Fase 2-beurtkrag weer ingestel

(Foto: Colette Schultz)

Eskom het Sondag gesê beurtkrag sal van Maandag tot Woensdag elke dag van 16:00 – 00:00 ingestel word.

Die kragvoorsiener sê so ver as wat dit moontlik is, sal beurtkrag tot die aande beperk word sodat dit ʼn minimale impak op die ekonomie en bevolking kan hê. “Die beurtkrag sal gebruik word om noodreserwes deurnag aan te vul om kragopwekkingskapasiteit ʼn hupstoot te gee.”

Eskom het onderneem om teen Woensdag of vroeër verdere inligting weer te gee indien daar enige beduidende veranderings plaasvind.

“Twee kragopwekkingseenhede by Kriel en ʼn eenheid elk by Kendal, Komati, Lethabo, Majuba en Matla-kragstasies is sedert Saterdag in diens gestel. ʼn Kragopwekkingseenheid elk by Kendal en Kusile is afgeskakel vir herstelwerk.”

Daar is tans 5 487 MW op beplande instandhouding en 14 061 MW is nie beskikbaar nie weens eenhede wat onklaar geraak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leon ·

Presies soos laas week voorspel. Woensdag terug na fase 4. Eskom kan baie trots op hulself voel. n hele 48 uur sonder beurtkrag. Dit wil gedoen word.

Keelvol ·

Pateties en onbevoegd……. Verder së ek niks meer nie.

Nico ·

Eskom julle weet nie hoe om die besigheid te behartig nie, fire almal en stel mense aan wat die kennis het en bevoeg is.

KatjieDeKat ·

En ek sien De Ruyter sê: Elektristeit is te goedkoop, daarom word dit gemors. Hy het my ondersteuning totaal en al verloor. Hy is n volkome teleurstelling. Verder gaan ek maar niks sê nie. Dis hoe diplomaties ek kan bly, al kwyl ek om te sê wat ek regtig wil.

Leon ·

Presies dit. Nerens word melding gemaak van die belastingbetaker wat die ministers se rekeninge betaal en hul (ministers) wat geen beurtkrag het nie

Delia ·

Die wat dit mors betaal in elk geval nie daarvoor. My ligte is almal 5 watt lampies,timer is op my geyser, sit my ligte af so ver moontlik…so wat nog moet ek doen
En ek glo baie ander doen dieselfde as ek

Casper ·

Fase 2 beurtkrag vanaf 16:00 tot middernag.Vanaf 17:00 munisipale beurtkrag tot 19:00,en vanaf 19:00 tot 23:30 eskom.En dan is daar gedurende die dag munisipale beurtkrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.