Eskom sê stelsel trek swaar

Argieffoto

Eskom het gesê die risiko vir beurtkrag Dinsdag is laag hoewel die kragnetwerk swaar trek.

Luidens ’n verklaring maak die kragvoorsiener tans van sy dieselturbines gebruik om kapasiteit aan te vul terwyl gewag word vir sekere opwekkingseenhede om van instandhoudingswerk terug te keer.

Onbeplande onderbrekings het vanoggend op 13 337 MW gestaan, ’n raps laer vergeleke met Maandagoggend se 13 392 MW.

Luidens die verklaring verwag Eskom om deur die loop van die dag nog vyf eenhede tot sy beskikking te hê, wat altesaam net minder as 2 000 MW sal opwek in plaas daarvan om van sy noodreserwes gebruik te maak.

“Ons doen alles moontlik om beurtkrag te verhoed, maar ons is bedag daarop dat dit nie ten alle koste kan wees nie.

“Dit is om dié rede dat ons klem lê op die verbetering van ons instandhoudingstelsel se doeltreffendheid en daaraan werk om onbeplande onderbrekings onder 9 500 MW te hou.”

Eskom doen ’n beroep op gebruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johan Venter ·

Nou wil ek weet, waarom moet die stelsel swaartrek, hulle moet dan net doen wat Ramaphosa nou met die NUK se beraad belowe het, waar is die kragvoorsieners in die private sektor? Hy het dan hoog opgegee dat hulle daardie mense gaan betrek.

Siener ·

Hoeveel imigrante het die laaste paar jare bygekom in SA. Elkeen wil ook ‘n liggie aanskakel of kos maak. DIs waar die krag probleem is.

wielie ·

So wat het dit met ons te doen?? Is dit nou ons probleem?? Hulle weet nie hoe swaar ons trek in die land van kurupsie en misdaad. Gee hulle om ??

Ig ·

Hoekom kan Eskom nie self diesel koop en so Milarde spaar nie? Die diesel soustrein moet gestop word. Dit is dieselfde argument dat privaat sekuriteit die Polisiestasies ten duuste moet op pas.

Anoniem ·

Ek het ook dadelik gewonder of daar nou al iets aan die duur diesel gedoen is????

aj ·

Eskom sal nooit regkom nie… Alles misluk. Kyk maar na SAL ook. Alles word vernietig!

TVZ ·

Eskom is seker die enigste maatskappy wat sy klante aanmoedig om nie sy produkte te gebruik nie. My sonpanele kom die week op, kan nie wag nie!

Peetjie ·

En is die solars nie n verligting nie . Nou kan hulle maar aankarring, my solars werk ????

Frik ·

De Ruyter sê nou die IPPs sal geld moet neersit om by Eskom se vervalle transmissielyne in te skakel. Dit sal R16 miljard kos in totaal. Eskom wil verseker nie toelaat dat IPPs en groot gebruikers hul eie lyne oprig nie. Eskom kan nie meer gered word nie. Die hele sektor moet herstruktueer.

Judge Dredd ·

Mense moet elektrisiteit spaarsamig gebruik – en dan word daar vir NERSA gese dat tariewe met 18% moet verhoog omdat mense nie genoeg elektriteit gebruik om Eskom se uitgawes te dek – dit terwyl min gedoen word om Eskom se uitgawes te beperk.

Oud Rhodie ·

Toemaar Eskom. Julle is nie alleen nie. Die hele land trek swaar.

Humor ·

Afgesaag laat weet ons die dag wanneer alles normal sal verloop Dit sal ongelooflike nuus wees.

Johann cb ·

Die stelsel sal swaarkry! Bedrog en gebrekkige instandhouding word nie oornag uitgewis nie!
Die hele land trek saam swaar!

Klip inni bos ·

Ek trek so swaar ek het nie eers meer vullis om uit te sit nie!

Belaglik ·

Dank die onnodige 2000 oortolliges o. Sodoende opgraderings klaar te maak en genoeg brandstof vir die opwekkers en terbunes aan te kan skaf.

koos ·

Was dit nie Einstein wat gesê het dat net ‘n idioot die selfde proefneming oor en oor doen en dan elke keer ander ‘n resultaat verwag nie?
Eskom verwag om 5 eenhede deur die loop van die dag aan te kry, maar hoekom is hulle af?? (Selfde proefneming, ander resultaat?)

Leon ·

Haai ESKOM, weet julle, ons trek ‘n hoders keer swaarder onder beurtkrag.
Kry julle dinges in ret en kry bevoegde gekwalifiseerde tegniese personeel aanboord.

Jaco ·

Eskom ( aka die ANC) smeek ons om minder van hul produk te gebruik en intussen smeek die privaatsektor weer die regering om ons TOE TE LAAT om minder van hul krag te gebruik deur privaat kragopwekking….en hul antwoord is nee….Dis waansin!

HEKSIE ·

ja shamejulle sal swaar trek maak oop al die motorhuise se deure en kyk wie ry lamborgini’s .

Daan ·

Sny eerder Zim se krag. Hulle skuld Miljarde maar die liggies daar bly aan.

KO ·

Raak ontslae van die 60% van julle werksmag wat niks doen nie, dan sal julle nie so swaar trek nie. Die privaat sektor is klaar droog gemelk, daar is niks meer nie.

Luke ·

Ek is reg vir beurtkrag! En ek as lid van die publiek gebruik my groen brandstof stofies (Jikokoa) om krag spaarsamig te gebruik! Ek gebruik Eskom om net my selfoon te laai en yskas koud te hou! Maar dit is kopskuif, min mense veral die gegoedes kan die kopskuif maak!

Kantlyn ·

Hoekom loop Eksdom al maande op diesel ipv steenkool ??? Kan niemand meer eerlike antwoorde gee nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.