Drie verdagtes is Woensdag vasgetrek ná ses aanvallers met klapmusse aan ʼn boer by sy huis in Roossenekal buite Groblersdal in Limpopo aangeval het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ses gewapende verdagtes met klapmusse het vroeg Woensdagoggend lukraak op die plaashuis geskiet en te voet gevlug sonder om enige iets te steel. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Ngoepe het aan Maroela Media vertel die boer, wat volgens hom in sy laat veertigs of vroeë vyftigs kan wees, was buite die huis toe hy die ses aanvallers gewaar en hulle op hom losgebrand het voordat hulle van die toneel gevlug het. “Soos hulle gehardloop het, het hulle geskiet,” het Ngoepe gesê.
Die polisie is volgens hom onmiddellik in kennis gestel. “Die polisie se lugvleuel asook boere in die omgewing het na die aanvallers begin soek en drie verdagtes is gevolglik in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op een vuurwapen en ammunisie,” het hy gesê.
Die verdagtes, onderskeidelik 24, 27 en 32 jaar oud, is van die Praktiseer-, Ga-Malekana- en Riba Cross-nedersettings. Die verdagtes sal binnekort in die Groblersdal-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot plaasaanval, poging tot moord en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.
Ngoepe het gesê daar word nog ondersoek waar die vuurwapen waarop beslag gelê is vandaan kom.
Skiet sonder om iets te roof, dit is tog duidelik die motief is nie steel nie, maar moord.
“poging to plaasaanval”? Is dit nou ‘n ding?
Ek glo nie daar is so n klagte nie beteken dit verdagtes het n plaas aangeval indien so hoe gaan die plaas by die hof kom om te getuig hierdie klomp in blou breek my ????
Hierdie berig is n voorbeeld van hoekom die boere so aangeval en vermoor word wat as ons elke dag lees van aanvallers wat tydens n aanval doodgeskiet is hoe lanksal die aanvalle dan aanhou ,maar op hierdie oomblik kom die boere voor as sagte maklike teikens
waarom word hulle gesigte toegehou, ek dink dit is tyd dat almal hulle kan sien en op die uitkyk vir wees hulle
Presies wat ek ook se .
Ja nee! nugter alleen weet waarom hulle gesigte uit geblank word….ons wil reeds sien wie is die skurke!! Ons hoor ook nooit van watter land hul afkomstig is nie…….. en dit is waar, dit gaan nie oor diestal nie…. hulle kom met die doel om dood te maak!!!
Dit kan die saak beïnvloed as hulle identiteit bekendgemaak word voordat hulle in die hof gepleit het.
Hoekom steek jul hul weg? Hul moet vir die samelewing wys hoe lyk moordenaars!!!!
Hierdie drie is volgens die berig ‘reeds gearresteer’ so niemand het nodig om langer spesifiek vir hulle ‘uit te kyk nie’ – die Polisiewet verbied die plaas van foto’s van gearresteerde verdagtes aangesien (soos in hierdie geval waarskynlik ook) die gearresteerdes waarskynlik op ‘ n ‘uitkenningsparade’ as deel van die ondersoek moet verskyn. Indien foto’s vooraf geplaas word kan die uitslag tydens hofverrigtinge nie as getuienis teen die beskuldigdes gebruik word nie. (weens vooraf plasing van die fotot’s)
Sê ek ook mos!
Dis gaan lankal nie meer oor diefstal nie. Om iets te steel is maar net iets ekstra. Dit gaan lankal oor moord.
hoekom is hulle gesigte toegemaak???????
Gesigte mag mos nie gewys word voordat hulle in die hof verskyn het nie.
Omdat hulle weer vrygelaat word om verder te gaan moor!
Kry asb die FBI in om hierdie mense te ondersoek en ondervra. Sodat ons kan uitvind wie sit agter hierdie sindikaat. SA beskik nie oor daardie vermoee nie.
Lafhartige klomp, hoekom nie een, een kom nie, nou ses van hulle. want hulle weet een,een sal aan die kortste end trek.
