FNB wil kliënte wat inent beloon

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

FNB wil miljoene rande weggee aan kliënte ter ondersteuning van pogings om die uitwerking van die Covid-19-pandemie deur inenting te verminder.

Die bank gaan oor die volgende drie maande R18 miljoen weggee as aansporing vir mense om gesond te leef.

Kliënte van die bank wat ingeënt is staan die kans om tot R6 miljoen te wen deur ʼn maandelikse trekking. Hulle kan R3 miljoen wen net omdat hulle teen Covid-19 ingeënt is, nog R2 miljoen as die kliënt ingeënt is en ʼn polis by FNB Life het en nog R1 miljoen as die persoon wat ingeënt is ouer is as 60.

“Deur ons lewensversekeringsafdeling het ons eerstehands die verwoestende uitwerking van Covid-19 in sterftes en afleggings gesien. Ons gaan voort om ons kliënte deur ʼn verskeidenheid maatreëls – soos om versekeringseise te versnel – te ondersteun, maar wil ook welstand bevorder deur ons nav>> Wellness-funksie op die FNB-app om die uitwerking van Covid-19 op lewens en inkomste te verminder,” sê Lee Bromfield, hoof van FNB Life.

“As ʼn verantwoordelike maatskaplike burger glo ons hoë vlakke van inenting is belangrik vir die heropening van die plaaslike ekonomie.”

Bromfield sê hoewel inenting ʼn persoonlike keuse bly, glo FNB steeds dat dit, tesame met die streng nakoming van gesondheidsprotokolle, deurslaggewend is om die uitwerking van die pandemie te verminder.

“Ons sien die inentingsprogram as ʼn manier om die sterftekoers van kliënte te verminder en ons kliënte aan te moedig om te oorweeg om ingeënt te word – nie net vir hul eie gesondheidsvoordele nie, maar ook tot voordeel van die ekonomie en die breër samelewing.”

Die bank is deel van verskeie bedryfsinisiatiewe waar geldelike verligting gegee word vir mense en ondernemings wat deur Covid-19 geraak is. Die bank het byna 600 van sy takke landwyd beskikbaar gestel om sy kliënte te help om vir die entstof te registreer.

Skryf só in: Gaan na die FNB-app en aanvaar die nav>> Wellness Terms and Conditions. Stel jou gesondheidsprofiel op om toegang tot die entstof-status-opsie te kry. Kies daar die opsie dat jy ingeënt is en aanvaar die terme en voorwaardes om in aanmerking vir die kompetisie te kom.

Die eerste wenner word in November aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Piet ·

Grootste grap van die jaar!!!Dit gaan só sleg met fnb dat hulle orals takke toegemaak het,maar nou wil hulle geld uitdeel?Hoe werk fnb?Grootbaas van fnb is seker een van die people!!!!!!!

Francois Le Cochon ·

Piet, First Rand Bank besit FNB (kleinhandel), Rand Merchant Bank (groothandel) en Wesbank (motor finansiering). Hierdie is van die beste maatskappye in SA. Sou jy in Januarie 2021 FNB aandele gekoop het, het jy teen vandag 25,68% opbrengs gehad. Hulle weet wat hulle doen.

Filistyn ·

Hulle maak takke toe omdat mense nou meeste sake elektronies doen. Niks fout met hulle finansies nie.

Vexed ·

Korreksie, hulle maak takke toe om mense te dwing om sake elektronies te doen. Baie fout daarmee.

Gerhard ·

Mens moet aanvaar dat banke en mediese fondse nie daar is om jou maaitjie te wees nie. Hulle is daar om geld te maak. Fnb het verseker die somme gaan maak oor wat die risiko’s is en duidelik sien hulle dit as nodig om mense te motiveer vir inenting. As hulle se maar teen 2 miljoen rand per persoon, 10 mense se lewensdekking nie hoef uit te betaal nie breek hulle gelyk. Hlle begin eintlik al dan spaar.

piet ·

Gerhard, korrek. Maar dis ‘n wen/wen situasie. Hulle wen want soos jy se die risiko is minder vir hulle want minder dekking word uitbetaal. Terselfde tyd motiveer hulle mense om hul eie risikon te verminder om aan Covid dood te gaan. Ek bedoel, jy neem tog nie lewensdekking uit met die doel om dood te gaan nie.

piet ·

Sopas teruggekom van my tweede shot. Ongelukkig bank ek nie by FNB nie.

