Molefe het tydens die kragvoorsiener se kwartaallikse inligtingsessie oor die stand van die kragstelsel gesê dat Eskom na verwagting geen beurtkrag in die winter of die daaropvolgende somer sal instel nie. “Die kragbeskikbaarheid het van 70% in Oktober 2015 gestyg tot 76% in April 2016,” het Molefe gesê.
Hy het gesê die verhoging in beskikbare krag voeg ʼn addisionele 2 500 megawatt by tot die elektrisiteitnetwerk, wat die moontlikheid vir beurtkrag aansienlik verminder. Die kragvoorsiener het vir homself ʼn teiken gestel om 80% kragbeskikbaarheid te bereik en volgens Molefe het Eskom vandeesweek hierdie teiken gehaal.
Die vermeerdering van kragbeskikbaarheid bring ook aansienlike besparing vir Eskom mee omdat die maatskappy minder hoef te bestee aan diesel om die oopsiklus-gasturbines aan die gang te hou. Eskom het sy besteding aan diesel teen April vanjaar van R854 miljoen na R20 miljoen verminder.
Volgens Molefe sal Eskom steeds van die gasturbines gebruik maak indien die vraag na elektrisiteit vermeerder.
Hy het bygevoeg dat instandhouding van die kragstelsel regdeur die winter gedoen sal word, maar dat dit wel in hierdie tyd afgeskaal sal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Iewers doen iemand iets reg met ons elektrisiteit… JZ het ook onlangs belowe daar is nie beurtkrag nie… Hoop ons!
Ja , sien is glo , dis moeilik om enige staats instansie of woordvoerder te glo in vandag se tye
Stem saam JZ het oor die nasionale nuus gesè *SA will never never ever have loadshedding again* ???
Mmm seker maar net omdat daar n verkiesing om die draai is
En daar lieg hy weer. Hy het gese nooit ooit sal daar weer beurtkrag wees nie.