Dr. Mazine Kekana, ʼn tandarts, se maatskappy KEKOIL en Monica Nkosi, ʼn skoonheidskundige, se maatskappy Kamoso Fuels het glo kontrakte met Eskom. Volgens die Sunday Times was albei maatskappye groentjies in die energiesektor toe hulle die kontrakte gekry het en voldoen nie aan Eskom se kriteria vir swart ekonomiese bemagtiging nie.
Kekana het glo aan die koerant bevestig dat sy diesel aan Eskom voorsien en aan die kragvoorsiener se SEB-kriteria voldoen. Nkosi het bevestig dat haar maatskappy al diesel aan Eskom voorsien het. Sy het egter gesê daar is nie ʼn “formele kontrak” tussen hulle nie.
Kekana en Nkosi se maatskappye is glo albei bieërs vir ʼn multimiljoenrand-tender om diesel aan Eskom se Ankerlig-kragsentrale in Atlantis in die Wes-Kaap te verskaf.
Die DA het intussen gesê hy sal Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, versoek om ʼn ondersoek van stapel te stuur na Eskom se verkrygingsprosesse vir diesel.
Eskom se raad het Donderdag aangekondig dat hy vier van sy bestuurslede, onder wie sy uitvoerende hoof, tydelik geskors het terwyl ʼn ondersoek gedoen word na die kragvoorsiener se sake en uitdagings.
Hulle’t seker maar geredeneer ‘n tandetrekker sal goed saamlieg? “Joggie, maak vol asseblief! Met of sonder fluoried meneer?”
Laaste vraag, kan mens dit by die mediese fonds terug eis?
Skoenmaker hou jou by jou lees
Kan gevaarlik raak. LOL
Hierdie is net die regeering se skuld, het die deure mooi vir almal oop gemaak.
Die regte aanstellings sal dit verhoed het.
Ek het regtig nie woorde nie. Wat gaan aan in ons land . Dit is skelm verby daarom se ek steeds dat Eskom geprivatiseer moet word om sulke ongerymdhede die hoof te bied. Die twee termiete is regtig waaghalse om te dink dat hul transaksie nie oopgevlek sou word nie.
Dalk het hulle ook groot tjommies in die regering of dalk weet die tandarts waar om te boor vir olie/petrol….