EFF-man eis R5 miljoen ná Brackenfell-oproer

EFF en lede van die gemeenskap raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. (Foto: ANA)

ʼn Onderonsie buite die Hoërskool Brackenfell in November 2020 – tussen betogende EFF-ondersteuners en ander lede van die publiek – het nou tot ʼn skadevergoedingseis van miljoene rande teen Jaco Pretorius gelei.

Pretorius en Luvuyo Ntakane, wat nou ʼn skadevergoedingseis teen hom instel, was na bewering buite die skool in ʼn bakleiery betrokke.

Pretorius het vroeër al skuldig gepleit op ʼn klag van aanranding en is ʼn boete van R2 000 opgelê.

Ntakane eis nou ook R5 miljoen in skadevergoeding van Pretorius, onder meer vir die beweerde skending van sy menseregte.

ʼn Aanmaningsbrief van Gardee Godrich Prokureurs, wat Ntakane verteenwoordig, lui dat Pretorius se optrede Ntakane geweldige fisieke pyn veroorsaak het. Gardee is ʼn voormalige sekretaris-generaal van die EFF.

“Jy het die familie en die land geskok. Jy het ons kliënt en sy familie getraumatiseer [en] sy naam in oneer gebring …” lui die brief.

Dit lui voorts dat die gebeure onder die aandag van “meer as ʼn miljard mense” op sosialemediaplatforms en in gedrukte en elektroniese media gebring is.

“Dit is ons opdrag om hierdie groot bedrag skadevergoeding te eis om ʼn boodskap aan jou en jou rassistiese kollegas te stuur om eens en vir altyd bedag gemaak te word op jou verkeerde gedrag en die skandelike verlede van ʼn apartheid-rassesamelewing.

“Die eis en aanspreeklikheidsaksie moet nou en in die toekoms ʼn les wees vir jou en almal wat dit oorweeg om te doen wat jy aan ons kliënt gedoen het,” lui die prokureursbrief aan Pretorius.

Jaco Pretorius is destyds aangekla van aanranding. (Foto: ANA)

Luidens die brief het Pretorius hom skuldig gemaak aan geweldige wangedrag. Die Engelse bewoording van die brief lui: “The country comes from a shameful past, the racial apartheid society where white supremacy akin to Ku Klux Klan would assault Africans unprovoked as an order of the day taught by parents from childhood.”

Ntakane eis dat die skadevergoeding binne 20 dae ná die aflewering van die aanmaningsbrief, wat op 2 Februarie aan Pretorius gestuur is, aan hom oorbetaal moet word. So nie, gaan hy voort met regstappe vir ʼn siviele skadevergoedingseis.

Die brief lui ook dat Ntakane ontvanklik is vir ʼn bemiddelingsproses, oftewel ʼn skikking, in ʼn poging om ʼn “lang en uitgerekte hofsaak” te vermy, sou Pretorius bereid wees om die saak minlik op te los. Indien hy dit verkies, moet dié proses ook binne 20 dae van stapel gestuur word.

Pretorius wou nie kommentaar lewer nie en het navrae na Millie Westley, sy regsverteenwoordiger, verwys. Westley, verbonde aan die firma Thomson Wilks Ing., het by navraag gesê sommige bewerings in die brief is uiters onverantwoordelik.

“Ek is genader vir regsadvies. Behalwe om uit te wys dat die brief lasterlike bewerings, teen mnr. Pretorius in persoon en die Afrikanerbevolking en/of wit bevolking van Suid-Afrika in die algemeen, bevat, sal ons nie in hierdie stadium enige kommentaar lewer met betrekking tot die restant van die inhoud van die brief nie.

“Persoonlik was ek geskok en met afgryse vervul toe ek lees dat wit burgers van die land, wat tydens die apartheidsera geleef en grootgeword het, gelykgestel word aan die Ku Klux Klan, bloot omdat hulle velle wit is of was.”

Hulle gaan nie in hierdie stadium op die brief reageer nie.

“Dit is net ʼn brief,” sê Westley.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hasie ·

Wat het daardie man daar gesoek behalwe geweld ? Hy het gekry wat hy gesoek het en nou is hy kamtig die slagoffer …ek kan aan iets dink om te sê om hom na warm plek te stuur .

Anel ·

Wonder wanner betaal die rooies vir al die skade wat hulle berokken? Soos dit vir my lyk het hy nie genoeg slae gekry nie.

Chris ·

Dit is duidelik dat die EFF apartheid die skuld sal gee as sommige van ons die hemel betree en andere van ons hulself in die warm plek bevind

Blikkies ·

Hoekom was die EFF daar, vir ‘n koppie Tee? Hulle het ge-intimideer en daar is gevolge vir sulke goed.

Koen ·

Ongelukkig is initimidasie nie ‘n verweer in ‘n aanranding saak nie.

TruthDealer ·

Soek n bakleiery, Kry n bakleiery, nou wil hy huil. Tipies. Soveel mense wil deesdae die slagoffer wees, al het hulself die strooi begin. Veral as daar die moontlikheid van geldelike gewin is!

Marie ·

Jaco Pretorius moet hom na Solidariteit wend vir hierdie hofsaak. Hulle weet hoe om sulke hofsake te hanteer en hulle verloor nie in die hof nie….

TRP ·

So as jy kry waarna jy soek is dit rassisties? Nee genade dit is belaglik verby, hoe regverdig mens die bedrag? Ek hoop hier kom dadels van.

Di ·

Die EFF spul skend ons blanke mense se regte elke liewe dag! Hulle is die GROOTSTE rassiste in die land maar nou soek hy skadevergoeding omdat iemand hom op sy plek gesit het?? Wys mens net die arrogansie van hierdie spul

SjN ·

Hul almal is geldhonger, duimsuig berekening is seker gebruik om by die bedrag uit te kom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ouerkommitee vergadering wat skeef geloop het.

gpsa ·

Dit work ‘n algemene verskynsel. Tart mense uit en as hulle optree dan word hulle aangekla. Is daar nie ‘n wet teen onnodige uit tart van mense nie?

Willem ·

Gee vir ons die volledige adres van die Prokureur, wat Alle Blankes, met die Klux Klan vergelyk. Dan Kan die Blankes klagtes van Naamskending teen die Prokureur Gaan le. Maak verskillende sake oor die hele land, by Elke Polisie stasie Oop. Daarna stel Elke Blanke ook n eis van R5 miljoen rand teen hom in. Dit Kan die Prokureur vir jare in die Howe hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.