Filistyn ·

Hi Piet, ek bank by hulle maar verkies om nie die shot te vat nie. Het Covid gehad, was matig siek en my anti bodies is nou effe meer as 400.

annievantshwanie ·

Is hierdie nie skrikwekkend nie? In die eerste plek word hierdie enstof gratis vir almal gegee, ek meen jy betaal niemand n sent nie (van wanneer af kry jy enige iets verniet van iemand veral die land af? – dink bietjie hieroor, en tweedens nou word jy nogals beloon ook?? Watookal, hierdie word net meer en meer vir my duidelik dat daar iets aan die gang is iewers! Follow the money trail!!

Alet ·

Jammer nie almal kry dit gratis nie. Indien jy aan ‘n medies behoort word dit vanaf jou medies verhaal. EN as jy medies het en dit word van daar verhaal betaal jy dubbel want dit is die ooreenkoms tussen die regering en die mediese fondse. Mense op medies sponsor van die wat nie medies het nie.

annievantshwanie ·

Daarom dat ek mos se, follow the money trail…so die wat medies het is dan eintlik die een wat uitgebuit word?

Eclectus ·

Ek het vanoggend amper die tamatie op my toebroodjie uitgebyt toe ek besef ek is een van dié wat uitgeBUIT is deurdat ek amper R900 moes betaal vir my eksperimentele verheerlikte griepinspuiting.

PersHeks ·

Ek is net so om gekrap oor die inenting van my medies verhaal is. Medies se ek betaal nie maar hoe genereer hulle die fondse om die inspuitings te betaal? Natuurlik betaal ek … net met ‘n ompad!

Jubba ·

Annie as jy mediese fonds het betaal jy en jy betaal baie. As jy nie medies het nie borg jou belasting bydrae die spuit. Wet van Transvaal vir enige belasting betaler en mediese fonds lid.

Pietertjie ·

Snaaks dat iets wat oënskynlik onontbeerlik is vir jou voortbestaan, in jou keel afgedruk moet word.

alice ·

Klink vir my nie reg nie. Mens kry niks verniet nie, veral nie by ‘ n bank nie.

Toy ·

Moenie mense omkoop nie, dit gaan julle in die voet skiet.
Dit is manipulering, dit gaan nie met my werk nie, julle kan maar die beloning hou.

Stoffeltjie ·

Ek stem, Dit is ‘n baie dom mens wat nie deur FNB kan sien nie. Dit laat my wonder oor wat van die Lotto geld word wat deur die bank app gedoen word. FNB werk saam met die Loterydienste.

Carina ·

FNB, julle sal maak dat ek my rekeninge sluit en van bank verander, want dit wat julle nou doen is bewys genoeg dat julle deel is van die hele “virus komplot”.

Suzette ·

Presies net so. Daar is baie meer daar agter as wat mense dink. Gebruik eerder daai miljoene om die uitgerafelde land en sy mense om te keer. Waarvoor kruip julle, luister na julle self “tot 3 miljoen vir volledige inentig, 2 miljoen by as jy n polishouer is en nog n miljoen as jy oor 60 is. Julle onderskap mense se intelligensie hoor. Hoe de ongeluk betaal julle daai kastige miljoene uit aan mense wat nie meer leef nie of wat in koma’s of verlam is en op respirators na die inenting? Grootste foefie ooit. Hou liewer by die “gratis Wimpy koffie of 10% afslae wat so belowe word….

Misky ·

Elke dag net nuwe dingetjies wat uitkom oor die inenting. Ek raak elke dag meer en meer oortuig dat iets meer agter die storie is

Jacob ·

Israel het in Junie geglo dat hulle die Covid 19 pandemie oorwin het met 80% van alle mense bo die ouderdom van 12, inge-ent met die Pfizer/BionTech entstof. Vir ‘n dag was nuwe infeksies op nul, maar toe twee maande later, skiet dit op na 9 831 nuwe gevalle in een dag – en dit bly hemelhoog, so erg dat hosipitale nie meer mense inneem nie.

Nou praat Israel wat slegs na ‘n derde spuit, mense as ten volle inge-ent beskou, reeds van ‘n vierde en selfs meer dosisse. In Brittanje is die oorgrootte meerderheid van mense wat gehospitaliseer word en sterf, “ten volle inge-ent”.

Mense is belowe dat die entstof dinge weer sal normaliseer, maar dit was ‘n infame leun en etlike “kenners” o.a. by SAHPRA, het die wetenskap hiermee tot beesmis reduseer.

