Etzebeth-neefs sal nie vervolg word nie

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Adv. Nicolette Bell, waarnemende direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, sal nie Emile en Eben Etzebeth vervolg nie, omdat daar nie ʼn vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging bestaan nie.

Emile Etzebeth (32), neef van die Springbokrugbyspeler Eben Etzebeth, het vroeër in die Hopefield-landdroshof verskyn op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit spruit uit ʼn voorval in die vroeë oggendure op 25 Augustus 2019 buite ʼn kroeg in Langebaan.

Twee inwoners het aanvanklik aangevoer Eben het hulle aangerand en rassistiese uitlatings gemaak. Ná ʼn uitgerekte ondersoek is die twee aanklagte van aanranding eerder teen Emile Etzebeth aanhangig gemaak.

Emile se regsverteenwoordigers het, ná die besluit om hom te vervolg, die waarnemende direkteur van openbare vervolging genader om die aanklagte terug te trek. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die staat het met twee onafhanklike getuies gekonsulteer. Die staat sou op dié twee persone se getuienis staat maak om met vervolging voort te gaan.

Een van die getuies kon egter nie die persoon uitken wat die twee klaers na bewering aangerand het nie. Die staat kon ook nie staat maak op die tweede getuie se oorspronklike uitkenning nie.

Adv. Bell het gesê die hof moet die inherente waarskynlikheid oorweeg om ʼn saak bo redelike twyfel te kan bewys. “Ek is van mening dat daar geen vooruitsig bestaan op ʼn suksesvolle vervolging nie. Ek sal dus nie Emile Etzebeth en Eben Etzebeth vervolg nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Malan ·

Daar moet mos iets drasties verkeerd wees met ons regstelsel as dit 2 jaar neem om so ‘n eenvoudige sakie uit te gooi. Geen wonder belangriker sake lei nooit tot vervolging nie. Groot fout.

JohnnyS ·

Stem – In Brakpan word sake sommer links-en-regs “uitgegooi” ‘n dag na verdagtes op heterdaad betrap is. Sy regsverteenwoordiger het seker maar nie die regte “taal” met die aanklaer gepraat.

Tjaart ·

Bly om te hoor dat 2 jongmense se lewens nie verwoes gaan word met die alewige en afgesaagde rassisme gesanik nie!

Blikke ·

Van die begin af gedink dis n foefie….dalk n geleentheid gesien waar nooit een was nie…

Trotse Boervrou ·

Almal het van die begin af geweet Eben en sy neef was net teikens. Kla die klomp liegbekke nou aan asb.

Gawie ·

Gaan al die mense wat so teen Eben uitgevaar het daardie tyd hom nou ook in die openbaar om verskoning vra? Ek dink nou aan veral prominente politieke figure wat hulle monde oor hom uitgespoel het . . . .

JohanR ·

Gawie hier dink ek aan Total Sport. Ek was nog nooit weer in een van hulle stoore nie. Wonder of hulle nou vir Eben jammer sal se?

piet ·

Die dronklap het nie eers gesien wie hom “na bewering” aangerand het nie toe pak hy die skuld op die eerste beskikbare bekende wit ou wat hy op ‘n stadium gedurende die aand gesien het en maak ‘n ras-storie daarvan. LOL

Alta Alleman ·

Het alreeds seker gedroom van die “mansion” wat die geld gaan koop.

Perdeby ·

Al die drame verniet oor eintlik niks nie, maar as dit anders om was, was daar nie ‘n piep geluid gewees nie.

Sarel ·

Erens….baie ver in die Waoad brsnd ‘n liggie..
Hoe lyk dit met siviele eis tedn die twee..

Janice ·

Hoeveel van die belastingbetaler se geld is gemors op die twak terwyl ernstige sake sloer???

MakersMark ·

Ja nee moet net nie Eben se Mustang met ‘n baksteen gooi nie. Daai bolie moes die manne nie gedoen het nie……

AH ·

Ek sal ook nie stilstaan en kyk hoe my Mustang met klippe gegooi word nie……

Parmantige samaritaan ·

Hy is die koning van wokeness in suid afrika.

Esme ·

Dit is wat Media Sensasie genoem word. Koppel onskuldige individue aan ‘n bekend en siedaar, jou media blaaie verkoop. Dankie tog, Maroela het dit voorblad nuus gemaak.

Dirk Mostert ·

As jy darem nie eens iemand mag regsien wat met jou skoorsoek nie. n Siek wereld.

twaalfboor ·

Ek wonder net wie is die ou “af vingertjie” op hierdie platform.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.