Fase 6 geld weer onbepaald

(Foto: Rodger Bosch/AFP)

Eskom het Saterdag, kort ná middernag, met onmiddellike inwerkingtreding na fase 6-beurtkrag oorgeskakel.

Die kragvoorsiener sê nadat twee opwekkingseenhede die afgelope 24 uur weer in diens gestel is, moes twee ander eenhede nou weer van lyn gehaal word.

“Dít, saam met die nodigheid om opgaardamme ter voorbereiding vir die week wat voorlê op te vul, het beteken fase 6 word van middernag tot verdere kennisgewing ingestel.”

Eskom sê hy probeer intussen om die opwekkingseenhede weer aanlyn te bring.

Woensdag het die kragvoorsiener gesê hy het “genoeg noodreserwes” en dat daar ʼn effense verbetering in opwekkingskapasiteit was – en daar is na wisselende fase 1- en 2-beurtkrag oorgeskakel.

Donderdag, kort nadat pres. Cyril Ramaphosa sy staatsrede afgehandel het, is daar na fase 3 oorgeskakel en Vrydag in die vroeë oggendure het die kragvoorsiener gesê fase 4 word ingestel.

Dit is nou onbepaald tot fase 6 verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.