Ek glo dat dit elkeen se keuse is of hulle die enstof wil neem of nie. Die beskerming wat dit egter bied, blyk so dig soos ogiesdraad te wees en dit bly dit vir my persoonlik die grootste eksperiment op die mensdom ooit. So, nee dankie!

annievantshwanie ·

Beter sou ek dit nie kon stel nie, stem volkome met jou saam!

piet ·

Die feit dat Israel steeds voortgaan om in te ent, is ‘n bewys dat hulle dit as onontbeerlik beskou en weet dat as hulle nie mense inent nie totale chaos sal heers met duisende meer en erger siek pasiente (en baie hoer dodetal) wat ‘n nog groter las op hul gesondheidsdienste sal plaas. Dis duidelik dat inentings ‘n geweldige positiewe invloed daar gehad het. So terloops 61% van Israel se populasie is ten volle ingeent. Die piek van hule vorige piek was middel September toe dit oor die 11000 nuwe gevalle was, dis nou omtrent 3000. Daar’s tans minder as ‘n 1000 mense gehospitaliseer. In vergelyking met Februarie 2021 is die hospitalisasies nou helfte minder ‘n duidelik bewys hoe die vaksienes werk.

Charles ·

Jy maak ń fout, Israel is juis ń bewys dat die enstof nie werk nie, nou sit hulle met probleme wat mettertyd duideliker sal word.

piet ·

Gaan kyk na hulle grafieke dan sal jy sien wie maak die fout.

piet ·

Ook slegs 1% van die mense wat dood is in die VK was ten volle gevaksineer (2 shots). Help nie jy verkoop onwaarhede nie.

Anel ·

Hoe despiraat is die regering nie! Waar kry FNB so baie geld om net weg te gee? Sekerlik dink hulle hulle sal die geld gou genoeg terug kry as die gespuites dit na ‘n ruk nie meer gaan nodig hê nie. Gelukkig bank ek nie by hulle nie. Maar om mense om te koop! Hoe wettig kan dit wees? Ek dink hierdie pandemie is besig om in die gesigte van die vervaardigers van die virus op te blaas en nou probeer hulle ‘n laaste paar ponde maak. Mense begin al meer en meer besef dat dit ‘n klug was en niemand vertou niks meer nue. Selfs in Denemark moet daar gestop word om jong mense te spuit agv die risiko van hartaanvalle! So hou nou???

Suzette ·

Presies my sienswyse ook Anel. Wat gaan hulle met al die geld maak wat die dooie mense en hulle families nie opeis nie. Dis laer as omkoop en so deursigtig soos more die heel dag

piet ·

Gryp aan grashalmpies. Dis duidelik dat vaksienes ‘n beduidende las verlig het op gesondheidsdienste oral in die wereld. Dis nie omkoop van FNB nie, dis motivering om die regte ding te doen.

Alet ·

Ek het nou al lank geluister na vaxxers en antivaxxers se kommentare. So dis hoe ek voel hieroor. As jy nie wil vax nie is dit jou keuse. Maar as jy nie by seker plekke toegelaat word nie moet dan nie jou toys uit die kot gooi nie. Dis jou keuse. Net soos met die rokers. Dis jou keuse om te rook maar jy mag nie rook waar jy wil nie. Dis een en dieselfde.

Filistyn ·

Alet, ek verstaan nie die wiskunde nie. Kry jy die jab, kan jy steeds siek word en mense aansteek. Kry jy dit nie, dan spring al wat n vaxer is op jou – waarom? As jy die vax gevat het is jy mos sogenaamd veilig . . . 1 + 1 is in hierdie gaval duidelik nie 2 nie. . .

piet ·

Anti-vaxxers is variant-fabrieke wat ‘n las op gesondheidsdienste plaas.

Linda ·

Nee Piet, gaan doen bietjie meer navorsing en jy sal uitvind die Delta variant het hoeka by mense ontstaan wat reeds die jab gehad het. So jy is ‘n groter risiko om ‘n variant fabriek te raak met jou entstoffie in jou…. Joke is on you !

piet ·

Linda – Kan jy asseblief vir ons die skakels gee waar jy die fantasie navorsing gedoen het. Ons wag….gaan LAAAANK wag.

Misky ·

Presies my redenasie @Filistyn. Die wat glo dit werk en soos hulle sê dit doen, is mos veilig of veiliger dan. Of die ou oorkant jou nou gejab is of nie, niks met jou te doen nie en jou veiligheid is mos in die vaccine. Voel ook soms of hulle stories nie bymekaar kom nie en raak dan kwaad as jy die teen vrae vra.

Daleen ·

Alet jou kommentaar moes by “as jy nie wil vax nie is dit jou keuse” gestop het….

Barney ·

Belaglik! Die gaan nog die grootste skandaal van die mensdom word. Ek hoop Rupert is gereed vir die tragedie wat hy op homself neem. Ek noem dit nogsteeds mediese Apartheid.

