Eskom-bedrieër gevonnis

Michael Chimanzi. (Foto: Valke)

ʼn 56-jarige man wat Eskom uit R2,6 miljoen bedrieg het, is Woensdag in die Nelspruit-handelshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar in geheel opgeskort is.

Die hof het ook in ag geneem dat Michael Chimanzi, die enigste direkteur van die maatskappy Chimanzi Investments, al vier jaar tronkstraf uitgedien het sedert sy inhegtenisneming in 2018. Hy is op aanklagte van bedrog, geldwassery en diefstal aangekeer en op al drie klagte skuldig bevind.

Sy medebeskuldigdes, Nwabisa Ngxola en Cinderella Moropane, albei voormalige Eskom-werkers, is tans op borgtog uit en sal later gevonnis word.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Ngxola en Moropane word daarvan beskuldig dat hulle in 2013 met Chimanzi saamgespan het om bedrieglike fakture by Eskom in te dien vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Die geld vir hierdie bedrieglike transaksies is in Chimanzi se sakerekening inbetaal en het Eskom uiteindelik R2,6 miljoen uit die sak gejaag.

“Chimanzi is tot agt jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is mits hy in hierdie tydperk nie weer aan soortgelyke klagte skuldig bevind word nie,” het Sekgotodi gesê.

Benewens die inagneming van die jare wat hy reeds agter tralies is, het die hof ook bevind dat Chimanzi berou toon en uit die staanspoor skuld erken het.

Ngxola en Moropane moet op 2 Mei weer in die hof verskyn om hul lot aan te hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jacques ·

ja ja ja whatever, hierdie is die klein vissies, begin die grotes vang en opsluit. Begin by die ministers wat betrokke is. Dan sal eers glo julle neem dit ernstig op.

Madz ·

Sjo …. as al die bedrog-sake SO ligtelik daarvan afkom dan sal ek ook oorweeg om vir ‘n paar miljoen so ‘n kans te vat. As ek daar uitkom kan ek lekkkker gaan aftree met daai paar miljoene! Of nee wag… ek het vergeet dis net beskore vir sekere SA burgers.

Cherokee ·

Daai ‘of nee wag, ek het vergeet..’ raak ook oud. Probeer vars, nuwe kommentare.

Amelia ·

Hy maar geldtjies terug betaal as jy bv belasting geld skuld vir bv R100 is dit straf wat jy waarskeinlik sal kry en moet steeds betaal nie ou kry paar jaar vir miljoene Al het hy als erken so what dan mos van begin af geweet is verkeerd Verkoop als van hom en vat alle gelde weg van hom gterug na eskom met al die mense wat angekeer word en geld wat sal terug gevnd word sal eeskom dalkies gered kan word as elke ou al die geld moet terug betaal plus rente

Amelia ·

Is deur die sulkes wat land af gradeer is en almal anders behalwe die slukes wat moet swaar kry

SomeOne ·

sy kleur tel in sy guns om niks terug te betaal, huil voor die lieg en bedrieg hof en alles is ok

Genis ·

Hoe doen iemand met maatskappye besigheid … en hy is seker met sy kriminele rekord ook n direkteur… soveel rooi ligte… o j daar is nie krag nie, so rooi ligte is af…

Nie Verbaas ·

Weereens word net die klein vissies inkatrol. R2.6 miljoen is kleingeld as mens in ag neem wat werklik daar aan die gang is.

Wondermaarnet ·

Dit is om die publiek se aandag af te trek van die groot visse af.

Herman L ·

Is die R2.6 miljoen nou by Eskom? Of beskou Eskom dit as kleingeld wat nie verdere optrede vereis nie?

Papsak ·

Nou is dit nie skelm nie dan het Andre waarheid gepraat oor skelm streke in eskom ek glo hom hulle moet toe gesluit bly

Frikkels ·

Die klein vissies word gevang om te wys dat daar teen korrupsie opgetree word. Hoekom word die groot visse nie uit hulle gemakstoele in die regering gelig nie!

Nozi ·

8 jaar vir R2.6mil klink vir my die moeite werd. En as hy hom goed gedra gehoort hy een van die dae vir parool in ag geneem word aangesien hy nou al reeds die helfte van sy vonnis agter tralies deur gebring het. Ek hoop hy het sy geldjies mooi bele, dan sal hy tenminste net te sleg af te wees nie. Goed gedoen Chimanzi, jy is een van die dae ‘n vry man en wie weet, dalk teken ou rampies jou aan as minister van electricity.

Koos 100 ·

Nozi. Dis eintlik beter. 5 jaar is opgeskort. 3 jaar efektief en volgens ons stelsel moet hy ‘n derde uitdien om in aanmerking te kom vir parool. Dis 1 jaar in die tronk.

DapperWoef ·

8 jaar waarvan 5 in geheel opgeskort is?

Dis deur mense soos hy wat ons is waar ons is

Eskom verwante misdade moet SWAAR gestraf word. Miskien sal die trawante wat so saboteur en korrupsie pleeg dalk twee keer begin dink.

Blikkies ·

Uitvaagsel, daai tronkstraf beteken absoluut boggerol. Vat alles wat hy ooit besit het weg van hom af en gee terug vir Eskom. Hy moet in die gutters op eindig waar hy ander mense heen gestoot het.

Frank ·

Hoe word ‘n maatskappy tronkstraf gevonnis? (Chimanzi, sowel as sy maatskappy, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.