Emfuleni skuld Eskom tans R3,5 miljard

Argieffoto: GCIS

Eskom het Donderdag ʼn uitspraak teen die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Vanderbijlpark) gewen vir die R1,3 miljard wat die munisipaliteit aan die kragvoorsiener verskuldig is vir grootmaat kragtoevoer wat in 2019 gelewer is.

Die R1,3 miljard is deel van die plaaslike regering se totale skuld van R1,9 miljard vir 2019. Eskom het reeds ʼn uitspraak bekom vir R615 miljoen wat onverpoosd bly styg weens die munisipaliteit se versuim om sy elektrisiteitsrekening te betaal. Daar is reeds beslag gelê op bates van die plaaslike munisipaliteit in ʼn poging om die skuld kragtens die hofbevel te verhaal.

Daphne Mokwena, senior bestuurder vir kliëntediens in Gauteng, het gesê Emfuleni se totale skuld beloop tans R3,5 miljard, insluitend die huidige rekening van R385 miljoen wat vandag, 2 September, betaalbaar is.

“Die huidige uitspraak gee vir ons verskillende opsies om die skuld te verhaal. Ons kan beslag lê op Emfuleni se kraginfrastruktuur, wat hul substasies en kragkabels insluit. Ons kan die waarde van die infrastruktuur dan teen die skuld verreken. Ons kan ook bestaande inkomstestrome vir elektrisiteit deur middel van loonbeslag neem.”

Emfuleni is die Gautengse munisipaliteit met die swakste betalingsrekord en agterstallige skuld van meer as 30 dae vir meer as R3 miljard. Naas Emfuleni volg Merafong (Carletonville) (R570 miljoen), Randwest (Randfontein) (R510 miljoen), Stad Tshwane (Pretoria) (R200 miljoen) en Ekurhuleni (Germiston) (R8 miljoen). Mogale (Krugersdorp) het reeds ʼn betalingsooreenkoms met Eskom aangegaan vir sy agterstallige skuld van meer as R361 miljoen en is getrou in sy betalings.

“Ons bedank die Gautengse munisipaliteite met goeie betalingsrekords: Stad Johannesburg (City Power), Midvaal (Meyerton) en Lesedi (Heidelberg),” het Mokwena bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

Die ANC wat die ANC hof toe sleep omdat die ANC nie die ANC wil betaal nie! Hoe belaglik is dit nie!

pieter ·

Ek betaal stiptelik elke maand my rekening ,
Wat maak hulle met die geld ? .

Nette ·

Hoekom kan ons nie direk aan Eskom betaal nie, sny die munisipaliteite heeltemal uit. Ek is skaam om te sê ek bly in Randfontein want ons ou dorpie val uitmekaar uit.

Hardekwas ·

Ek kry skaam om te sê ek is van suid afrika, muishond land, boewe paradys, krimineel empire, land van die verdoemdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.