Durban se Goue Myl stil, leeg

(Foto: Verskaf)

Die gewilde Funworld-pretpark in Durban het Maandag, ná 75 jaar se strandvermaak, sy deure finaal gesluit.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn stryd met die eThekwini-munisipaliteit, wat die grond besit waarop die pretpark al dekades lank bedryf word, dit vir Funworld-eienaar Nic Steyn onmoontlik gemaak het om die pretpark in bedryf te hou. Steyn was die derde geslag van sy familie wat Funworld bedryf het.

Volgens die DA kan die sluiting van dié ikoniese pretpark – en ʼn gebrek aan daadwerklike planne, begrotings en formele tydraamwerke om die gebied te herontwikkel – as een van die “beduidendste en mees katastrofiese verliese in dekades” vir die stad se toerismesektor beskryf word.

Vervalle strandgeriewe, onbruikbare munisipale openbare kinderswempoele en ʼn algemene verval van die hoofstrandfront in Durban is Maandag tydens ʼn oorsigbesoek van die DA opgemerk.

“Hoewel dit ʼn openbare vakansiedag was, was die eens bekende sentrale strandfront stil en leeg,” sê die DA.

Sakhile Mngadi, ʼn DA-raadslid, het reeds met verskeie plaaslike sake-eienaars en die stad oor die tragiese verval vergader.

“Kommer oor die grond wat deur ʼn reeds groot hawelose bevolking oorgeneem word, is ʼn werklikheid,” sê Mngadi.

Die einde van die Funworld-pretpark veroorsaak ook ernstige kommer oor die vooruitsig vir die pretpark se werknemers en die ekonomiese uitwerking daarvan op informele handelaars op die strandfront.

“Die verdere agteruitgang van ʼn eens gewilde internasionale toeristebestemming en geen duidelike planne oor wanneer of wie die terrein mag herontwikkel nie, is ook ʼn groot bekommernis.”

Volgens die DA sal daar nou vrae aan Patricia de Lille, minister van toerisme, en Siboniso Duma, LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme in KwaZulu-Natal, in hierdie verband gerig word.

“Die onbekwaamheid en die brouwerk met KwaZulu-Natal se grootste toeristestad sal nie gelate aanvaar word nie en die DA sal alle regeringsfere gebruik om voort te gaan met die bevordering van toerisme en werkskepping.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Henry ·

En Durban Strand front is nou is sy chops. Dis sal nooit weer reggemaak word nie

My siening ·

Ja maar die ANC soek nie vooruitgang as daar nie iets vir hul sak is nie. VIR 30 JAAR vernietig hulle net en lieg as hulle monde oop gaan!

Andrè ·

Dit is maar net soos alles waaraan di cANCer raak,dit gaa ten gronde

Johann ·

Net nog ‘n voorbeeld van ‘n ANC LEGACY uit hulle Anargie Handboek. Skande

marius ·

Alles het uitmekaar gefoeter . Dit sal nooit herstel nie .

JvR ·

Ek was 1995 laas in Durban. Al die fotos daarna het my oortuig dit is nie die geld werd nie

Cherokee ·

Dan Piet. lei ek af daar is plekke wat volgens jou oortuiging, die geld werd is om te besoek sedert 1995. Plekke wat vooruitgang wys. Vertel meer.

Papsak ·

Ja anc gaan nog alles uit wis onder julke wors baie se deure gesluit

Jacobus ·

Die DA mors hulle tyd om hierdie ANC surkes te probeer aanvat, spandeer eerder hierdie tyd om die massas te oorreed om nie weer ANC te stem nie. Hierdie land kannie meer gered word met n klomp kommunisiese terroriste wat net na hulle eie sakke kyk en nie n duit omgee vir die inwoners van SA nie.

domheks ·

Dankie cANCer julle vaar uitstekend! Niks moet werk of aantreklik wees nie. Alles moet in BOLLIE VERANDER! Wou die regte naam gebruik!

Hennie ·

Wie wil nou regtig nog in Durban vakansie hou? Dis vuiler en meer onveilig as Soweto….

Cherokee ·

Wanneer die kommentare gelees word, wek dit die indruk dat mense wat Durban een maal in 3 of 4 jaar besoek vir ‘n (na)week, sensasionele berigte lees en voorgee die stad te ken. Ek woon op die strandfront en stap somtyds na plekke soos uShaka vir ‘n ete in ‘n restaurant en stap laataand terug. Glad nie anders as enige gelykstaande stad in die land.

Lillian ·

My vriend, sien die groter prentjie, hierdie was maar als net ‘n manier om jou uit die pad te kry om hul eie planne in werking te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.