
Argieffoto.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê erge donderstorms word Maandag landswyd in verskeie provinsies verwag.
Dithuso Mogapi, ʼn weervoorspeller, het gesê daar is ʼn 60% kans vir donderstorms in Gauteng, die noordoostelike gedeeltes van die Vrystaat, die oostelike gedeeltes van Noordwes, die hoëveld in Mpumalanga, die suidelike gedeeltes van Limpopo, en westelike gedeeltes van KwaZulu-Natal.
Mogapi het gesê die weerstoestande sal na verwagting teen Dinsdag in die betrokke provinsies begin opklaar, behalwe in Gauteng waar daar ʼn 30% kans vir reën voorspel is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Aanvalle soos hierdie van Ds. Pienaar moet vir elkeen van ons n oogwakker wees. Kom ons kyk maar net hoe word ons ” kuiermense” van die sypaadjies af geloop. In die winkels word ons erg stief behandel asof ons saam met die katte vis gesteel het. Ons ‘ kuiermense ‘ vergaan in die plakkers kampe en daar word te min gedoen om hulle te help. Is dit dalk moontlik dat Solidariteit my kan help met n idee wat ek het om bietjie verligting te bring in hierdie kampe. Daar is altyd n weg waar daar n wil is. Wie van… Lees meer »