Facebook moet kom verduidelik – DA

(Foto: pixabay)

Die DA stel voor dat die sosialemediareus Facebook ontbied word om voor die parlement te verskyn.

Die party sê die instansie moet aanspreeklik gehou word vir verskeie kwessies, waaronder die verspreiding van waninligting en die beskerming van Suid-Afrikaners se digitale privaatheid.

Facebook het kantore in Johannesburg.

WhatsApp moes onlangs vure doodslaan toe gebruikers kapsie gemaak het teen ʼn nuwe beleid waarvolgens gebruikers toestemming gee dat WhatsApp van hul persoonlike inligting aan adverteerders verskaf.

“Die parlement moet homself vergewis van watter stappe Facebook gedoen het om skadelike waninligting op Facebook én WhatsApp, veral met betrekking tot Covid-19, te bekamp,” het Phumzile van Damme, ʼn DA-lid van die parlement, Maandag in ʼn verklaring gesê.Sy wys daarop dat wetgewers hulle wêreldwyd vir die regulering van inhoud op sosiale media beywer.

“In die Suid-Afrikaanse konteks sou dit beteken dat inhoud wat geweld aanhits, asook haatspraak op grond van ras, geslag en geloof verwyder word,” het Van Damme gesê.

Sy het egter beklemtoon dat die doel van dié optrede nie moet wees om beheer te probeer uitoefen oor sosialemediaplatforms nie, maar eerder om te verseker dat Suid-Afrikaners se belange beskerm word.

Nadat die parlement Facebook voor stok gekry het, behoort Twitter en Google te volg, meen Van Damme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JohanR ·

130000 vriende op Facebook en net ses van daai sien jy persoonlik aangesig tot aangesig ‘n jaar. Dankie tog my privaatheid is nog myne, en ek is op GEEN sosiale media platform…..net gemors!

H ·

maroela media kommentaar lewer is wel ook n sosiale media platform, net gedink ek herrinner jou !

Phillip ·

Ek het my klaar my WhatsApp van my foon af gevee so ek gebriuk nou ouskool sms werk net so goed

SomeOne ·

en jou ouskool sms het geen sekuriteit om jou sms’e met ander te deel nie

H ·

jy weet naturlik dit help jou niks lol, sms is nie encrypted nie, jou foon sit en luister dag in en dag uit vir jou ……… jy dink regtig jy doen jouself n guns om van whatsapp ontslae te raak , nee wat chom, ore en oe is oral.

Fedup ·

I agree with you, phumzile. Drag them around, but it won’t really make a difference.
I personally would prefer facebook and twitter to be discontinued, deleted and scrapped from the internet. They can close down donald trumps accounts, but what of the rest of those who really love spreading fake news and instigating racism and violence.
These social media platforms are extremely dangerous for those who do not understand the concept of its uses.
Just close them down.

KB ·

Ek stem saam. Dis absolute dubbel-standaarde wat Facebook toepas.
Ek is nie meer ‘n Facebook-geduldige nie.

dada ·

Soos ek verstaan het Facebook laat weet dit is net die gebruikers wat WhatsApp gebruik om hul besighede te run wie se inligting met adverteerders gedeel gaan word…

H ·

als goed en wel maar onthou een ding, jy het whats app vir besigheids purposes en dan het jy whats app vir persoonlike gebruik. Indien jou stelling waar is , hoekom dit aan alle whats app gebruikers stuur om the accept…. hulle se vir jou wat jy wil hoor……in elk geval jy is screwed van alle kante af of jy nou accept of nie.

Pieter ·

Hierdie is ‘n ongelooflike ingewikkelde situasie… Hulle wil Encryption he, maar wil ook he WA moet mense wat lieg opspoor…
Maar een ding wat ek kan se is: FB verskyn voor on parlement… HAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA Die parlement kan nie eers sy eie kolegas in toom hou nie, wat nou nog argumenteer en luister na tegnise terme…
Die volgende FB meeting: Agenda Point 1.A: Appointment at the local Circus…

Tinus ·

Ek stem, my eerste reaksie was ook Hahahaha!!! Watter absolute tjops is die lot nie

Jedi Knight ·

Ek twyfel ook of die gemiddelde politikus met sy BA graatjie enigiets sal verstaan.

Pandora1 ·

Baie snaaks!! Ons het regte probleme in die land om op te los… nou wonder ek waar kry die DA tyd om aan sulke twak aandag te gee, en nog verklarings ook uit te reik. As jy ‘n bankrekening, selfoon, selfs ‘n munisipale rekening het, is jy op die “map”. Nee… kom ons begin by die begin. As jy ‘n geboortesertifikaat en ‘n ID het is jy op die “map”….

Karel Kobus Kruger ·

Nou hoe dan nou? Alle politieke partye (ANC, DA, VF, EFF, COPE, ens.) versprei dan fopnuus (leuns) wanneer hulle sê hulle gee om vir die publiek. Dan mag lede van die publiek seker ook fopnuus versprei.

Rentia ·

En hierdie is nou belangriker as SA wat letterlik uiymekaarval vir die DA? Na vandag heel moontlik letterlik op die rand van oorlog staan?

KB ·

As Google Parler kan verbied kan die parlement Facebook verbied. Verbied Facebook in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.