Erg verwaarloosde honde in motorhuis gevind

Bloot ter illustrasie (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Wreedheid neem baie vorme aan; dit kom voor wanneer mense ʼn dier doelbewus leed aandoen en hulle siek los of selfs doodmaak, maar dikwels is verwaarlosing die ergste vorm van wreedheid, sê Reinet Meyer, hoofinspekteur van die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein.

Meyer het gereageer nadat drie uitgeteerde honde op ʼn erf in Bloemfontein gevind is. Die honde was met urine en ontlasting bedek nadat die eienaar hulle glo vir meer as ʼn maand alleen in ʼn motorhuis op die erf gelos het.

“Die motorhuis was bedek met ontlasting en urine wat aandui dat die honde baie langer as ʼn paar weke daar aangehou is.”

Werner Botha, inspekteur by die Bloemfontein DBV, sê dat hulle gereeld verwaarloosde diere inneem, “maar om ʼn jong hondjie só maer te sien dat elke been in sy lyf uitsteek, is hartverskeurend.

(Foto: Verskaf)

“Ek wonder hoe moeilik dit vir hierdie arme honde moes wees om te oorleef sonder iets om te eet.

“Sulke erge vermaering vind slegs plaas weens voortdurende voedselweiering deur die eienaar, en met hul rugmurg, heupbene en gesigstrukture wat uitsteek, het hul liggame stadig begin verteer in ʼn poging om te oorleef,” sê hy.

’n Saak van dieremishandeling is teen die eienaar en twee familielede aanhangig gemaak nadat nie een van die lede van die huishouding glo enige besorgdheid oor die welstand van die honde getoon het nie.

Die DBV sal ook, sou hulle skuldig bevind word, vra dat die betrokkenes lewenslank verbied word om troeteldiere aan te hou.

Meyer sê hulle moes ongelukkig vir twee van die honde genadedood gee. Sy sê egter dat hulle alles in hul vermoë doen om die jong hondjie aan die lewe te hou. “Ons probeer om hom nou mooi vet te maak sodat ons vir hom ʼn goeie familie kan kry. Dit is ʼn ou pragtige dingetjie en hy het die mooiste geaardheid ook,” sê sy.

  • Hierdie berig is gewysig nadat dit aanvanklik gepubliseer is. – Red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Elize ·

Doen aan hulle dieselfde. Net soos daar mense is wat nooit moet kinders he nie is dit diese;fde met diere.

Bekkie ·

Sluit hulle ook toe vir maand of 2, dat hulle kan voel hoe dit voel !

Piet parys ·

Ek sal …hom …hulle …daar toesluit en die sleutel weg gooi

domheks ·

Ek sal hulle toesluit en hulle toelaat om hulle eie ontlasting te eet vir meer as ‘n maand!

Sêmanet ·

Dis mos nou nie ‘n straf om hulle lewenslank te verbied om diere aan te hou nie! Gee hulle tronkstraf. Ek is self nie ‘n liefhebber van diere nie, maar ek sal hulle nooit honger of dors laat gaan nie. In my geval hou jy doodeenvoudig net nie diere aan nie.

Papsak ·

Sluit hom ook op vir 2 maande laat hy voel hoe dit voel sonder kos of water arme hondtjies lyk sleg maer shame

SjN ·

Onmenslik, was daar nie ook n tyd gelede n vroue minister wat haar plaasdiere ook so verwaarloos het en waarvan daar niks gekom het nie? Noem hierdie oortreders by hul name asb.

skurweberg ·

Waar is die diere aktiviste nou. Ons laat dan skepe in ‘n hawe toe met beeste wat vlek en aan blootstelling gevrek het. Daar is niks aan die regerings gedoen wat dit toegelaat het nie? Lyfstraf vir hulle wat hierdie dinge toelaat . Ook die persoon in SA wat varke op haar plaas van honger laat vrek het. Hulle ore moet oop gewette word, geen boetes moet betaal word nie.

