Fase 2 vir die naweek voorspel

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Christopher Bill/Unsplash)

Eskom sal in die komende naweek fase 2- en fase 3-beurtkrag afwisselend instel.

Die kragvoorsiener het Donderdagoggend aangekondig dat fase 3-beurtkrag van Donderdag tot Vrydag om 05:00 van toepassing sal wees, waarna dit weer van 16:00 Vrydag tot 05:00 Saterdag toegepas word. Fase 2-beurtkrag sal dan na verwagting die res van die naweek voortduur.

“Die kragnetwerk is onder groot druk nadat vyf opwekkingseenhede oornag onklaar geraak het,” sê Eskom in ʼn verklaring.

“Sedert vanoggend is ʼn opwekkingseenheid elk by die Arnot- en Kriel-kragstasie weer herstel, terwyl twee opwekkingseenhede by die Kendal- en een by die Kusile-kragstasie weer van lyn af geneem is vir herstelwerk.”

In dié stadium is 5 146 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie en nog 16 434 MW is weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie.

Eskom sê hy sal Sondag verdere inligting oor die beurtkragskedule bekend maak, of vroeër indien enige beduidende veranderings in die stelsel plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Hou op LIEG. Dis onmoontlik dat soveel goed terloops saam breek. Dit WORD gebreek!

JohanR ·

Kan ek nie een more wakker word en lees dat die ANC het oornag onklaar geraak? Dit sal nou ‘n lekker brekfis wees!

Casper ·

Is daar nie vooraf tekens dat eenhede liefde en aandag verg om te verseker dat hulle nie onttrek hoef te word nie.Met my ouderdom saam is daar maar pyne en skete maar medisyne werk.Kan die ou eenhede nie medikasie kry in die vorm van bevoegde mense nie.Ek glo nou meer as ooit die eenhede word met opset siek gemaak want in die nag is daar nie ‘n dokter beskikbaar nie.Hoekom altyd by dieselfde stasies en so baie eenhede.Roep die stasiebestuurders tot verantwoording en lê boetes op en kyk hoe vinnig word eenhede gesond.

Strandloper ·

Hoop hul spaar genoeg om vir maletjie en company one way tickets Oekraïne toe te koop…

pampoen999 ·

Eskom is gekaap en word gesaboteer deur n mafia wat orals saamwerk om bedrog en Sabotasie te pleeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.