EFF is hier om SA te red, sê Malema

Foto: @mbedziir, Twitter

Foto: @mbedziir, Twitter

Julius Malema het Woensdag gesê sy party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is hier om Suid-Afrika te red.

“Daar kan nie ʼn EFF wees sonder Suid-Afrika nie. Die land kom eerste. Die partye moet gebruik word om die land te red,” het Malema in Reagile naby Koster in Noordwes gesê tydens die party se verkiesingsveldtog.

“Daar is ʼn verkiesing op 3 Augustus. Die verkiesing is baie belangrik. Dit is ʼn aanduiding van wat die afgelope 20 jaar bereik is. Ons moet onsself vra of die droom van 1994 bereik is, en as dit nie bereik is nie, moet ons onsself vra wat verkeerd geloop het.”

Hy het gesê die inwoners van Reagile is nie werkloos omdat daar nie enige poste by munisipaliteite beskikbaar is nie, maar omdat raadslede werksgeleenthede aan hul vriende en familie gee. “As jy nie hulle vriende of familie is nie, dan eis hulle seksuele gunsies. As jy ʼn man is, eis hulle omkoopgeld. Dit beteken dat jy nooit werk sal hê nie, omdat jy nie geld het nie.”

Malema het gesê ʼn EFF-regering sal werk verskaf aan plaaslike inwoners en toegang tot mediese dienste. “Ons gaan die sleutels van al die klinieke vat en dit weggooi, want klinieke is nie veronderstel om gesluit te wees nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg die EFF sal gratis opleiding verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Elizabeth ·

Alles sal gratis wees, want daar sal niks sal oor wees van die land nie.

JC ·

Ja nee, ons glo jou hoor!!
Die enigste party wat SA kan red, met ‘n bewese trekrekord van goeie, deursigtige, verantwoordelike en verantwoordbare regering is die DA-en daarmee se ek nie die DA is foutloos nie, indien daar gestem word vir die “rooi overalls” sal AL die mense van die land net verder in die verdriet in geneem word en verdere verarming en werkloosheid sal toeneem want “let’s face it” -wanneer die mense in ‘n magsposisie geplaas word sal dit gou wees dat dieselfde situasie as met die ANC hom herhaal en sal die land brand, en in anargie en chaos opgaan a.g.v. onbekwaamheid, vrye selfverryking, woede van inwoners agv ‘n gebrek aan verwesenliking van onhaalbare beloftes, haatspraak, eie of selfgeregtigheid en ‘n groot gebrek aan verdraagsaamhied en kulturele verdraagsaamheid, so gaan dus asb gerus voort-EN SKIET JULSELF IN DIE VOET!!!! DIT GAAN NIE HELP OM VIR DIE EFF TE STEM NIE!!

Lance ·

Dit wil ek nog sien …al wat ek op my tv sien is hoe hulle alles afbreek en brand ….wys my asb net een iets wat hulle al opgebou het asb ….behalwe die huisie in nkandla wat hulle vir n vrou gegee het …wat berig was dat die ook nou uitmekaar val ….hehe

Hendrik ·

Ek glo wat hy kwyt raak, solank daar geen binnegevegte uit breek nie, of hulle goed sal regeer sal ons eers sien as hulle n munisipaliteit oor neem.

Raad aan DA ·

Aan alle DA ondersteuners, se vir julle base hulle moet Malema se taktieke ook gebruik want dit werk goed, en as julle dit nie ook doen nie sal julle verloor. Sy geheim is eenvoudig: maak jou boodskappe gronddom eenvoudig en kort, en maak beloftes al is dit hoe onrealisties. Nie and gee om nie, die regerende party self se beloftes is onrealistiese leuns. Almal moet dit nou doen wat wil stemme kry.

Cherokee ·

Die DA en die EFF gaan koaliseer. Hulle gaan een party word en die nuwe naam sal wees DEAF.

cbc ·

Viva Malema Viva. Die enigste man ( Party ) wat die guts het om Zuma aan te vat. Stem EFF!!!

Jammer ·

Jammer om te sê maar hy gaan JOU geld en huis ook vat, alles wat my het.

Berhalet Beukes ·

Foei tog… Juju haar dan Afrikaners… Hoe dan nou? Wat maak jou EFF propaganda dan hier in ons eg Afrikaanse nuusblad?

wern ·

Die EFF se teikengroep is laag geskooldes en die sonder intelligensie, dit verklaar die opmerking van cbc (of cbc wil net bietjie reaksie uitlok).

Tim ·

Ek stem saam cbc, wiet nou kos en ‘n plek om te bly nodig?…

gatiep ·

abc ek kies eerder vir Zuma voor ek daai rooi lot sal kies wat die meeste haat het vir witmense wat ek nog gesien het.

Sarie ·

‘n Land werk net as die mense van die land werk. Bou en nie breek nie. Die klinieke kan maar sekere ure hê as daar net gewerk word as dit oop is.Die beste mense vir die werk moet ook aangestel word. Dis die kort en lank Malema glad nie rocket science nie. Maar ek twyfel of dit jou plan is.

Frederik ·

Jy het die afkorting goed gesnap. Hul belowe alles vir almal ” free “, maar iewers sal iemand daarvoor moet betaal.

Johann Marx ·

Exactly. Vat die klinieke se sleutels en gooi dit weg. Daar gaan in elk geval nie deure wees om toe te sluit nie, of vensters, of ‘n dak, of rakke, of meds, of elektrisiteit, of personeel of toonbanke nie…..Daar gaan net sulke lëe vervalle murasies staan, vol graffiti: “Dis alles Jan se skuld!!!”

