Een dood toe tenker ontplof

Foto verskaf deur Netcare 911

Een persoon is Saterdagmiddag dood en ʼn tweede persoon is kritiek beseer toe die tenker waaraan hulle gewerk het, in Ekurhuleni ontplof het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 14:45 na die toneel by ʼn pakhuis in Jacobusstraat in Florentia, Alberton, ontbied. “ʼn Man het met sweiswerk aan die tenker begin werk toe dit ontplof het,” het hy gesê.

Een van die drie mans het noodlottige beserings opgedoen en is dood verklaar op die toneel. Nog ʼn persoon het ernstige beserings opgedoen en het dringende mediese behandeling benodig. Hy is na ʼn hospitaal geneem.

’n Derde persoon het slegs geringe beserings opgedoen en is in ʼn stabiele toestand. Hy het verdere mediese behandeling van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pieter du plessis ·

Dit is tragies,ek dink profesionele mense moet met die tipe goed werk en nie ouens op n saterdag middag by n pakhuis nie.

Koos de Meyer. ·

Weereens die bewys van onbevoegdheid. Net ‘n vonkie veroorsaak ‘n ontploffing , jy kan nie swys aan gas of brandstof tenks sonder die nodige voorsorg nie, al is dit leeg dit moet ontgas word.

Landi Maree ·

Dit is onbevoegde mense Geen opleiding. Waar is die Health n Safety
Daar is geen veskoning vir die nie.

Saint ·

By die aanskoue van die foto by opskrif was my outomatiese reaksie (sonder dat ek die berig nog gelees het) dat iemand aan n lëe petroltenk probeer sweis het.
In die (petro-)chemiese bedryf is die feit dat dit dodelik gevaarlik is, baie goed bekend.

Timjan ·

Jammer. As jy die job wil doen moet jy darem so bietjie “savy” ook toepas. Om totaal op wette en regulasies bestaan te maak is pateties. En nou gaan sy werkgewer les opsê? Van waar gehasie?

Michael P ·

Saint. ek is in die petro chemiese bedryf ek stem saam jou Hoe se die engels man there is no room for errors.

Dassie ·

Julle is goed en seker op die toneel gewees nê! Nêrens in die berig sê dit laat dit ‘n petroleum of gas tanker was nie…..? Maar julle kap klaar met hoe onnosel hulle was…..nice! Miskien was dit hoogs opgeleide manne daai ons weet nie. En daai is miskien pa’ s van kinders en eggenote wat nou weg is en beseer. Dis jammer so iets gebeur. Sterkte aan daai mense se geliefdes.

Kobus ·

Dassie ek persoonlik is in die brandstof bedryf nou Al vir 7 jaar en ongelukkig is daai n brandstof tanker so die mense is reg tweede Kan ek ook se hulle het ook nie voorsorgmatreels getref nie daai kompartement op die tanker is defnitief nie de-gas nie geheel en Al nie

Speedguard ·

@Dassie, wat anders kon die ontploffing veroorsaak het, dit is tog logies dat “iets” plofbaar in die tenl vervoer was, ek syem saam met die mens wat almal uitkreit as dom en sterkte aan die naas bestaandes !

Doom ·

@ Dassie, vir die van ons in die petro-chemiese bedryf kan jy sien dat dit ‘n petrol tenkwa is.

Speedguard ·

Dit is werklik soos om ‘n gas lek in die aand met ‘n vuurhoudjie op te spoor ! jammer aan die naas bestaandes en strerkte !

EK ·

Ons ook in petroleum bedryf. Safety was nie toe gepas en tanker was nie de -gas.

Annie ·

Dit is Jacoba Straat, Alberton Noord. Nie Jacobus Straat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.