Duisende woon SA’ner se begrafnis in Israel by

Eliyahu David Kay is in Jerusalem se Ou Stad doodgeskiet. (Foto: Facebook)

Duisende mense het Maandag die begrafnis van die Suid-Afrikaans gebore Eliyahu Kay in Israel bygewoon. Kay is Sondag noodlottig gewond toe ʼn militant van die Palestynse Islamitiese Hamas-beweging in Jerusalem se Ou Stad op mense losgebrand het.

Die roubeklaers, van wie meeste jongmense en soldate is, het by die begraafplaas in Jerusalem bymekaargekom.

Die 26-jarige Kay was op pad na die westelike muur toe hy geskiet is. Hy is ná die aanval na die Hadassah-hospitaal in Jerusalem gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Nog ʼn siviele burger en twee polisiebeamptes is in die aanval beseer. ʼn Palestyn het glo sy wapen – ʼn soort submasjiengeweer – onder sy klere versteek voordat hy losgebrand het. Die skieter is ná die voorval deur Israeliese veiligheidsmagte om die lewe gebring.

Omer Bar-Lev, minister van openbare veiligheid in Israel, het gesê die “voorbedagte aanval” is gepleeg deur ʼn lid van Hamas wat in die Shuafat-buurt in die ooste van Jerusalem gewoon het. Die Ou Stad in die oostelike deel van Jerusalem is die gebied waarop Palestyne aanspraak maak as die hoofstad van hul toekomstige staat. Israel het Oos-Jerusalem in 1967 ingeneem en geannekseer.

Hamas, wat oor die Gasastrook regeer, het die aanvaller as Fadi Abu Shkhaydam geïdentifiseer. Hulle het hom gelukgewens en gejuig oor “die voortsetting van die stryd om Jerusalem te bevry”. Baniere ter ere aan Abu Shkayhdam is op Hamas se Al-Quds-TV-kanaal vertoon.

Brittanje het Vrydag gesê hy is van voornemens om in die VSA en die Europese Unie se spoor te volg om ʼn algehele verbod op Hamas te plaas as ʼn terreurgroep, omdat dit “nie moontlik is om te onderskei tussen die Islamitiese politieke en militêre vleuels nie”.

Kay het as ʼn toergids by die westelike muur gewerk – die heiligste plek waar Jode mag bid. Shmuel Rabinowitz, rabbi van die westelike muur en Kay se werkgewer, het hom beskryf as “ʼn oulike jongman wie se lewe voor hom uitgestrek het”. “Hy het moeite gedoen om almal vriendelik te groet, ongeag hul geloof, godsdiens of oorsprong.”

Intussen sê Rolene Marks, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Sioniste Federasie (SAZF) dit is reeds meer as 24 uur sedert Kay se afsterwe en steeds swyg die Suid-Afrikaanse regering en die departement van internasionale betrekkinge. “Daar is geen boodskap van berou vir die familie of die oorledene nie. Die aanval word ook nie publiek veroordeel nie,” sê Marks. “Ons doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering om openlik dié gruwelike aanval te veroordeel en bystand en ondersteuning aan die familie van die oorledene te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jackie ·

Niemand so blind soos die wat nie wil sien nie en niemand so doof soos hulle wat nie wil hoor nie. cANCer

Oljetter ·

Hoekom sou die regering die moord veroordeel? Hulle is vurige ondersteuners van Hamas en is n terreurgroep in eie reg gemeet aan die doelbewuste vernietiging en plundering van ons land, mense en wet en orde. Satan veroordeel nie sy bose magte nie.

Johan ·

Duisende word in SA vermoor elke jaar, hoekom is dit nie nuuswaardig nie. Ek hoor ook nie dat iemand die ANC aanvat daaroor nie. Wat maak Israel nou so spesiaal dat almal diè moord moet veroordeel.

Shakespeare ·

Wees bang ANC. Baie bang. Wie ‘n vyand van Israel is sal deur God vermorsel word.

Johan ·

Waarvan praat jy? Die soiniste is definitief nie die Israel waarvan die bybel praat nie. Net nog bewys hoe sleg julle die Bybel geskiedenis ken en vandag toepas….ek skaam my vir jou. Maar nou ja, die pad is breed.

Leon ·

Ons bid net Here sien asseblief die onreg, die onberou, die haat en ongeregtigheid van ons leiers, verlos ons want net u kan, gee ons geregewant net u kan.

Johan ·

En dis nou die dieslefde Palestyne wat blykbaar onderdruk word deur Israel volgens ons GELIEFDE regering. Pateties!!!

Anel ·

En ons wonderlike regering is so stil soos muise. Kry seker lekker tot in hul kleintoontjies!! Ons regering bewys net elke dag meer en meer dat hulle terroriste is.

madels ·

Die regering is pro Hamas. Vergeet dat hulle ooit iets sal sê, en ook dis mos n wit man wat dood is.. dubbel probleem

Chris dupreez ·

Nog steeds is die anc / eff regering se bekke tjoepstil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.