Drie kom in huisbrand om

(Foto: pixabay)

Drie mense, twee volwassenes en ʼn minderjarige kind, is dood toe ʼn brand Sondag in hul huis uitgebreek het in Kwadwesi in Gqeberha (Port Elizabeth).

“ʼn Vrou het omstreeks 00:15 wakker geword deur haar tannie se gille om hulp,” sê kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie. “Toe sy die tannie se kamer nader, het sy gesien hoe rook uit die kamer uitborrel. Die vrou en drie ander persone in die huis het na buite gehardloop en om hulp geroep. Die bure het tevergeefs gepoog om die brand te blus.”

ʼn Man, Zamekile Mama (52), ʼn vrou, Thembakazi Schoeman (52), en Inam Tyali (12) is in die brand oorlede.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.