John ·

Me Clinton beloof ook om almal op aarde se hartsbegeertes te vervul… self ISIS sal, so glo sy, voor haar sjarme swynel. ‘Interessante’ tye wag. Orals is mense aan’t betoog en op straat en woedend vir iemand en wagtend op redding. ‘Fools rush in where angels fear to tread’, lui die ou Latynse spreekwoord…

Rupert Ashford ·

Ek praat verlede week met ‘n Amerikaner wat my vertel “our choice in November is between a criminal and a fool”.

Kleintjie ·

Die heel eerste ding wat hulle sal doen is om van die wittes ontslae te raak. Hulle haat ons met ‘n passie en daarom sal dit soveel makliker wees om te moor. Daar is alreeds mos daarmee begin..

Jan maak n Plan ·

Dit wil my voorkom alhoewel Malema ‘n F vir houtwerk gekry het, het hy seker ‘n A vir grappies en nonsens uitdink gekry, want dis net hy en sy breinlose agtervolgers wat die storie sal glo dat hy die land sal kan “red”. Miskien is dit dalk ‘n goeie ding as hy wen, dan kan ons sommer lekker vinnig ‘n lekker burger oorlog in die land he en alles maar reg skiet.

bea ·

ag asb hy moet eerder homself red want n land kan hy nie red vir al wat hy werd is…sorry maar my vote kry hy nie solank ek lewe!! die patete wat dit wil doen moet net nie na die tyd kom huil ons huis ons grond als is weg..kry vir julle…

Berhalet Beukes ·

Juju… Waar gaan jy die geld kry om al die beloftes na te kom? Die staatskoffers is bietjie leeg hoor… Al die geldjies is nou in julle vet pense belê… Jok jy lekker vir jou mense?

snoefie ·

alles sal vernier wees het die hooggeleerdemnr malema die wit mense belowe waar hy ewe arm indie lyf met die wit tannies gestaan het. dit hit dieselfde mind daarmee hy net n paar wekies viir dit swart mense belowe het hulle sal nooit weer enige munisipaledienste betaal in wyke wat hy green het nie. WANT:- hy sal die witmense vir alles laat betaal.

Pammy ·

Mense vergeet die storie van rooikappie en die wolf ! Nou dra die wolf die rooi kappie (uniform) en rooikappie word aan die neus rondgelei !

Rynhardt ·

EFF wil SA red?? SA is klaar onstabiel en in opdrag van Anc maak die EFF hom nog verder onstabiel! Dit is net dommes wat sal glo dat EFF SA nou gaan red!

Theuns ·

Ek dink dit sal nogal heel slim wees van die Afrikaner en Witman in die algemeen maar ‘n bietjie terugtestaan en die EFF en ANC toetelaat om goed aanmekaar te spring! Laat mekaar op dinges en vernietig. As hulle goed seer gekry het en soos varke kerm wat geslag word dan vat ons die wenner aan. En as ons met die wenner klaar is sal hulle nie verder wil veg nie. Die afgryse van oorlog sal hulle tem!

Jeanne ·

Te red van WAT? Van wit oorheersing wat julle nogsteeds aan glo terwyl daar maar min regeringsposte en hoë staatsdiensposte is wat nog in die hande van wittes is. As die wittes nog die ekonomie ‘beheer’ soos julle voorgee, doen hulle dit uit privaatgeledere, hulle het maatskappye gestig en hard gewerk om te wees waar hulle vandag is, nou word hulle gedwing om dit met BEE kalante te deel. Neewat nog nooit het ek die idee gekry jy wil die land red nie, jy wil ALLES vernietig en afneem van wittes en vir JOU mense gee, ook nie vir swartes in die algemeen nie, vir JOU ondersteuners soos dit in Zimbabwe was, en kyk net hoe goed gaan dit nou daar, sjoe!

Karen ·

Julius, ek hoop van harte jy lees hier. WHAhahahahahahahaha!!!!!!!!!!!!!!!

Leona ·

Daar wag ‘n helse verassing op die wat so inkruip by die eff. Dis REEDS hulle wat so lekker sing”kill the boer,kill the farmer”.Nou dink julle vir EEN oomblik daaraan? ‘N jakkals verander van haar maar nie van kleur nie. SKRIK wakker!!!Want julle is te nooslik om wakker te WORD!!!

Hendrik ·

Hierdie plaaslike verkiesing is baie belangrik vir die wit minderhed. Ons weet natuurlik dat die drie groot partye feitlik dieselde verkiesingsmanifes het wat geskoei is op die Freedom Charter. Dws. in terme van grond, kwotas, BEE ens het hulle dieselde beleidsrigting. Wie van die 3 partye gaan die Freedom Charter deurvoer hang af van wie die meerderheid stem. As die ANC wen moet die party al sy beloftes deurvoer want die nationale verkiesing wag en die ANC kan baie stemme verloor aan die EFF. Die EFF sal sy beloftes deurvoer. Die DA sal nog meer swart stemme moet werf en sal dus ook hierdie beleidsrigtings deurvoer. In al drie gevalle sal die wit minderheidsgroep net verloor….

Daenerys Targaryen ·

Juju’tjie is by die ANC uitgeskop. Let wel nie self verlaat omdat hy beter of ander planne gehad het nie. Hulle het hom goed geleer steel en empty promises maak. Toe raak hy so voortreflik daarin dat Zumpie benoud raak dat daar vir hóm niks gaan oorbly om te steel nie……….. nee wat aanstap rooies, verbystap rooies van die wal af in die sloot in rooies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.