Ekskêrel laat vaar borgtogaansoek

Ngcebo Thusi en Ntokozo Xaba (Foto’s: Facebook)

Die jong man wat van die moord op sy voormalige meisie, Ntokozo Xaba, verdink word, het Maandag sy aansoek om borgtog in die Pretoriase landdroshof laat vaar.

Ngcebo Thusi (23) staan tereg op aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg nadat Xaba se liggaam vroeër vandeesmaand ná ʼn kuier met vriende by ʼn huis in Pretoria-Tuine gevind is. Thusi was glo die laaste persoon om saam met Xaba gesien te word voor haar dood.

Die twee jong mense was ten tyde van die moord albei studente aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Pretoria en was voorheen in ʼn verhouding.

Xaba se lewelose liggaam is die oggend van 2 Februarie met veelvuldige steekwonde gevind toe haar vriende ná die huiskuier na haar gaan soek het.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die aanklaer in die saak, Mashudu Nembulunge, het vandag in die hof aangedui dat die staat beoog om borgtog teë te staan, sou Thusi daarvoor aansoek doen.

Die saak is intussen tot 30 Maart 2023 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christine ·

Hy weet haar familie gaan hom uitvat. Net soos wat nou met AKA gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.