Cornelia ·

FNB kan daardie geld eerder gebruik om dit moeiliker te maak vir skelms om op hulle kliënte se rekenings in te gaan d.m .v die internet. Daar is aan ons bankrekening gepeuter. Daar is nie geld weg nie, maar al ons kaarte op die rekening moet nou vervang word en ons moet ingaan na ons tak toe om weer ons internet bankdienste te laat aktiveer.Dan gebruik hulle die geld tot voordeel van al hulle kliënte. Om mense op so ‘n manier aan te spoor om ingeënt te word is net ‘n goed gekamoefleerde manier om mense om te koop.

Anel ·

En op die meeste, gaan net 18 voordeel trek. Hoe dom dink hulle is mense? Mense sien miljoene en dit is dit. Lmga!!!

Pieter ·

Nou moet ons mense al omkoop om in te spuit en dan wen hulle bietjie geld vir ‘n leeftyd se ellende.

Louise ·

Dit is belaglik verby. Hulle kan liewer die geld skenk vir die boere wie se plase afgebrand het.

Linda ·

FNB moet oppas dat die anti vaxers nie hulle besigheid elders vat nie. Kyk maar wat het met DSTV, Spur en die klompie gebeur.

Jakkie ·

Dan moet hulle. Gelukkig is die vaxers nogsteeds baie. Gaan hulle nie mis nie.

Eend Bessinger ·

En daar val ek alweer uit die bus uit! Ek is hiperallergies vir all entstowwe as gevolg van ‘n aangebore DNS-afwyking. So, ek sal elke week my bloed moet laat toets… en niks van my bank kry nie!

LD ·

Dis maar net ñ manier vir FNB om nuwe kliënte te kry. “Our people” sal almal stroom om rekeninge oop te gaan maak en natuurlik die vaccine vat om die geld dalk te wen….. dis tog net hulle wat 98% van die tyd wen. So kry FNB ekstra kliënte vir ñ ruk en weet dan later hoef hulle geen “geld” aan ñ wenner uit te betaal nie want die persoon gaan dalk nie eers meer lewe nie, dis ñ wen-wen situasie vir FNB….. Siek wereld!

piet ·

Kan nie wag vir my vax sertifikaat nie. Ek gaan darem plekke daarmee sien wat die anti-vaxxers nie gaan sien nie. Lekker man, lekker.

LD ·

Vir nou ja! En gelukkig het ek reeds gesien wat ek wou sien en dis glad nie mooi nie!

piet ·

Julle ouens is bevoorreg wie reeds hierdie spogsertifaat het wat soveel deure gaan oopmaak. Ek hoop hulle maak die oorspronklike sertifikaat so ‘n helder geel kleur sodat dit nie net uitstaan nie maar ook die anti-vaxxers geel van jaloesie maak.

LD ·

Soveel deure gaan oopmaak? Regtig!? Partymense leef in ñ droom wereld! Ek kan maar net lag!

piet ·

Letterlik. Vaxxers sal kan ingaan en anti-vaxxers gaan buite staan en verlang na wat daar binne gebeur. Maar mis maar uit, jou keuse.

Wielspore ·

Ek is ‘n tevrede klient van FNB vir die afgelope 40 jaar, ek en my vrou het albei ons tweede jabs gehad en gaan aan die kompetisie deelneem. Terloop, as klient van FNB kwalifiseer jy vir laer rentekoerse by Wesbank en huis finansiering.

Hennie ·

Ek is bly ek is nie een van jul kliënte nie! Sal ook nooit wil wees nie!

Barney ·

In ń “pandemie” hardloop banke nie kompetiesies nie, mediese fondse dryg nie met afleggings pakette vir oningeënte werknemers nie, gaar hoenders en strand plakkies word nie verban nie, soldate skiet nie ń man op sy stoep dood vir ń blikkie bier in sy yskas nie en weggooibare maskers word saam biologiese vullis verass, eindig nie in jou tuin vullis op nie. Wanneer gaan julle besef dat dit alles ń leun was om jou, ja jy, te manipuleer en te forseer in globale kommunisme in?

Madeleine ·

As dit n REGTE pandemie was sou ons dit geweet het en die inenting WOU he!?

Anoniem ·

Okay – aangesien die inenting slegs 6 maande lank effektief is, neem ek aan daar sal dan ELKE 6 maande ń wenner gekies moet word vir hierdie miljoene…

Grotti ·

Ja hulle weet oor paar jaar gaan mense begin omdop dan maak hulle baie geldjies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.