Eskom raadop met vandalisme in Oos-Kaap

Argieffoto van ‘n gevandaliseerde substasie bloot ter illustrasie. (Foto: Eskom)

Die toenemende voorkoms van vandalisme en skade aan infrastruktuur in die Oos-Kaap het Eskom diep bekommerd.

Dít nadat ʼn substasie in Gqeberha (Port Elizabeth) so onlangs soos Maandag om onverklaarbare redes met verskeie petrolbomme bestook is.

Talle kragpale regoor die Oos-Kaap is die afgelope ruk afgesny terwyl transformators gereeld voete kry. Intussen moet gemeenskappe vir dae aaneen sonder elektrisiteit klaarkom en amptenare van Eskom spartel om die gevandaliseerde of gesteelde infrastruktuur te vervang.

Eskom sê sy Mqanduli-kliëntenetwerksentrum moes sedert Desember al talle pale en kabels herstel of vervang wat noodsaaklik is vir klinieke, skole, die polisie en die plaaslike wateraanlegte om bedrywighede voort te sit.

“Die gereeldheid van hierdie voorvalle bring wesenlike uitdagings en uitgawes mee wat beteken dat dit langer neem om hierdie gevandaliseerde of gesteelde infrastruktuur te herstel of vervang.

“Dit is baie duur vir ons as ʼn besigheid en dit is beslis nie volhoubaar nie,” raas Eskom nou.

Die publiek word opnuut gemaan om die polisie óf Eskom te kontak indien hulle oor enige inligting oor voorvalle van vandalisme beskik.

“Dit sal die kriminele ondersoeke aanhelp en verseker dat oortreders tot verantwoording geroep word,” sê Eskom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pierre ·

sover my kennis strek, as iemand ‘n land se infrastruktuur beskadig, word dit as terrorisme gesien.

Johan ·

Dit is wat die cANCer nog altyd was…n titel wat hulle dalk met trots dra.

Phillip ·

Ek dink dis nie ons mense nie Ek dink dit is ons geliefde buurstate wat plunder daar is mos geen grense meer nie loop net oor

Janice ·

Mqanduli is reg aan die Wildekus. Jy gaan moet baie ver loop van ‘n buurstaat af.

Dries ·

Hulle loop nie, hulle ry met motors beter as myne en joune.

Faraway ·

n Koningkryk wat teen homself verdeeld is kan nie bly staan nie . . . jy oes wat jy saai

miraclealigner ·

Dis maklik, hou eenvoudig net op om die skade te herstel tot die gemeenskap self genoeg gehad het – hulle sal hulself uitsorteer en die gemors onder hulle uitdryf….

Henk ·

Die gemeenskap het iewers 4 munisipale werkers vermoor wat kabels wou herstel – was vanoggend op Nuuspod. Miskien wou die werkers onwettige verbindings ook verwyder? Ek ken nie die hele storie nie, maar die gemeenskap is net so skuldig.

Harley Davidson ·

Dit se baie van hulle bestuurstyl om ‘n probleem te identifiseer en die enigste oplossing is om die publiek te vra om inligting te gee,pas die plekke op wat kos die meeste sekuriteits personeel of die vervanging van substansies.

Kobus ·

Mantashe sal seker nou ander storie sing. Toe de Ruyter dit gesê het toe is Mantashe vinnig om hom aan te maan om op te hou polisieman te speel.

Kokerboom ·

Dis tyd dat gemeenskappe minder apaties staan teenoor infrastruktuur tot hul voordeel en gesamentlike verantwoordelikheid neem. Vergeet van President. Cele en polisie..hul leef op ‘n illusie wolkie

Dup ·

Sommiges is tevrede om in ñ disfunksionele samelewing te leef.Alles is stukkend en daar is min of geen water en elektrisiteit.As iets funksioneer moet dit dadelik vernietig word.Raar maar waar.

Korrelkop ·

Waarom nou? Julle het mos nou een van jul eie soort wat Eskom bestuur

JohanR ·

Hardloop elektrise minister, hardloop! Jou eerste taak wag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.