Drie sterf ná boendoegeregtigheid

(Foto ter illustrasie)

Die polisie in Limpopo het nóg ʼn voorval van beweerde boendoegeregtigheid veroordeel, nadat drie mans vanoggend naby Mokwakwaila, naby Tzaneen, vermoor is.

Die voorlopige polisieondersoek dui daarop dat die tragedie aan die gang gesit is toe die mans glo by ʼn bejaarde vrou ingebreek het, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.

Die vrou het klaarblyklik om hulp geskreeu, waarna ander inwoners gereageer en ʼn soektog na die vermeende inbrekers geloods het. Hulle het tydens die soektog in die vroeë oggendure op drie mans afgekom.

“Nadat hulle die mans beskuldig het dat hulle vir die huisrooftogte in die omgewing verantwoordelik is, het hulle die mans wreed met ʼn verskeidenheid voorwerpe aangerand. Die polisie het gereageer op angstige oproepe uit die gebied. By hul aankoms is hulle begroet deur ʼn gru-toneel met bloed en drie ernstig aangerande mense wat reeds dood was.

“Die skare was op dié stadium reeds uitmekaar,” het Mojapelo gesê.

Die bevelvoerder van die polisie se Tzaneen-groepering, genl.maj. Maggy Mathebula, het die toneel besoek terwyl lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, op sy beurt beveel het dat ʼn ondersoek na die voorval van boendoegeregtigheid dadelik gedoen word en dat diegene verantwoordelik as ʼn saak van dringendheid aangekeer word.

“Die polisie gaan genadeloos wees met mense wat geregtigheid in eie hande neem deur mense aan te val wat hulle van misdadigheid beskuldig. Ons pleit by mense om op te hou met dié soort aanvalle en om die polisie te bel om inhegtenisnemings te doen,” het Ledwaba gesê.

Enigeen met inligting oor die voorval kan kol. Cecil Machimane bel by 082 451 7181 of ʼn polisiekantoor skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Markus ·

Dit is juis oor dat die polisie nie meer hulle werk doen nie dat mense reg in eie hande neem nou dreig die polisie die mense wat opstaan teen misdaad …wat moet hulle dan doen ????

Annelie Bronkhorst ·

Glo nie die gaan so goed werk nie. Die fluitjie blasser gaan ook dan deurloop. Dis reëls en hoe dit werk

piet piet ·

Die polisie is indirek self verantwoordelik vir hierdie voorvalle die mense het geen vertroue of respek met alle reg vir die klomp in blou wat hulself wetstoepassers noem nie.

Jacques ·

Polisie is direk te blameer want hul doen amper nooit hul werk nie, kan vinnig by kfc kom of staats voertuie as taxi gebruik.

MT ·

Ons pleit by die Polisie om hul werk te doen, dan sal sulke goed nie plaasvind nie…….

liz ·

Die polisie moet die boendoehowe hul gang laat gaan. Op die manier raak ons ontslae van die misdadigers.

Sjoe ·

Kan ten minste hoop hulle was die skuldiges (aangesien hul reeds dood is). ????
So iets kan nóóit reg wees nie.
Bind hulle vas en wag vir die polisie. Dit is nonsens dat party kommentators beweer dat “niks ooit” gebeur, wat geregtigheid betref nie.

Skroef ·

Sjoe suster Sêra, vertel vertel wanneer gebeur daar iets?

Daleen.Becker ·

Nou kan die polisie vinnig se as geregtigheid in eie hande geneem word sal daar opgetree word teen die mense,waar is julle met al die moorde op onskuldige blankes..dan word daar nie n woord gerep nie.dis hoekom geregtigheid in eie hande neem,want die polisie is deel van.al die gemors en doen nie julle werk nie.maar as boosdoeners,moordenaars,verkragters iets aan gedoen word wil julle optree teen onslukdige mense wat self iets doen aan skuldige.skrik wakker en doen wat van julle verwag word.dit gaan meer gebeur want polisie is betrokke en doen nie hulle werk..n oog vir n oog n tand vir n tand.

Jan ·

Het jy nou eers in die land aangekom? Bind vas en wag vir die polisie? ????????????????????

Anoniem ·

Dan moet die SAPD ook maar net VINNIG LEER om vinnig te reageer en produktief te wees

Julle posbeskrywing is om WET en ORDE te handhaaf !