Bolandse Nooi ·

Mense wat diere mishandel, verwaarloos of eenvoudig net nie van dit hou nie, is dikwels wanaangepaste mense met neigings van psigopatiese aard. En dit is nie EK wat dit sê nie – baie reeksmoordenaars begin by diere mishandel en doodmaak vir die plesier daarvan. Die feit dat hierdie ….e…. “mense” enige besorgdheid oor die welstand van die honde getoon het nie, laat my hulle in hierdie “boksie” plaas. ‘n Mens hoor al hoe meer van dieremishandelingsgevalle in Bloemfontein – wat gaan aan, is daar iets in die drinkwater daar?

Christine ·

Was daar geen bure in die omtrek wat die getjank kon hoor nie
Het niemand iets agter gekom op die erf van gruwels nie die peste

Adriana ·

Sluit die persoon ook so toe vir ñ maand dat hy ook in sy eie ontlasting en urine bly dat hy ook kan voel hoe die arme diere moes voel. Sulke mense hoort nie in die samelewing.

Jacobus ·

Bolandse Nooi ek het ook al opgelet dat daar baie diereverwaarlosing in Bloemfotein voorkom. Iets moet fout wees met Bloemfontein se mense.

Chantel ·

Hulle moet toe gesluit word en die sleutel moet weg gegooi word. Hoe doen jy so iets aan onskuldige diertjies.

Karoo ·

Baie dankie aan Werner Botha, die inspekteur by die Bloemfontein DBV wn span wat hierop gereageer het. Julle moet besonderse mense weet wat hierdie werk doen, dit kan en is defindetief nie maklik nie. Ek wena daar was meer “tande” dat mense, wat diere nes kinders mishandel, erger tronk straf kry. Ek wonder, wat van die diere gaan word… en hoe hulle OOIT weer mens sal kan vertrou.

Ronel ·

Ai, so vinnig sal ek in ‘n moordenaar ontaard!!!! Goeie ding ek sien nie hierdie tipe mense nie!!!

kommentaar ·

Gee hulle vir my. Asseblief gee hulle vir my. Die diere en die mense wat hiervoor verantwoordelik is. Asseblief

Charllas ·

As jy so wreed is verdien jy geen genade, jy verdien om gestening te word! Hoe doen mens dit, hoe laat enige mens so iets toe…. Hoe kyk jy hoe `n onskuldige dier stadig dood gaan van die hongers???? Kinders, diere en oumensies verdien niks behalwe liefde!
Sulke mense wat so wreeds is is gemors, skuim van die aarde

Barry ·

Alweer in Bloemfontein. Maar ek kan belowe ons is nie almal so nie.
My 3 honde en 2 katte lê langs my op die leerbank toe ek die artikel lees. My favorite hond kom juis van Bloem DBV af.

Jillian ·

‘n Oog vir ‘n oog. Sit hulle in daai selfde motorhuis en honger hulle ook so uit. Maak mens boos!!!!!!

Hasie ·

Jacobus dis nie dat daar fout is met Bloemfontein nie .Ek dink.net Bloemfontein DBV reageer net bietjie vinniger en doen wat gedoen moet word

OU SAAR ·

Ek huil nou so dat ek skaars kan sien wat ek tik…
Hoe….
Hoe op aarde noem jy jouself ń mens?
Ek het net gister gedink ek wil ons predikant vra of moordenaars en verkragters ook hemel toe gaan?
Ek voeg nou dieremishandelaars by my vraag.
Ek kan nie dink dat God sulke wrede… (genade, ek het nie eers ń woord/naam vir die goed nie) wreedaarde in die Hemel kan toelaat nie. Dis vir my ondenkbaar.
Ons God is tog ń God van liefde en vrede…
Rus sag pragdiere. Mag Jesus al sy liefde op julle uitstort en julle vertroetel soos dit hoort…

Adri ·

Kan ‘n mens sulke wesens wat dit aan diere doen, mense noem? Noem hulle name dat ons weet wie doen sulke dinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.