Etzebeth-saak: Dís waar MRK nou staan

Suid-Afrika se Eben Etzebeth vier ‘n oorwinning saam met sy spanmaat, RG Snyman. (Foto: Shuji Kajiyama/AP)

Die Menseregtekommissie (MRK) sê hy het besluit om die dokumente wat verband hou met sy besluit om ʼn klag van haatspraak teen Eben Etzebeth aanhangig te maak, aan die Springbokslot beskikbaar te stel.

Etzebeth kom na verwagting vanaand in Suid-Afrika aan saam met ʼn seëvierende Bokspan wat pas as rugby se wêreldkampioen in Japan gekroon is. Die Springbokke het in dié stadium die rugbywêreld aan hul voete, maar op tuisbodem gaan die klag van haatspraak teen Etzebeth luidkeels voort.

Die MRK, namens vier klaers, sleep Etzebeth voor die gelykheidshof vir sy beweerde gebruik van die h-woord. Dit kom ná ʼn geveg buite ʼn kuierplek in Langebaan aan die Weskus waar Etzebeth en/of vriende van hom glo rassisties opgetree het.

Etzebeth het reeds die hooggeregshof gevra om die besluit om hom te vervolg, tersyde te stel.

Prof. Bongani Majola, voorsitter van die MRK. (Foto: sahrc.org.za)

Prof. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, het Dinsdag gesê Etzebeth voer in sy hofstukke onder meer aan die besluit om hom te laat vervolg is irrasioneel en ʼn skending van die kommissie se eie prosedures.

Die kommissie het Maandag vergader en gevolglik besluit om die dokumente, waarop hy die besluit oor vervolging gegrond het, aan Etzebeth se regspan beskikbaar te stel. Die dokumente is nog nie aan Etzebeth se regspan beteken nie, maar sal so gou moontlik gedoen word, het Majola gesê.

“Hy sal dan tien hofdae hê om die dokumente te bestudeer en kan moontlik op grond daarvan besluit om sy aansoek te wysig. Weens die moontlikheid dat hy dít kan doen, het ons gemeen dit is voortydig om ʼn besluit te neem oor of ons die aansoek gaan teenstaan al dan nie,” het Majola gesê.

Die MRK sal eers ná die hofdae verstryk het ʼn besluit neem.

Majola het gesê die gelykheidshof het die saak teen Etzebeth reeds voorlopig op ys geplaas hangende die aansoek in die hooggeregshof. “Ons wag dus tot daardie aansoek afgehandel is,” het hy gesê.

Volgens hom het die MRK ʼn bespreking gehad oor die verloop van die saak en is hy tevrede dat dit aan die nodige vereistes voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

KrokodilBotha ·

Op sy tyd, jones moet ook leer horlosie lees. Goue reels

Jacques ·

Dit is belaglik . Ek sal graag wil sien waar eindig die storie en wie is nou eintlik die verkeerde een in die verhaal .

johan II ·

Lyk my die MRK is die stok waarmee die Boere geslaan moet word. Klim net in en moker wie hul sien ongeag of dit gaan slaag.

Akademi Buktu ·

MRK = Massiewe Rassistiese Kommissie (Engels: Hopelessly Racist Commission)

Mandy ·

Ai tog, plaas hy die woord hond gebruik het……of watter diertjie nou weer?

Ilze Mostertp ·

Ja. Mens mag blykbaar mense “hond”of “dog” noem. Malema hert vir Gordhan n hond genoem en daarmee weggekom

Pieter C ·

Van wanneer af is daar iets soos die “h-woord”?
Voor die Etsebeth voorval het mens net van die “k-woord” geweet.
Kan ek maar kla oor die “b-woord” ook?……nee wat, ek is trots om so genoem te word.

Michael P ·

Maar Mandy ek dink die heeltyd die h-woord STAAN vir hond LOL

JV ·

Onderwerp hulle aan ‘n Leuen Verklikker toets, dan sal die waarheid wel uitkom.
Maak my siek dat die MRK so vinnig op die man af is en ander haatsprake deur politici afmaak asof dit nooit gesê is nie. Weereens is dit ‘n bewys dat die MRK en Mandela stigting rassistiese instellings is.

