Eskom hersien protokol weens veiligheidsgevare, virus

(Foto: Eskom)

Eskom sê hy is steeds verbind tot die herstel van kragonderbrekings sonder dat die veiligheid van sy werkers in die gedrang gebring word, maar het steeds verskeie operasionele veranderinge aangebring om hulle beter te beskerm.

Eskom sal voortaan steeds ʼn 24 uur-diens lewer vir netwerkprobleme wat groot gebiede raak, asook by belangrike instellings soos hospitale. Hy gaan egter nié meer tegnici ná 16:00 na gewone huise stuur nie en sal eers die volgende dag aan die probleem aandag gee. Slegs noodgevalle sal nog op dieselfde dag hanteer word.

Eskom sê weens gure weer op talle plekke ondervind hy in hierdie stadium ʼn groot getal versoeke vir herstelwerk. Dit het gelei tot ʼn vertraging in sy reaksietyd.

“Terwyl hulle foute gaan herstel het, is Eskom-werkers ook al aangeval in ʼn poging om hulle te ontvoer. Dit is heeltemal onaanvaarbaar. Die veiligheid van ons werkers is ons grootste prioriteit en Eskom behou hom die reg voor om sy dienste te onttrek waar die bedryfsomgewing as onveilig beskou word,” het hy gesê.

Eskom sê hy moes ook sy bedryfsbesluite aanpas om by Covid-19-regulasies aan te pas en dat die verdere verslapping van die afsonderingsregulasies tot ʼn groter gevaar van infeksie vir sy werkers lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Niemand is nêrens veilig nie! Ons lees alles elke dag en dit raak erger. Sitting ducks almal van ons. Wees paraat en doen wat jy moet doen in gevaarlike situasies punt!

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou ‘n GROOT doring! Ek is dankbaar ek is nie meer in Eskom se diens nie. Of ‘n ontvoerder mag my SAS weermag-agtergrond teëkom…

Ben ·

Wie de ongeluk wil nou ñ Evkom werker ontvoer. ????????????????????????????

Ben ·

ñ Man alleen op ñ leer is ñ gevaar vir Covid.Haha!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.