Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en die posdiens, het Vrydag die Suid-Afrikaanse Poskantoor en vakbonde versoek om hul werkers te oorreed om die staking te beëindig.
Lees meerAlles vir Saterdag 11 Oktober 2014
Video: Engele op vier pote
ʼn Vrou met Parkinson se siekte wat geval het, se twee honde het haar twee dae lank aan die lewe gehou.
Gekaapte vragmotor in Brakpan opgespoor
ʼn Vragmotor wat 24 ton staal vervoer het, is in Brakpan in Gauteng opgespoor.
Gebou by Vrystaat-skool aan die brand gesteek
ʼn Gebou by ʼn skool in Thabong in die Vrystaat is Saterdagoggend in die vroeë oggendure aan die brand gesteek.
Video: Is die battery pap?
Dit is gewoonlik ‘n groot frustrasie wanneer jy op ‘n paar los batterye in ‘n laai afkom en nie weet watter van die batterye pap is nie. Suzelle wys jou in dié video ‘n baie eenvoudige en handige wenk.
KZN-polisiebeampte skiet kollega, homself
ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal het eers ʼn vroulike polisiekonstabel geskiet voordat hy homself geskiet het.
Video: Unieke museum op wynplaas
Solms Delta, ’n wynplaas in Franschhoek in die Wes-Kaap maak nie net wyn nie; hulle neem besoekers ook op ‘n musikale reis deur die geskiedenis.
Aardklop 2014: En die wenners is…
‘n Paar van die produksies wat vanjaar by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien was, is Vrydagaand vereer.
Aardklop 2014: Koos mág maar in Afrikaans “Halleluja”!
Maak seker jy kry die CD van “Koos van der Merwe sing Leonard Cohen in Afrikaans” in die hande, of probeer sy volgende vertoning bywoon.
Nóg ʼn brand by Kya Sands
ʼn Tweede brand wat Vrydag by Kya Sands in Gauteng uitgebreek het, hou glo nie verband met ʼn brand by ʼn informele nedersetting vroeër vandeesweek nie.
Vermeende sekspes in lokval gelei
ʼn Slagoffer van seksuele geweld wat haar vermeende aanvaller kon oortuig dat sy hom wou ontmoet, se moed het tot die man se inhegtenisneming gelei, het die hooggeregshof in Pietermaritzburg Vrydag gehoor.
Ontsnapte Mpuma-gevangene weer aangekeer
Een van drie verhoorafwagtende gevangenes wat uit die Belfast-polisieselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Dwelmtoerusting in Kaapstad gekonfiskeer
Die polisie het Vrydag beslag gelê op toerusting wat gebruik word om Mandrax te vervaardig in ʼn huis in Old Crossroads in Kaapstad.
Seuntjie verdwyn in see by Hermanus
ʼn Agtjarige seun word vermis nadat hy Vrydag by Schulphoek in Hermanus in die see verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Gedagte vir die dag: Ons het genade ontvang
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. (Ef 2:8)