Jannie van Niekerk ·

Ek stem saam. Daardie spul soek net ‘n geldmaak geleentheid en die MRK sterk hulle in hul kwaad. Die kommissie se naam moet eintkik wees: GRVWMK – Geen Regte Vir Wit Mense Kommissie

Andrew ·

Na die Malema uitspraak waar hulle (die MRK) bevind het sy (Malema se) uitspraking is NIE haatspraak nie….kan ek nie sien hoe die MRK nog enige credibility oor het nie. Die MRK is ‘n JOKE en niemand kan hulle meer ernstig opneem nie.

DS ·

Hulle soek net geld… ASSEBLIEF Eben moet nie betaal nie want dit gaan jou skuldig laat lyk. Sterkte en ek hoop regtig jy word onskuldig bevind dan kan jy die MRK dagvaar.

James ·

H woord k woord p woord d woord. Kan ons n verbande woordeboek opstel?

Bre Mercer ·

SKERP James. Lekker lag ek nou vir jou. So tussen hakkies (ek het gedink die K woord staan vir KANKER totdat dit nou verander het. Gonna, as jy darem net die NK verander is jy diep n die moeilikheid.

Andrea ·

O my genade! Ten minste leer ons almal spel met al die alfabet-woorde! Pateties en histeries. Die land is in sy maai maar hul bekommer oor woorde!

Hb ·

As n mens kyk na di onlangse MRK en gelykheidshof uitsprake dan is Eben maar inni moeilikheid. Skuldig of onskuldig

Willehond ·

Eben gaan speel vir n ander land! Daar sal jy ten minste waardeer word. Jou “tuisland” hou nie van jou nie. En jy sal goeie geld verdien!

m ·

En daar dog ek nou die H-word staan vir help of helicopter, hoe stupid van my!!

Herman Goosen ·

Die witman het nou die beker vir Afrika gewen. Nou kan ons hom skop en slegsê en sy geld vat

AndrewL ·

Dit gaan baie moeilik raak om gedurende ‘n geselskap te verstaan: Woord woord woord woord, woord woord.
Woord woord woord woord.
Eish

Sinies ·

Ons bly in n wêreld waar die kompetisie al hoe feller toeneem ten einde te bepaal wie is die grootste ‘slagoffer’ is.

Klomp patete en al hulle poppemeesters.

Basjan ·

Ek sien prof Majola van die MRK kies sy woorde nou baie versigtig voordat hy ‘n uitspraak maak. Dit laat my dink hy het nie vertroue in die beskuldigings wat reeds gemaak is nie.

barend v d westhuizen ·

almal was dronk en soos gewoonlik as n sekere ras dronk raak rak hulle moes slim maar dit is net nog n maneer om geld te kry uit in wit man as hy nie n bekende was nie sal daar niks van gekom het nie MRK is nog non klomp wat net geld soek en is nie daar vir regverdig hied nie

Foxi ·

Nee kyk………enige stupet fool kan sien dat die klaers geld gesien het. Dis al.

Puik ·

En so gaan hulle hom seker uitjou as die bokke in die Kaap draai

Delarey ·

Dis onsinnig dat die MRK hom bemoei met wat mense búite ‘n drinkplek 2h00 op ‘n Sondagoggend mekaar toesnou.

Dit motiveer my egter net weer om my bydrae vir Solidariteit te verhoog en die uitgawes in my besigheid te hersien. Ja, dit lyk my ek het toe nie laasjaar ‘n wins gemaak nie…

Sterk staan boere.
Die toekoms is nooit verby nie en die wiel draai beslis.

Susna ·

Eben ek weet nie wat jou in Suid Afrika hou nie. As ek jy was het ek land verlaat. Pak op en gaan speel in New Zealand. Dan sal ek graag wil sien wie nog die All Blacks ondersteun.

JohanR ·

As twee erg gesuipte wit ooms in die Tarentaal Kroeg een aand mekaar die “boer” word sleg se, gaan dit ook by die SAMRK uitkom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.