Eis kan kom ná metropolisie sakeman, kinders glo aanrand

Stanley Kirton sê ten spyte van die trauma, kan hy die saak nie net daar laat nie en moet geregtigheid geskied. (Foto: Maroela Media)

“Ons stap nou die pad. Met geloof. Genade.”

Stanley Kirton weet nou nog nie wat sy kwansuise oortreding was nie. Dié bekende sakeman van Hartbeespoort in Noordwes weet wel hy is aangerand, rondgeruk, die twee kinders saam met hom in die voertuig geweldig getraumatiseer en die vrees binne hom werklik.

Hy weet ook die mense verantwoordelik hiervoor was geklee in uniforms van die Tshwane-metropolisie en hulle het in ʼn amptelike voertuig gery.

Kirton, sy stiefseun en dié se vriendin was verlede Woensdagoggend op die R511 van Pretoria na Hartbeespoort op pad toe twee metropolisiebeamptes, neffens die grens tussen Gauteng en Noordwes, voor sy voertuig ingespring het.

Dit is glo ʼn bekende staanplek vir die metropolisie.

Kirton was dus nie verbaas nie, maar hy was dadelik vreesbevange.

Hy is sowat sewe maande gelede op byna presies dieselfde plek voorgekeer, rondgeruk en in ʼn metropolisiebakkie geboender, terwyl sy aanvallers – na bewering metropolisiebeamptes – onder meer sy trouring geëis het. Hy is voorgekeer omdat hy glo oor ʼn sperstreep gery het.

Die beamptes het destyds sy rybewys gehou en volgens Kirton is hy aangesê om na ʼn vulstasie in die omgewing te ry en R7 500 by ʼn kitsbank te gaan onttrek om sy bestuurslisensie terug te kry.

Sy regsverteenwoordiger, Justin Steyn, het hom egter aangeraai om sy rybewys agter te laat en eerder veilig weg te kom.

Toe Kirton dus verlede week weer voorgekeer word, het die trauma van die vorige voorval oor hom gespoel.

‘n Skermgreep van die video wys een van die mans by Kirton.

“Ek het seker so 60 km/h gery toe een voor my inspring. Ek het geskrik en na links uitgeswaai. Ek het die situasie herken …”

Weens sy vorige nare ondervinding en omdat hy die twee tieners by hom in die voertuig gehad het, het Kirton nie dadelik stilgehou nie, maar sowat ʼn kilometer verder by ʼn perseel met ander mense. Die twee beamptes het kort daarna opgedaag.

Kirton sê hy is aan sy broek en baadjie gepluk en op die grond neergevel. Hy maak steeds van ʼn kruk gebruik weens die besering wat hy tydens die val opgedoen het.

“Hulle [die beamptes] was intimiderend en arrogant. Hulle laat jou skuldig voel, al weet jy nie eens oor wat nie,” sê hy.

‘n Skermgreep uit die video wys ‘n gedeelte van die onderonsie.

Die twee tieners het albei video’s en foto’s met hul selfone van die gebeure geneem en terwyl Kirton in die voertuig na sy tydelike rybewys gesoek het, het die beamptes hom glo gedreig dat hy “in die tronk gaan slaap”.

Een van hulle het ʼn stel boeie, met iemand anders se bloed nog daarop, uitgehaal en Kirton glo daarmee gekrap. Hy is na bewering ook met die metropolisiebakkie se sleutel op sy arms gekrap en sy kneukels is steeds vol rowe van die val.

Die tieners is ook met inhegtenisneming gedreig en beveel om op te hou om video’s te neem. Een van die mans het die jong meisie volgens Kirton teen die bors geslaan en die selfoon uit haar hande geklap. Sy het kopgehou, haar selfoon opgetel en verder verfilm.

Kirton kon intussen een van die beamptes oortuig om met Steyn op die foon te praat, maar die beampte het geweier om sy naam of rang te verskaf. Dit was ook nie op enige van die beamptes se uniforms sigbaar nie.

Steyn kon ten minste reeds hulp by die Hartbeespoort-polisie ontbied – veral om die kinders na ʼn veilige omgewing te neem – en Kirton het beloof om agter die beamptes na die Erasmia-polisiestasie te ry. Skaars ʼn paar meter weg, het die beamptes egter weer stilgehou en uitgeklim.

