kroonstad, is aangewys om die saak te ondersoek.

“Terwyl Mofokeng op 5 Mei onderweg was na Reddersburg vir ’n familiebegrafnis het hy die nommerplaat van die beweerde voertuig wat as ’n wegkommotor gebruik is, opgemerk. Hy het dadelik lede van die polisie in Brandfort en die Bloemfonteinse blitspatrollie ontbied vir hulp.”

Sera Letuka (22) is dieselfde dag in hegtenis geneem.

“Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van nog twee verdagtes, Sandie Kheliwe (36) en Lesole Poulo (37), twee dae later in Welkom gelei. Hulle is in die besit van vier selfone gevind, waarvan die een aan die 41-jarige man wat geskiet is, behoort.”

Letuka het Maandag reeds in die landdroshof in Kroonstad verskyn. Die ander twee verdagtes het Dinsdag verskyn.

Al drie verdagtes staan tereg op aanklagte van huisroof en moord en sal na verwagting weer op 15 Mei in die hof verskyn.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dandeleen ·

Piet, die verskil tussen ‘n plaas aanval en roof en moord is die feit dat wit boere op plase die meerderheid van die tyd wreed vermoor word. Dit is iets om aan te dink.

piet ·

Dis ‘n mite. Meeste WORD NIE VERMOOR NIE. Daar’s duisende plaaaanvalle elke jaar en net 60 mense op plase gemiddeld per jaar word vermoor (wit en swart) en meeste van hierdie wat vermoor word, is ook nie gemartel nie.

Johannes ·

Jy sit die pot ver mis ou Piet, is die mense gemartel soos ons mede blanke boere? Hou maar jou verby ou maat, daagliks word mense beroof van alle kleure maar nie almal word in stukke opgesny nie.

piet ·

Nie Johannes – wat van die muti’s? Jy sit die pot ver mis my vriend hier vind afskuwelike dinge plaas nie net met blankes nie. So terloops – laas toe ek gekyk het, het ‘n swart persoon ‘n minstens 5-keer GROTER kans gehad om vermoor te word as ‘n blanke in SA. Die blanke gemeenskap in SA is die veiligste persentasiegewys gemeet aan enige ander bevolkingsgroep. Nie alle wit boere word ook gemartel nie, dis nog ‘n ding wat onwaar is.

Gaitsigubib ·

Dis ook n duidelike bewys dat jou oordeel beinvloed word deur bevooroordeling en diepper liggende gevoellens t.o.v skere dele van ons gemeenskap. Hierdie is juis Afriforum en ander leiers se argument nl. dat alle lede van die gemeenskap geraak word deur plaasmoorde. Dit word so swak aangespreek want sommige mense ontken die probleem wanneer dit hulle pas.

piet ·

Die probleem is dat daar ‘n narratief onder sommiges bestaan dat NET wit boere geteiken word. Jy hoef net die kommentare hier te lees. En dan gaan sommige na die uiterstes toe natuurlik deur te verwys na dinge soos volksmoord en sulke twak.

Gaitsigubib ·

Ek en jy weet dat plaaswerkers word wel ook geteiken. Wil jy dan redeneer dat wanneer ander mense snert praat dan moet jy ook snert praat, of sou jy eerder op feite wou konsentreer? Wanneer geweldadige stakers op n plaas opdaag om aante dring dat n boer sy eie mense moet wegjaag om hulle te akkommodeer het jy nie veel simpatie met die boere nie. Dit bewys jou hipokrasie. As jy almal met dieselfde kam wil skeer dan moet jy dit doen.

piet ·

Jy sit die pot heeltemal mis. ek konsentreer JUIS op die feite. Die saak wat gaan oor die oortreders wat doodgeskiet is gaan daaroor of die skieter geregtig was om die mense DOOD te skiet in die omstandighede. Niks met hipokrasie (weet jy ooit wat die woord beteken?) te doen nie.

Harley Davidson ·

Hoe roof jy ‘n tannie van 70 jaar deur haar met ‘n warm strykyster te brand,en as die media nie verwys na verdagtes nie maar kan verwys na die woord swart man sal ons kan sien wie in die meeste gevalle verantwoordelik is vir die aanvalle en wie slagoffers is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.