Drie sterf toe motor verbysteek

Lephalale

Drie insittendes van ’n Volkswagen Citi Golf is Saterdagoggend opslag dood. (Foto: Verskaf)

Drie insittendes van ’n Volkswagen Citi Golf is Saterdagoggend op slag dood toe dié voertuig ander motors verbygesteek en reg van voor teen ’n Volkswagen-sedan gebots het.

Die ongeluk het op die D3110-pad by die Mokurwenyane-nedersetting buite Lephalale in die Waterberg-streek plaasgevind.

Die bestuurder van die sedan is tydens die voorval beseer. Dit is egter nie duidelik hoe ernstig dié beserings is nie.

Die bestuurder van die sedan is tydens die voorval beseer. (Foto: Verskaf)

Luidens ’n verklaring deur die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid word roekelose bestuur in dié stadium as die moontlike oorsaak van die ongeluk beskou.

Mavhungu Lerule Ramakhanya, LUR vir vervoer in Limpopo, het intussen haar meegevoel met die geliefdes van die oorledenes betuig en die beseerde motoris ’n spoedige herstel toegewens.

Ramakhanya het ook ’n beroep op motoriste gedoen om nie roekeloos te bestuur en te jaag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wielspore ·

Tragies, nog ‘n statistiek vir ons onbevoegte minister van vervoer.
Terloopse opmerking, die voertuig is ‘n Citi Golf en nie City Golf soos in die berig.
The Volkswagen Citi Golf is a right-hand drive 5-door hatchback manufactured and marketed by Volkswagen in South Africa from 1984 to 2009 as a facelifted version of the first generation Volkswagen Golf Mk1, which ceased production in Germany in 1983.

Riaan ·

Die doel en betekenis van ‘n solide wit lyn het verlore geraak as gevolg van die onwettige verkoop van bestuurslisensies. Dit is nou net so betekenisloos soos Hou-Links.

Casper ·

Nee wat Thelsa,ons sal nooit leer nie.Kyk maar hoe ry die Taxi’s en steenkool vragmotors,as hulle wil verbygaan moet jy pad maak en dan wys hulle vir jou tekens asof jy die vark in die verhaal is.

Nozi ·

Gompie lees weer Casper se kommentaar. Hy verwys na Thelsa wat kommentaar gelewer het nie na Thesla nie, so ja, Thesla het niks met die berig te doen nie.

JM ·

Dit help nie om versoeke te rig nie, niemand luister nie. Dissipline is ‘n onbekende begrip. Neem die lisensie weg en sluit lank toe, want dit is moord! Ongelukkig word diegene steeds met handskoene gehanteer.

Bernard ·

Julle hoef nie te gaan “ondersoek” of “roekelose bestuur” die oorsaak van hierdie ongeluk was nie, dis 99.9% seker dat dit was. Die mense ry mos soos, waar en wanneer hulle wil en padreëls geld nos net vir sekere bevolkingsgroepe in ons land.
Dis tyd dat sulke tipe bestuurders en verál ook die taxi’s wat soos/waar hulle wil ry, vasgevat word en die land se wette toegepas word.
Ongelukkig maak die SAPD en Metro polisies hulleself skuldig aan presies dieselfde wangedrag.

Marius ·

Die manier van roekelose bestuur is aan die orde van die dag.

Duck ·

Dis niks anders as selfsugtige ongeduldigheid het gelei tot dit, die bestuurder van die Golf was so selfsugtig dat hy nie aan sy mede passasiers gedink het nie, geen wedersydse respek, nou is daar talle dood deur sy nalatigheid.

David ·

Ons was Kaap toe met vakansie. Daar het talle motoriste verby gesteek in die gesig van aankomende verkeer. Ons het vele noue ontkomings gehad. Die oormeerdere van dié oortreders was bakkie en taksie bedtuurders.

007 ·

Dit was insittendes en nie mense nie. Dankie MM vit die belangrike inligting.

Niklaas ·

Breindood bestuurders wat wilde kanse vat, sien ek elke week. Daar is nie maniere om dit aan bande te lê nie.

Lee101 ·

Ek het goeie mense so verloor van mense wat nie by pad reels hou nie. So laat dit vir mense n les wees. Jy kom 2de as jy nie Leer nie.

Francois ·

Vang die oortreder(as julle kan), gee hom ‘n paar dae in die tjoekie, ‘n vet boete, en vir so ‘n paar maande elke naweek nog in die lykshuis gaan werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.