Hy vertel die mans het uit die bakkie geklim en hom gevra of hy nie ʼn koeldrank vir hulle het nie. Hulle wou glo ook weet waarom hy “altyd so moeilik is”. Die beamptes het volgens hom ook gesê die saak kan nou met ʼn R5 000-betaling “geskik” word.

ʼn Polisievoertuig van die Hartbeespoort-polisie het in dié stadium opgedaag, nadat Steyn vroeër die polisiestasie gekontak het, en die metrobeamptes het Kirton en die kinders aangesê om “net te ry”. Die polisie het glo nie ingegryp nie.

Kirton en die kinders is daarna dadelik na die polisiestasie waar hulle die voorval aangemeld het.

Skadevergoedingeis

Kirton se bebloede arms na die voorval. (Foto: Verskaf)

Kirton, ʼn voormalige sakeman van die jaar vir Hartbeespoort en iemand wat jare lank in die toerismebedryf betrokke is, sê die situasie kan nie toegelaat word om voort te duur nie. “Hoeveel ander mense het hulle al so voorgekeer?

“Ek is heeltemal getraumatiseer en op ʼn manier vrees ek vir my lewe. Iemand moet optree, en as dit dan ek moet wees, sal ek dit doen. Vir Harties, vir die toerismebedryf.

“Ek is kwaad. Ek is kwaad dat die kinders ook hierdeur moet gaan. Ek wil hê geregtigheid moet geskied.”

Albei kinders het reeds berading ontvang en Kirton ook.

Hy kry steeds trane in sy oë as hy aan die voorval dink, sê Kirton, maar hy is vasbeslote om die saak nie daar te laat nie. “Ek wil hê geregtigheid moet geskied.”

Kirton beoog nou om ʼn skadevergoedingeis weens onder meer intimidasie en viktimisering teen die metropolisie in te stel. Geld neem nie die trauma weg nie, maar daar moet ʼn einde aan die teistering van wetsgehoorsame burgers gemaak word.

Hy sê hy is uiteindelik nie ʼn boete opgelê nie en ook nie in hegtenis geneem nie – net aangerand. Hy sê motoriste kan dalk later “regsit met die kontant” omdat hulle eerder nie deur só ʼn situasie wil gaan nie. Dit sal beteken die optrede gaan ongebreideld voort.

“Ek weet nou nog nie wat my beweerde oortreding was nie …” sê Kirton.

  • Die Gautengse polisie het ʼn navraag oor die voorval ontvang en het onderneem om terugvoer te gee wanneer moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Vonkprop ·

Ek is ook so paar weke terug in Sandton afgetrek en wat my opval dat hierdie tipe dadelik arrogant is. Hulle beskuldig jou dadelik van iets wat jy nie gedoen het nie. Hulle identifiseer hulleself glad nie. Ek is beskuldig dat ek gejaag het en hom amper omgery het. Hy het ook eers gewag dat ek amper verby hom is voordat hy eers sy flits gelig het om te wys ek moet aftrek. Toe word ek vals beskuldig dat ek gedrink het en ook op ‘n baie agressiewe manier vir my gesê dat as ek oor die limiet is word ek net daar in hegtenis geneem. Natuurlik het ek niks gedrink nie en die tweede metro ou met die blaasmasjien was meer rustig en beleefd en toe die masjien van hulle niks optel nie toe is ek laat gaan. Die eerste metro ou het arrogant gebly maar hy kon toe sien hy veg ‘n verlore geveg. Ek het maar net heeltyd kalm en beleefd probeer bly al borrel die woede hier binne jou.

Ina ·

Ons het ook n onaangename ondervindig op die stuk pad ervaar. Verkeersbeamptes het van vooraf beduie dat ons van die pad moes aftrek. Hulle het ons meegedeel dat hulle my man moet arresteet aangesien hy op n sperstreep verby gesteek het. Na n lang gedprek het hul ons laat gaan. Ons is nou te bang om die spesifieke roete te gebruik.

Harley Davidson ·

Dit is die probleem bang vir alles geen meer staan sterk nie.