Sjoe ·

Die wat die polisie so verdoem, ken julle die gebied? Ek ken ook nie die spesifieke area nie, maar ek weet dat mense daar verspreid leef. Die persoon wat gebel het kon dalk nie ‘n straatadres gee waarheen die polisie op’ n GPS kon haas nie. Hoe weet ons?
Met verskeie mense wat die verwoede aanranding gepleeg het, kon hulle seker redelik gou gesterf het.
Dis baie erg. Mense mag dit nooit ooit doen nie. Dis nie goed te praat nie. Moord op 3 vir ‘n inbraak is nie reg nie. Die inbraak was ook nie reg nie.

marous ·

Die mense is moeg daarvoor om uitgelewer te wees juis omrede die polisie hul nie beskerm nie . Mense pleit jare lank maar dit val op dowe ore .

Vernanda ·

DÍS…nou absoluut,omdat almal,al sooo siek en sat is, van ál die misdaad en moorde in dié land!!
DÍS…nou omdat die polisie, nie hul werk doen nie!!!
DÍS…nou wanneer BOENDOE geregtigheid plaasvind,uit PROTES uit en ui FRUSTRASIE uit,want misdaad seëvier!
HOOP…maar net,dit wás die skuldiges

Andre Stander ·

So, na “angstige oproepe” reageer die polisie so vinnig dat hulle op die perseel arriveer om baie bloed, 3x dooies en a skare wat reeds uitmekaar is – op af te kom..?

Klink vir my soos 20 minute…

jaco ·

ek verstaan iets nie lekker nie: die SAPD behoort mos flink misdaad te bekamp in gebiede waar meestal van hulle eie mense (Ramaphosa se “our people”) woon. As mens so luister na al ons regering se anti-wit uitsprake, moet dit eintlik net sleg gaan met wit mense en nie met swart mense nie.
So nou wonder ek maar net: hoe sorg “our people” dan so swak vir “our people”?

kobus ·

Dan vra hulle mense met inligting moet n polisie stasie bel hoe onnosel wil hulle wees ,lagwekkende klomp serios

Dries du Toit ·

Dit is so frustrerend as julle na n lang getik besluit. Gooi uit

Liberaal ·

Die aanvallers se regte sou beskerm geword het, sodat hulle weer aanval, elke keer almeer geweldadig, naderand moord, en dan sou liberale wette hulle eers oppas. Drie aanvallers dood, maar hoeveel toekomstige lewens gespaar?

Dirk ·

In n beskaafde samelewing sal dit nie gebeur nie. SA is vanaf 2002 besig om te verval na n derde wereld land, SA is misdaadgewys, tans die vierde gevaarlikste land in die wereld, SA is ANC country en mob justice is n redelike algemene verskynsel, nie net in townships nie, maar ook op treine, op busse, taxis ens! Dit gaan rof daarbuite, daarom bou solidariteit mure en nie brue nie!

Realis ·

Kry net jou datums reg. Die verval het begin toe die Drie Enige God uit die aanhef van die grondwet gehaal was. Daar somewhere in die tagtigs toe hulle die regering in kamers opgedeel het.

Danie ·

my seun is in Pretoria naby Uniegebou gekaap met regte polisie van so hoe vertrou ek di polisie???????

Abe ·

Al is die polisie hoe treurig, geen vorm van die gereg in eie hande neem, kan ooit goedgepraat word nie.

Abe ·

Om die gereg in eie hande te neem, beteken om die gereg totaal tot niet te maak.

Sjoe ·

Die gemeenskapslede het hulle vergryp aan diewe en daardeur moordenaars geword.

Judge abe ·

Abe, daar bestaan geen gereg in daardie area meer nie. Die enigste kans op geregtigheid is as die gemeenskap hulleself beskerm.

Foxi ·

Wel, as jy daarvoor soek gaan jy dit kry. Almal is moeg vir die soort misdaad. Hulle word gevang en uitgelaat op borgtog van R50 of R100. Net om dit weer te gaan doen!
Polisie……watter polisie? Nee wat……hulle sal dit nooit weer doen nie……..

Karolis ·

Liz, ek het ‘n verskuilde drang om met jou saam te stem maar ek wil ook bysê, die regstelsel is grotendeels eerder te blameer as die Polisie.

Iens ·

Genadeloos teenoor hulle optree….. tree n slag genadeloos op teenoor mense wat net bloot op twee blanke mense afstap en hulle dood skiet. (Berig oor bakkie wat gaan staan het sonder petrol.)
Ek weet ook nie meer in die land nie.????????

jean ·

As hulle dit nie doen nie….wie anders? Die Polisie?…Watter polisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.