Eerste SA teaterhoof ontvang gesogte internasionale toekenning

Dr. Marlene le Roux met die Fair Saturday Foundation-toekenning. (Foto: Twitter via @Artscape Theatre)

Dr. Marlene le Roux met die Fair Saturday Foundation-toekenning. (Foto: Twitter via @ArtscapeTheatre)

Dr. Marlene le Roux, uitvoerende hoof van die Kunstekaap-teater in Kaapstad en bekende kampvegter vir Afrikaans, kultuur, die jeug en gestremdes, het onlangs die gesogte internasionale Fair Saturday Foundation-toekenning ontvang vir haar en die teater se bydrae tot maatskaplike transformasie deur kultuur.

Le Roux, wat sedert 2015 die uitvoerende bedryfshoof van die Kunstekaap-teater is, is die eerste Suid-Afrikaner en ook eerste gestremde ontvanger van die Fair Saturday Foundation-toekenning. Die toekennings is reeds op 24 Junie by die Guggenheim-museum in Bilbao, Spanje, uitgedeel.

Kunstekaap sê in die verklaring dié Suid-Afrikaanse teater is met die toekenning vereer vir sy toewyding aan die bevordering van noodsaaklike waardes deur sy wye verskeidenheid en toeganklike programme.

Die toekenning gee ook erkenning aan Le Roux vir haar waagmoed en vasberadenheid as ʼn aktivis vir menseregte en as sosiale leier in die ondersteuning van minderheid- en kwesbare groepe, insluitend gestremde mense.

“Ek aanvaar die toekenning namens al die gemarginaliseerde individue, die stemloses en veral diegene met gestremdhede wat steeds sonder hulpbronne en deursigtig vir die wêreld is,” het Le Roux in haar toespraak gesê.

“Ons is buitengewoon trots op ons uitvoerende hoof, wat uit haar pad gaan om te verseker dat ons teater toeganklik is vir al ons uiteenlopende gehore,” het prinses Celenhle Dlamini, voorsitter van die Kunstekaapraad, gesê.

Ses organisasies uit Spanje, die VSA, Duitsland, Suid-Afrika en Rwanda het erkenning ontvang vir individue of organisasies met inspirerende projekte wat bydra tot die bevordering van transformasie deur kultuur.

Le Roux is ook in Mei vanjaar tydens die ATKV se algemene jaarvergadering by die Klein Kariba-ATKV-oord op Bela-Bela verkies tot die direksie van die ATKV-MSW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Barend ·

Baie geluk aan Dr le Roux. Maar mag mens nie weet wat haar gestremdheid is nie? Weet mens dit, kan mens net groter waardering hê vir haar prestasie.

Essa ·

Barend, ek glo nie haar gestremdheid is ‘n geheim nie. Sy het as baba polio gehad, wat gewoonlik veroorsaak het dat bene beskadig is, en die persoon kreupel gelaat is. Baie geluk met die toekenning dr. Le Roux.

Fantasties! ·

Baie, baie geluk Dr Le Roux! jy verdien dit, deur en deur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.