Candice Mama (23) was agt maande oud toe haar pa, Gelnak Masilo Mama, en die res van die sogenaamde “Nelspruit-vyf” in 1992 vermoor is. Mama se gesin het De Kock glo verlede week in die tronk besoek.
“Ek het in my grootwordjare ʼn gesig en konteks vir my pa se moordenaar gehad,” het Mama gesê. “Eugene was in die tronk en het sy tyd uitgedien. My familie het hom voor die ontmoeting reeds vergewe.” Volgens haar het De Kock ware berou getoon. “Sy verskoning het uit sy siel gekom.”
Mama het gesê De Kock was ook ʼn slagoffer van apartheid en dat hy van ʼn jong ouderdom af gebreinspoel is om te glo dit wat hy doen is reg. “Dit was ʼn verligting om te sien hy is nie boos nie.”
Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in Julie aangekondig dat De Kock nog ʼn jaar moet wag voor hy weer om parool kan aansoek doen sodat die families van die slagoffers geraadpleeg kan word.
De Kock het hom weens dade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering. Hy is in 1994 in hegtenis geneem en in 1996 in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind en gevonnis. Hy is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis sowel as ʼn bykomende 212 jaar tronkstraf.
Candice, jy is reg. Ons sukkel al 20 jaar om te versoen. Dis die omgewing om jou wat bepaal wie jy is. Kyk wat gaan in ons land aan en die versoening is nog ver. Ek bewonder mense wat jou familie se moordenaars vergewe.
ag asseblief hulle moet eers die families van die slagoffers geraadpleeg word.Word ons geraadpleeg oor moordenaars wat uit op parool is NNNNNEEEEE nou vir wat moet hulle geraadpleeg word