Eskom het gesê daar is ʼn groot moontlikheid dat fase 1-beurtkrag Donderdag (11 April) tussen 17:00 en 22:00 toegepas sal word.
“Dit sal slegs ingestel word indien ons geen ander keuse het nie,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Dit is as gevolg van ʼn gebrek aan kragopwekking weens die verlies van kragopwekkingseenhede by ons kragstasies.”
Eskom het gesê sy Winterplan beteken dat Eskom na verwagting 26 dae lank fase 1-beurtkrag sal toepas tydens die winterperiode, na gelang van die vlak van onbeplande tegniese foute.
“Ons maan steeds inwoners en ondernemings om elektrisiteit spaarsamig te verbruik. As ons saam werk, kan ons tot 500 MW spaar, wat gelykstaande is aan een eenheid by ʼn kragstasie.”
Klante word aangeraai om beurtkragskedules op die Eskom-webwerf of hul munisipale webwerwe dop te hou.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Die winter is tegnies gesproke 3mnde lank m.a.w. ons gaan n maand daarvan beurtkrag he omdat ons nie mense met verstand in beheer van ons land het nie. Jy kan nie aanhou met uitdeel sonder om jou kapasiteit te vergroot nie en wanneer skrik hulle toe wakker. . . . toe die kerse aangesteek word
Née nie kerse, maar verkiesing. Pinokio het hul leviete voorgelees.
Ons betaal vir n diens en wil dit he. Ek mors nie krag nie maar sal nie myself verontrief agv hulle korrupsie nie.
Hoekom kry ek die gevoel dat hierdie die begin is van ergerlike dinge
Kyk na die verkiesing. Dan gaan ons baie krag onderbrekings ervaar. Daar is 4000 MVA beskikbaar by privaat opwekers. Eskom will nie hulle krag koop on terug te sit in die Grid nie. Hoe dom kan jy wees.