Kry asb die FBI in om hierdie mense te ondersoek en ondervra. SA beskik nie oor daardie vermoee nie.
Mienie, jy sal nog hoor daar is manne by die HPG wat omtrent by alle sulke voorvalle in Limpopo met die ondersoek help. Hulle sny nie net spoor maar bekom inligting en volg dit op. Hulle het n puik rekord. Hulle werk ongelukkig met hul karige geldjies wat maar van skenkings af moet kom. Ons kan sulke ouens geldelik ondersteun. Doen dit wie ookal kan asb. Ons enigste hulp. FBI ken nie naastenby die SA toestande om hier suksesvol te wees nie. Heritage protection group is op Facebook.HPG Enigste manier om iets daadwerklik te doen vir nou. Haal die boosdoeners uit waar hul wegkruip. Ondersteun wie kan.
MM, hoekom hul gesigte verdof? Identifiseer hulle sodat boere en boere vriende hulle kan herken in die straat as hul borg kry. Jul en ons weet die staat vat nie die probleem ernstig op nie!
Poging tot plaasaanval?
Watse klagte is dit of was ek te lank uit sirkulasie?
Wil graag die hof datum weet , wil daar wees !
En vir wat word hulle gesigte toegemaak???…
Kan jy nou meer……gaan hulle sit? Of more weer losgelaat word?
Ai…stem saam dat hul gesigte ontbloot moet word aangesien meeste van die boere wat aangeval of vermoor word se gesigte en name altyd gewys word. Die mense wat gevang word moet ook so op jag gemaak word soos hul aan die boere doen!!!!!!!
daar is nie mooie suid afrika nie daar is nou mier afrika wat alles volop gemorsig op plaasmoorde.stop dit is genoeg.
Wys ons misnoe by die Curry Cup Final!!! Op plakate versprei dit via facebook!!
Tralies gaan hulle nie afskrik nie moordenaars moet uit die samelewing .. genoeg is genoeg
Ek stem saam, laat al die toekouers liewer die Curriecup boikot, en vir 80 minute bid
WAAR IS DIE ANDER 3 VERDAGTES? MAG ONS HEMEL SE VADER SY HAND UITSTEEK OOR ONS EN ONS GENADIG WEES.
Ja tralies gaan hul nie afskrik nie daar is net een uitweg doodstraf vir moordenaars
Tralies gaan hulle nie afskrik nie moordenaars moet uit die samelewing .. genoeg is genoeg
ek dink dit is tyd dat ons boere hul trekkers, trokke, en bakies vat en al die paaie van joburg , Pta en bloemfontein kom blok en strike teen die moorde, ek meen as die taxis dit kan doen , hoekom nie ons ook nie
Hou net op belasting betaal
Ek moet sê begin nou lyk of iets of iemand hierdie aanvalle beplan
Ai tog – die kriminele word beskerm deur nie hulle gesigte te wys nie.Nou kan mense nie se of hulle dalk by ander vreeslike dade betrokke was nie.Satan regeer die land.
Hierdie mense word almal BETAAL om te moor.
Hul gesigte is toegemaak omdat hulle nog nie in die hof verskyn het nie, hul name mag ook nie
bekend gemaakk word voor hul in hof verskyn het nie
Vandag die boere op die plase, more is dit ons in die stede! Dit sal nie help om te kla nie en die buiteland sal nie kom help nie. Die politikuste is lief vir hulle eie stemme en beteken vir ons ook niks nie. Ons is n nasie op ons kniee en sal self moet opstaan. Ons sal eerder ander pad kyk as om saam te staan en iets daaraan te doen. Ek is een van daai wat kla en niks doen nie, dis tyd vir verandering. Ek is woonagtig in die Wes-Kaap, is daar n instansie waarby ek kan aansluit om hopenlik n verskil te kan maak? Ek het opleiding nodig! Ons gaan dit vinniger nodig kry as wat ons dink. Die water word warm en DIE padda gaan spring!
