Dringende optrede teen brandstigters geëis

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Dit het aan die lig gekom dat brandstigters verantwoordelik was vir verskeie van die verwoestende brande wat die afgelope week tot groot skade in die Vrystaat gelei het.

Die brande wat onder meer tussen Bultfontein en Bloemfontein asook tussen Theunissen en Welkom gewoed het, het tot grootskaalse verliese vir die landbousektor gely.

“Die VF Plus dring daarop aan dat die Vrystaatse polisiekommissaris, Baile Motswenyane, alle moontlike hulpbronne inspan om die skuldiges op te spoor en om genadeloos op te tree teenoor brandstigters in die provinsie,” sê Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus.

“Boere en hul werkers moet hul lewe en eiendom in gedrang stel om vure in bitter gevaarlike omstandighede te blus.”

Van Niekerk sê landbou is tans die mees riskante beroep met vele faktore wat geweldige druk op die sektor plaas. Hoë insetkoste en beurtkrag het reeds veroorsaak dat aartappels en eiers rekordpryse behaal en plaas geweldige druk op verbruikers en die land se voedselsekuriteit.

“Die VF Plus bedank boere wat dae aaneen vir die afgelope weke veg om vure te blus en spreek sy simpatie uit met diegene wat eiendom verloor het en ander skade gely het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Miskruier ·

Dieselfde het gebeur in Limpopo. Ons sal die gevolge op die winkelrakke sien.

Marthinus Johannes ·

Daardie oneettige (mag hulle nie name noem die) wat met hul honde loop en jag, of daardie wat kortpad vat deur die plase, hul loop en skiet hul stompies in die veld. Ander steek die die veld aspris aan die brand wat feel is van -raak onslae van die Boer veldtog. Droë gras EN hout se “ignition point” (self aan die brand slaan) is 600 grade Celsius waar ons hitte golwe 35 -48 max is.

Anel ·

Volgens my is dit net die anc se manier van verskroeide aarde toepassing. Die boere wil nie van hul plase af nie, wil nie verkoop nie en so wil die anc hulle wegkry. Selfde met die voëlgriep. Dit is maar my opinie, maar ek dink nie ek kan baie verkeerd wees nie. Die lot kan nie verder dink aan al die gevolge nie. Maar nou ja. My hart gaan uit na ons boere.

Papsak ·

Die anc like swart verskroeide aarde om hulle lewe mos so maar dink nie wat hulle aan ander doen groot skades nou skiet alles weer die hoogte in dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.