Vonkprop ·

Dit gaan nie oor hoe sterk jy is nie. Dit gaan oor magsmisbruik. Kom ons kyk hoe sterk staan jy tussen 5 van hulle.

Koen ·

Staan sterk, ou bul. Wil sien hoe jy dit gaan hanteer. Neem ‘n video.

Kobus ·

Nog ‘n saak vir Gerrie Nel. Roer die wit waks uit hulle uit.

Frank John ·

Beki Cele en sy polisie mag is niks anders as ‘n rampokker bende en die metro polise is ook deel daarvan. As Rampies niks daaromtrent doen dan is hy die hoof van die hele spul.

KatjieDeKat ·

Laat my dink aan die padrowers van honderde jare terug in Engeland. They were called “Highwaymen”.

Dries ·

Ek reken hierdie is erger as op strande tydens Covid. Hoed skitter in sy afwesigheid.

Harley Davidson ·

Ek hoop die media gaan hierdie kriminele net soveel blootstelling gee soos vir Jaco Swart en ek hoop die sterk mense daarbuite gaan ook tik tok videos maak van die kriminele en hulle uitdaag en slae belowe

KatjieDeKat ·

Klink reg. Hulle is almal dieselfde lae gemors. Hoegenaamd geen verskil nie.

Koos 100 ·

En so help Covid hulle ook nog, want hulle dra maskers in die buitelug, om identifiseering moeilik. Hierdie ouens se karre het trackers op. Duidelik stel TMPD nie belang om teen hulle op te tree nie.

Di ·

Hierdie gemors hoort in die TRONK, nie in uniform nie. Meerderheid in UNIFORM is MISDADIGERS! Pas so reg by ons korrupte regering. DAGVAAR die rook uit hulle uit

Kokerboom ·

Die spesie “metropolisie ” word ‘n probleem in die land. Dringende aandag nodig!!!

Johan ·

Ja, maak dit toe. Sluit die deure en dank die klomp metro af.

Herman L ·

Hierdie tipe boewery sal nie stop nie, tensy die skuldiges strafregtelik vervolg word of eise teen hulle persoonlik ingestel word. Maar wat is die kanse?

Jr ·

Maar die koerante sal die insident van die wit ou wat die swart tienergeslaan het melk vir alles wat dit werd is om koerante te verkoop. Touche both wrong, but handled differently

JohanR ·

TMPD is die grootste gemors en druiging op die paaie van Gauteng! Het nog net een keer met die varke te doen gehad, en hoop nooit weer nie!

Perdeby ·

Eis ‘n bitter groot bedrag en dagvaar ook die persone indien hulle bekend is in persoon, dalk stop dit dan.

Swerwer ·

Laat Cele en sy wonder SAP mag maar verby kom en hoes pappie!

Magda G ·

Hierdie saak gaan ook net toegesmeer word. Arrogante goed

Juan ·

My vrou en vriendinne was ook daar af getrek met dieselfde verskoning. Dreig om jou to te sluit omdat jy kwansuis oor n wit lyn gery het.

Korrelkop ·

Die “weerligstrale” is te groot vir hulle skoene, man!

Althes ·

Ons soek geregtigheid vir mnr Kirton. Dit wat met hom gebeur het, is misdadige en gewelddadige optrede. Hoe kan sulke beamptes ons land se burgers beskerm?

Kadotjie ·

Hoekom word die voorval nie op die TV se nuus uitgesaai soos die voorval nou van die wit man wat die swart arrogante seun aangeval het nie. Wat is die verskil hier? Dieselfde soort situasie maar omdat dit ‘n swart man is wat ‘n wit man aanval, word daar geen bohaai van gemaak op die TV nie. So word rassisme net aan die een kant van die samelewing toegedig. Ek hoop Mnr Kirton dagvaar hulle vir miljoene want hulle hoort nie in daardie uniforms nie maar in ‘n oranje pakkie.

LANA is ELANè ·

Kriminele, dit maak mens doodbang om die paaie aan te durf!

Harley Davidson ·

Hoekom is die metro polisie man nie gearresteer nie wat is die verskil tussen wat hy gedoen het en die Groblersdal insident?

Keelvol ·

Hoe vinnig vat almal sy kan….. dink sy optrede was ook nie reg nie. Seker n houding gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.