Een vas ná 12-jarige in koeëlreën sterf

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn 27-jarige man is Woensdag op aanklag van moord by Mitchells Plain in die Wes-Kaap in hegtenis geneem ná ʼn 12-jarige meisie Dinsdag in ʼn skietgeveg tussen twee bendes dood is.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is die 12-jarige meisie Dinsdag omstreeks 11:20 by ʼn skool in Khayalamistraat doodgeskiet.

“Luidens berigte was die meisie in ʼn kruisvuur tussen mededingende bendes vasgevang en is sy deur ʼn dwaalkoeël getref. Sy is deur die mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“Speursers. Bradley Schuurman, verbonde aan die bendegeweld-eenheid, het onverpoosd gewerk om die verdagte vas te trek,” sê Swartbooi.

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Martie ·

En die verdagte is iemand uit julle gemeenskap. Jammer om te sê maar die bendes word in daardie gebiede weggesteek as die polisie na hulle soek. En miskien moet min Lamola ophou begrafnisse en hofsake bywoon en begin om die bendes uit die tronke te boender, want dis waar die eintlike oorsake is.

Simone ·

Dis baie hartseer, maar wat maak ‘n 12-jarige daai tyd van die oggend buite op straat? Sy moet in die skool wees.

Marita ·

Simone, hulle sê die voorval het by ‘n skool plaas gevind. Dus dalk was dit pouse en die lot het buite die skool in die straat geskiet. Sy was in die skool.

Ore ·

Wanneer gaan dit ophou? Wanneer gaan die gemeenskap begin saamwerk en die bendes aan die kaak stel? Vandat kriminele regte het is deure vir die mafia mentaliteit geopen. Dis kinders wat ly, onskuldig maar ou HOED is nou nêrens te siene nie want die hofsaak waar blankes by betrokke is is vir hom prioriteit. Sterkte aan die ouers.

Francois ·

Vir die mense wie se kinders so deur bendes en kriminele afgemaai word, wil ek net sê dat julle moet besef dat op die stadium beteken daardie kind van jou se lewe en jou hartseer vir die ANC en hulle vennote net mooi niks. Cele en Lamola het nou eers n hofsaak waarby rassisme beweer word, om by te woon waar hulle kan sit en niks doen. Pandor, Rhamaphosa en die ANC en EFF regeringsamptenare saam met geestelike leiers hier in SA wat openlik reken hulle is deel van Hamas, het nou eers n ander “Free, free Palestine” oorlog om te veg en ons geld op te blaas. Julle moet maar self die bende-oorlog veg en die slagoffers begrawe.

Wit Buffel ·

Ja, ek stem. Trek die tronke reg. As jy lewens lank kry so be it. Nie 25jaar nie. Jy moet net uit kom as 100% bewys word dit was nie jy of in n hout boks.
As jy n lewens lange vonis kry, bou weer n tronk op die eiland of in die woestyn. En jy bly permie in jou sell. Jy kom net n uur uit vir n bietjie offening. Jy kry sommer jou besoek ook in jou cell deur trallies. Jy het iemand se reg gevat, so jy kry net basiesse regte. n Dak,Kos, Bed, en was water. Verder kry jy niks. Want jy hoort nie in die same lewing nie….. dit sal gou die kriminele 2 keer laat dink. Want dan is jy af gesny tot jou dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.