Die polisie het Vrydag beslag gelê op toerusting wat gebruik word om Mandrax te vervaardig in ʼn huis in Old Crossroads in Kaapstad.
“Die polisie het ʼn wenk ontvang van ʼn man wat vroeër in hegtenis geneem is vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, in ʼn verklaring gesê.
Kinana sê die polisie het ʼn dwelmlaboratorium by die huis opgespoor.
“ʼn Verdagte het uit ʼn venster ontsnap voor die polisie die huis kon betree. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.
Die polisie ondersoek ʼn saak van dwelmhandel.