Jy het die regte idee Morne , geen ander uitweg geen buitelandse hulp. Ons moet self iets doen. Kyk op Facebook na HPG of Heritage Protection Group en besluit of Ons eerder ons geld vir hulle gaan gee as vir organisasies wat baie praat en wynig kan doen soos bv om Malema in tronk te sit.
Daar is duidelike ‘n VERSKUILDE AGENDA agter al die plaasmoorde. Vind die BREIN wat agter hierdie hele storie sit – Hulle wil van al die boere op die plase ontslae raak so hulle doen dit stelselmatig meer en meer. Hierdie lafaards wat hulle gebruik om die vuilwerk te doen sal hulle eie ma’s se kele afsny vir R5 voel absoluut niks vir iemand se lewe nie . Hulle doen dit DEFNITIEF teen vergoeding mos te sleg om te werk en maklik om te oorreed om misdaad te pleeg en betaling daarvoor te kry!!!!!!!
Kom ons dring aan dat hulle nie borgtog kry asook weet of hulle Suid afrikaners is.
Dit word nooit gese van waar is hulle.
Morne ek hou van jou kommentaar. Ek is ‘n vrou in die Wes-Kaap en voel ook ons moet begin saamstaan en ook onsself bemagtig. Die regering gaan NIKS doen om ons te beskerm nie, ons gaan soos ‘n paar honderd jaar gelede weer in die minderheid moet begin saamstaan as ons enigsins DALK ‘n toekoms wil hê in die land wat besig is om weg te vrot onder ons. Ons kan nie meer net wegkyk en maak of ons nie raaksien wat met ons mense gebeur nie! As daar dan nou ‘n burgeroorlog moet kom, dan moet dit nou maar. Ons is keelvol!!!
Dit is ‘n wonderlike rede wat gegee word om hulle gesigte toe te hou, wat van die wit mense wat dade doen,maar hulle gesigte word gewys.
Flou verskoning. Jammer die gereg is net aan die kant van sekere misdadigers.
Die klomp doen dit vir ‘n paar stoppe en ‘n vinnige “fix”
Nee hoor, hulle was dan op die plaas. (wat soek hulle daar..omgemagtige betreding).. hulle het vuurwapens op die boer gerig en geskiet (attempt to cause bodily harm)…. onwettig in besit van vuurwapen/s en ammunisie en tog word hulle gesigte “toegemaak” terwyl ons daagliks selfs op Maroela moet kyk na verminkte liggame van boere en weerlose vroue wat ‘n speelbal van geweld geword het. Wys die publiek hoe hulle gesigte lyk, want per gelukkie mag hulle dalk net daarin slaag om te ontsnap…. dis net siek….
Stuur al hierdie nuus oor hoe die regering ons sistematies wil verwyder aan die buitelandse media, NGOs ens. Laat ons begin buitelandse hulp vra om met die regering te praat!
Hoekom kon hulle nog nie uitvind wie die mag is wat agter al hierdie aanvalle skuil nie. Wonder of dit nie ons regering self is nie
‘n Klompie jare terug het ek verneem dat mense aan sekere toetse onderwerp word alvorens hulle by een of ander groep misdadigers mag aansluit.
Hoekom hierdie geweldig baie plaasmoorde?
Is dit dalk moontlik dat hierdie plaasaanvallers twee toetse moet slaag om een of ander voordeel te kan ontvang? Hulle moet eerstens ‘n gruwel misdaad op ‘n plaas pleeg, en tweedens moet hulle daarin slaag om suksesvol te ontsnap!
Kan dit wees?
https://letabaherald.co.za/44957/die-het-weggelei-glo-georges-valley-roof-slagoffer/
Mense dit gebeur so vinnig. Hulle het ons kluis uit die muur uit geslaan sondag en ek se julle ek Dank die Vader Hyt my da weggelei anders het daai sindikaat van tussen 5-10 my en my 3kinders oorrompel.
Ek dink dit is n skande dat soveel onskuldige mense uit gemoor word. Kan daar nie iets aan gedoen word nie? Ek het n oplossing daarvoor en dit is bring terug die dood straf , dit is aleen wat sal help! Stop al hierdie moorde!!!!!