Drie vas oor ongeslypte diamant

Ongeslypte diamante (argieffoto) Foto: SAPD

Drie buitelanders, onder wie ook ʼn polisiebeampte, sal Dinsdag in die landdroshof in Mmabatho, Noordwes, verskyn op aanklag van die onwettige handel in ongeslypte diamante.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het die polisie Maandag te wete gekom van onwettige diamanthandel in Mahikeng.

Die Valke het ʼn dag later tydens die transaksie toegeslaan en drie verdagtes in hegtenis geneem.

“Die verdagtes het na bewering ʼn ongeslypte diamant verkoop en ʼn afbetalingsbedrag van R20 000 aanvaar. Die diamant is glo vir R100 000 verkoop,” sê Rikhotso.

“Die polisie het beslag gelê op die diamant en die voertuig wat in die pleeg van ʼn vermeende misdryf gebruik is,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek se altyd aan wie behoort diamante ,dwelms is ‘n ander storie maar as ek n Diamant op my grond kry aan wie behoort hy en hoekom kan ek hom nie verkoop?

Manie ·

Stem saam. ‘n Sekere geld kabaal in SA duld egter nie kompetisie nie.

Casper ·

Nee die regering sê dit is hulle diamante want jy het nie prospekteer regte nie.

Harley Davidson ·

Ek dink dit is ‘n wet wat die Diamant baronne ingebring het om hulle belange te beskerm.

Grassie ·

Die diamantbaronne waarvan Harley hierbo praat het 124 jaar gelede die Britse weermag hierheen laat kom en ‘n driejarige bloedige oorlog teen die Boere gevoer. Toe hulle nie kon wen nie het hulle die Boere se vrouens en kinders in helkampe gestop waar meer as 27000 van hulle dood is en die Boere het oorgegee. Hulle het dit alles gedoen vir die blink klippies en geel metaal wat op die boere se land was. Hulle het geen ander nut vir die land gehad nie. Elke diamant wat hulle vandag nog ontgin is m.i, ‘n bloeddiamant, die bloed van 27000 onskuldige vroue en kinders.

Kurt ·

Hoop die polisie weet hoe n regte diamant lyk. Daar is tans soveel slenters”fake” stene wat rondloop en dan is dit nue onwettige handel nie. Dalk poging tot bedrog op die meeste. Al die polisie diamant takke is toegemaak en die wat geweet het hoe n regte steen lyk is almal weg (met hulle????)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.